Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



2.10.12

Groeipyne by kinders


Monica Paulse skryf:

My seun (19) kla konstant van rug- en kniepyne. Ons huisarts sê dit is agv sy bou, dit is groeipyne, hy groei in die lengte en die rugwerwels kan nie bybly met die groei. Hy studeer nou en die pyne pla baie. Is daar iets wat ek hom as aanvulling kan gee of is dit maar iets wat hy moet deurmaak? Die spiere op sy laerrug lyk asof dit 'n knop aan weerskante van die rugwerwel maak. Is dit normaal?

Antwoord:

 Jy kan daardie knoppe probeer uitmasseer of indien jou begroting dit toelaat hom na 'n chiropraktisyn neem vir 'n opinie. 'n Kalmerende koppie kruietee nou en dan kan wondere verrig. Kruie met 'n kalmerende invloed wat jy in julle kos kan gebruik is basilie, marjolein en origanum - basilie en origanum is wenners op pizza.



Louise Kohn skryf :

"My seun van 6 beleef soms pyne in sy bene wat hy nie kan pinpoint nie. Maar dis erg genoeg dat hy lank aanhou huil. Dit gebeur gewoonlik in die laat middag, vroegaand. Dis nie spierkrampe nie, ek vermoed eerder sy bene of gewrigte self. Hy se dis sy hele been (bobeen, knie en maermerrie/kuit.) Is dit net groeipyne en wat kan ek vir hom gee vir verligting? (hy is besonder lank vir sy ouderdom, maer en aktief)"

Antwoord:

Daar is geen bewyse dat die groei van bene pyn veroorsaak nie. Dit wat jou seun ervaar kom by tot 40% van alle kinders voor en ons noem dit groeipyne. Dit is in werklikheid spierpyne wat by veral aktiewe kinders voorkom. Dae wat hulle baie aktief is is dit veral geneig om erg te wees. Met groeipyne lyk die areas normaal, maar dit pyn baie. Groeipyne moet egter eers deur 'n dokter nagegaan word om te bepaal of dit nie dalk iets anders is nie. Kinders met groeipyne laat gewoonlik toe dat ma of pa die pyn masseer, terwyl 'n ander aandoening gewoonlik te pynlik is en jy nie daaraan kan vat nie. Baie aandag, liefde, vertroeteling en miskien 'n kalmerende teetjie help baie vir groeipyne.

3 comments :

  1. Anonymous6/2/13 22:07

    Ek self, getroud en 28 het as kind en tot hierdie ouderdom dieselfde probleem. My seun, nou 7 ervaar ook hierdie pyn op 'n gereëlde basis. Die enigste middel wat help is om altwee die bene in broodsakkies (skeur die toe kant oop) te sit. Dis nou van die boud oor die knieë en dan 'n lang skool sokkie oor die sakkie. Dit is al wat ooit vir my en my seun gewerk het. My ouma het my ma dit meegedeel. Sterkte!

    ReplyDelete
  2. Anonymous4/4/16 16:04

    My seun is 2 jaar oud maar kla nou die laaste 2 weke in die aande van pyn in sy linkerkanste been. Dis altyd dieselfde been wat pyn en hy wys vir ons gewoonlik die seer is by sy knie, maermerrie en sy kuit. Ons smeer maar gewoonlik n salfie op, gee klein bietjie pynstroop,'n warm sakkie en iets lekkers om te drink. Kan dit al groeipyne wees?

    ReplyDelete
  3. My seun van 6jaar moun oor pyn in Sy been hyt my Las nag wakker gemaak ek het vir hom pyn en koors stroop gegee en puma gesmeer en nog n salf en by hom gelê en gevryf Moes maar by hom slaap om genoeg slaap in te kry wand ek werk ook ek werk by wysneusie kleuterskool by die babas so ja

    ReplyDelete