Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids

10.10.12

Stink asem - probeer eers die tandarts


M***** L******** skryf :

"Wil graag net weet: My seun sukkel met sinusitus & het jaar gelede erg mangelonsteking gehad. Ek kom agter die afgelope maand dat sy asem 'n geweldige slegte reuk het. Wat sou u aanbeveel?"

Antwoord :

'n Tandarts is gewoonlik jou eerste stop as dit kom by 'n stink asem. Flos hy gereeld? Voedsel wat in die tande bly kan bakterieë versamel wat 'n stink asem tot gevolg het. Kyk ook na sy eetgewoontes. Sekere voedsel soos knoffel en uie kan 'n slegte asem veroorsaak. Rook veroorsaak ook dat jou asem nie goed ruik nie. Dit kan ook die sinusitus wees (of 'n ander onderliggende probleem). Infeksie van die lugweë kan 'n stink asem veroorsaak. Indien die tandarts sê dat al die goed waarvoor hy kyk lyk reg moet jy hom na die dokter neem.

2.10.12

Groeipyne by kinders


Monica Paulse skryf:

My seun (19) kla konstant van rug- en kniepyne. Ons huisarts sê dit is agv sy bou, dit is groeipyne, hy groei in die lengte en die rugwerwels kan nie bybly met die groei. Hy studeer nou en die pyne pla baie. Is daar iets wat ek hom as aanvulling kan gee of is dit maar iets wat hy moet deurmaak? Die spiere op sy laerrug lyk asof dit 'n knop aan weerskante van die rugwerwel maak. Is dit normaal?

Antwoord:

 Jy kan daardie knoppe probeer uitmasseer of indien jou begroting dit toelaat hom na 'n chiropraktisyn neem vir 'n opinie. 'n Kalmerende koppie kruietee nou en dan kan wondere verrig. Kruie met 'n kalmerende invloed wat jy in julle kos kan gebruik is basilie, marjolein en origanum - basilie en origanum is wenners op pizza.



Louise Kohn skryf :

"My seun van 6 beleef soms pyne in sy bene wat hy nie kan pinpoint nie. Maar dis erg genoeg dat hy lank aanhou huil. Dit gebeur gewoonlik in die laat middag, vroegaand. Dis nie spierkrampe nie, ek vermoed eerder sy bene of gewrigte self. Hy se dis sy hele been (bobeen, knie en maermerrie/kuit.) Is dit net groeipyne en wat kan ek vir hom gee vir verligting? (hy is besonder lank vir sy ouderdom, maer en aktief)"

Antwoord:

Daar is geen bewyse dat die groei van bene pyn veroorsaak nie. Dit wat jou seun ervaar kom by tot 40% van alle kinders voor en ons noem dit groeipyne. Dit is in werklikheid spierpyne wat by veral aktiewe kinders voorkom. Dae wat hulle baie aktief is is dit veral geneig om erg te wees. Met groeipyne lyk die areas normaal, maar dit pyn baie. Groeipyne moet egter eers deur 'n dokter nagegaan word om te bepaal of dit nie dalk iets anders is nie. Kinders met groeipyne laat gewoonlik toe dat ma of pa die pyn masseer, terwyl 'n ander aandoening gewoonlik te pynlik is en jy nie daaraan kan vat nie. Baie aandag, liefde, vertroeteling en miskien 'n kalmerende teetjie help baie vir groeipyne.

17.9.12

Toets voorspel outisme

Wetenskaplikes het ‘n genetiese toets ontwerp wat outisme by kinders kan voorspel.

Die navorsers van die Universiteit van Melbourne het data van meer as 3 000 individue met outisme gebruik vir hulle studie. Die uitslae het hulle in staat gestel om 'n toets te ontwikkel wat die risiko van die ontwikkeling van dié toestand bepaal. Die toets kan tans outisme by baba's en kinders van sentraal-Europese afkoms met meer as 70% akkuraatheid voorspel. Navorsing duur nog voort vir ander etniese groepe. Die navorsing is in die joernaal Molecular Psychiatry gepubliseer.

Ongeveer een uit elke 150 kinders het outisme, met simptome wat wissel van sosiale ongemak tot erge gestremdhede.

3.9.12

Eerste bioniese oog

Australiese wetenskaplikes het die eerste bioniese oog ingeplant.

Die ontvanger was Diane Ashworth. Sy ly aan oorerflike sigverlies.

Die bioniese oog bevat 24 elektrodes wat elektriese impulse na haar oog se senuwee-selle stuur en is aan Ashworth se retina vasgebind. Dit werk tans net in die laboratorium.

Daar word reeds gewerk aan 'n nuwe oog wat 98 elektrodes bevat, daar is ook planne in die pyplyn vir 'n 1 024 elektrode-oog.

27.8.12

Vrae oor galstene


Thinus van Staden skryf: "Ek en my vrou bly in Ireland en my naam is Thinus. My vrou het onlangs haar galstene laat uithaal want dit het haar probleme begin gee. Nou n paar maande later word sy weer siek , maar net as sy enige vleis eet of alkohol drink. Nou ons was by die dokters hier in Ireland , maar hulle bied nie regtig help aan of stel regtig belang nie. Ons is regtig bekkommerd oor die probleem en sal enige raad waardeer. Wat moet ons doen ens."

Antwoord: Geen wonder Suid-Afrikaanse dokters is so gewild in Ierland nie. Nie net is daar 'n algemene tekort aan dokters in Ierland nie, maar daar is 'n aanvraag vir spesifiek Suid-Afrikaanse dokters. Ons opleiding word as tops beskou, maar ek vermoed dit is ook die manier waarop SA dokters hul pasiënte behandel wat hulle gewild maak.
Die raad is dus soek vir julle 'n Suid-Afrikaanse dokter.



Belinda du Plessis skryf: "Is dit 'n moet vir 'n operasie en wat moet jy eet en drink."

Antwoord: Indien dit erg is moet jy 'n operasie ondergaan. Die dokter sal bepaal watter tipe behandeling nodig is. Dit sal wissel van medikasie vir klein probleempies tot 'n operasie in die ergste gevalle.
Vet is jou grootste vyand so 'n laevet dieet is jou voorland. Vermy vette so ver as moontlik en eet steeds gebalanseerd.



Estelle skryf: "My dogter was swanger en het op 5 maande 'n miskraam gehad, 'n week later bars haar blindederm en word toe verwyder. Sy was skaars uit die hospitaal, ongeveer weer 'n week later beland sy weer in die hospitaal met hewige pyn wat toe dui op infeksie asook galstene. Sy is terug by die huis maar kla nog steeds van naarheid en sooibrand. Is daar enige rede tot kommer?"

Antwoord : Die beste raad is dat sy dit met haar dokter bespreek. Hier bestaan te veel moontlikhede en enige raad sal 'n raaiskoot wees. Indien die galstene verwyder is kan sy probeer om 'n tyd lank suiwel, vet en sterk kos te vermy en meer vesel te eet.



Christien Agema skryf :
"Ek het vandag 'n sonar gehad en daar is meer as 11 galstene uitgewys. Wat is die behandeling van galstene? Ek sien môre die dr. maar sal dit so gou as moontlik wil weet. Moet my galblaas verwyder word of kan dit ook met laser behandel word?"

Antwoord:
Galstene is kristalagtige korreltjies wat cholesterol bevat en in jou galblaas vorm. Soms is die enigste uitweg dat die galblaas verwyder word. Gelukkig kan dit andersins deur chirurgie verwyder word, met medisyne opgelos word of met ultrasoniese golwe opgebreek word.
Dit is baie belangrik dat hulle wel verwyder word. Galstene kan lewerontsteking en selfs lewerversaking veroorsaak. Verder kan hulle obstruksies vorm in jou derms of selfs die oorsaak van kanker wees.
Die eerste aanduiding dat jy galstene het is gewoonlik 'n kwaai pyn aan die regterkant van jou buik wat na jou rug versprei. Jy sal ook opgeblaas en winderig voel. Indien die galblaas afgesluit word kan jy geelsug ontwikkel.
Dit is meesal oorgewig individue en swanger vroue wat geelsug ontwikkel.

20.8.12

Koorsblaar


Annetjie van Emmenis skryf:

"Hoe verhoed jy koorsblare by 'n baba? As sy wel daarmee sit, wat is die goedkoopste manier om dit op te klaar? Sy is 10 maande oud."

Antwoord :

Koorsblare is hoogs aansteeklike, klein blasies op die vel rondom die mond en neus. Dit gaan dikwels gepaard met verkoue of koors. Die infeksie word veroorsaak deur die herpes simplex-virus. Jy is veral vatbaar vir die virus as jy onder stres verkeer of baie moeg is. Jou dokter sal 'n teenvirusmiddel voorskryf. Probeer om te keer dat die koorsblaar gekrap word want indien daardie selfde hande aan die oë vat kan dit blindheid veroorsaak. Sit 'n yspakkie teen die koorsblaar om dit minder te laat jeuk.

Dit is baie raar dat 'n baba koorsblare kry. Is jy seker dit is nie 'n ander aandoening nie? Sorg dat jou dokter dadelik vir baba diagnoseer en medikasie voorskryf.

13.8.12

Skraap / Kurettasie / Kurettering

'n Skraap (of kurettasie) is die chirurgiese skraping van die wand van 'n binneholte van die liggaam. Dit word veral gebruik vir die baarmoeder.

Lindie Smith skryf:
"Ek het 'n miskraam en toe skraap gehad. Ek wil graag weer swanger raak. Ek het nog glad nie gemenstrueer nie. Hoe vinnig kan ek swanger raak na die skraap en gaan ek eers ovuleer en dan mentrueer of anders om? Ek het krampe maar niks anders het nog gebeur nie. Kan ek dalk reeds weer swanger wees?"

Antwoord:
Jy kan onmiddelik weer swanger raak, maar jy moet liefs jou dokter vra oor wanneer hy/sy dink jy reg sal wees. Verkieslik moet jy twee tot drie maande wag. Maak ook seker jy het emosioneel herstel. Jy behoort weer te begin menstrueer na vier tot ses weke. Indien jy intussen enige pyn ervaar moet jy jou dokter gaan spreek.