Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids

26.6.12

Geboorte skenk: Benodighede vir die hospitaal


Rensia skryf:
"Waar kan ek soek vir 'n lys van benodigdhede wat moet saam hospitaal toe (vir mamma en nuwe baba)"

Antwoord:

Jou lys sal afhang van jou persoonlike behoeftes, maar heelwat van ons sal die volgende nodig kry:
  • Maak seker jy het al die dokumentasie met betrekking tot jou bespreking in die hospitaal. Mens vergeet dit maklik
  • Rekkies of iets anders om jou hare uit jou gesig te hou.
  • 'n Bevogtiger vir jou lippe.
  • Nagklere wat los en gemaklik is. Die bostuk moet verkieslik kort moue hê, sodat jou bloeddruk maklik geneem kan word.
  • Kamerjas
  • Pantoffels
  • Sokkies
  • Onderklere
  • 'n Borsvoedingsbra.
  • Tydskrifte en 'n boek
  • Jou MP3-speler met jou gunsteling musiek.
  • Jou gunsteling kussing.
  • 'n Foto van jou familie.
  • Geld vir die masjiene in die hospitaal se voorportaal.
  • Toiletware (tandeborsel, tandepasta, sjampoe en deoderant)
  • 'n Nuwe stel klere en 'n paar plat skoene vir wanneer jy huis toe gaan.
  • Jou digitale kamera.
  • Iets om aan te peusel.
  • Selfoon
  • Onthou die babastoel vir die motor!
  • 'n Stel klere en babasokkies waarmee baba kan huis toe gaan. Ja dis dalk outyds, maar dit voel goed.
  • 'n Babakombers.
  • Naelknipper vir babatjies.

25.6.12

Menopouse


Lizette skryf: "Ek is 48 jaar oud. My hormone is getoets met bloedtoets en uitslag was hormone is bietjie laag. Dr. niks gesê of gedoen nie. Kry hartkloppings, gejuk voor menstruasie of voor oveleer, slaap omtrent niks, vaginale droogheid, menstruasie nou baie na dit net 2 dae was en het reeds weggebly vir 2 weke toe begin dit. Wat moet ek doen of gebruik? Kry soms hittegloede en glad nie lekker om al daai goed te beleef. Veral min slaap dit put my uit."

Antwoord: Normaalweg behoort hierdie simptome oor 2 jaar verby te wees. Jou laer estrogeenproduksie gee aanleiding tot die verskeie simptome. Indien jy 'n familiegeskiedenis van hartsiektes of osteoporose het moet jyHormoonvervangingsterapie (HVT) met jou dokter bespreek. Jy kan ook 'n homeopaat oorweeg. Vir warm gloede kan jy die volgende by jou dieet insluit: soja, vinkel en kool.



Elaine van Aswegen skryf:
"Ek kry koud maar die sweet loop my af dit is so erg dat ek nie in die aand wakker skrik dan is my klere nat wat kan verkeert wees ek voel nou al selfbewus ek wil nie eens meer in die aand langs my liefde lê nie."

Antwoord:
Ek sou voorstel jy laat kyk na jou hormoonvlakke. Kan die aanvang van menopouse wees of 'n hormoonwanbalans indien jy nog nie oud genoeg is nie.

Christell Beyers skryf:
"Ek is 40 jarige dame. Presenteer die afgelope maand en 'n half met erge moegheid, oormatige sweet. My huisdokter het bloedtoetse aangevra en die enigste abnormaliteit was 'n hoë bloedbesinking telling van 40. Ek wil net weet waarvan is dit 'n aanduiding as daar geen infeksie is nie, wat anders kan die oorsaak wees."

Antwoord:
Ek sou voorstel jy laat kyk na jou hormoonvlakke. Kan die aanvang van menopouse wees.


18.6.12

Knie

Die knie kan op verskeie maniere beskadig word. Die algemeenste is die kraakbeen wat skeur. In so 'n geval word die pyn aan die binnekant van die knie gevoel. Die knie sal ook opswel.

Vir 'n kraakbeenbesering moet dit verbind word (vir tot 2 weke) en die knie moet rus.

11.6.12

Puberteit / Adolessensie


Dominique Ferreira skryf:

"Hoe beïnvloed puberteit en adolessensie die tiener se optrede?"

Antwoord:
Adolessensie is die periode vanaf puberteit tot mondigwording. Vir seuns van ongeveer 14 tot 21 jaar en vir meisies van 12 tot 21 jaar. Puberteit is wanneer geslagsrypheid begin en ontwikkel.

Tydens bogenoemde periode soek die tiener gewoonlik na 'n identiteit. Hulle is baie meer sensitief vir wat hulle maats dink en begin ook meer selfstandig raak.

Fisiese veranderinge is geslagsverwant. Meisies groei aanvanklik meer in lengte en hulle liggame raak meer volrond. Menstruasie begin by meisies en die borste begin ontwikkel.


30.4.12

Keisersnee


Marlene Petzer skryf:

"Ek het so 2 weke terug 'n keiser gehad, (my 2 de kind, 1ste een was 'n normale bevalling), wil net graag weet hoe lank dit omtrent neem vir die baarmoeder om terug te keer na sy normale grote. En op watter stadium mens kan begin met maagoefeninge?"

Antwoord:

Jou pad na herstel begin met stap. Kom so gou as moontlik op jou voete. Dit help ook om hardlywigheid te verminder en verhoed bloedklonte.

Rus die eerste ag weke en moet niks swaarder as jou baba optel nie. Geen seks vir ses weke nie.

Goeie postuur is belangrik en hou jou maag vas net onder die insnyding waneer jy lag, nies of gestamp word.

Indien jy so voel kan jy op ag weke begin met ligte oefening. Bou stelselmatig op na strawwer oefening.

Volkom herstel hang af van persoon tot persoon.

20.4.12

X-strale veilig

Die Suid-Afrikaanse Tandheelkundige Vereniging (Sada) het die publiek verseker dat X-strale wat van pasiënte se tande geneem word, veilig is.

Sada het reageer op 'n studie wat in Amerika gedoen is, wat bevind het dat mense wat gereeld dié tipe X-strale laat doen, meer vatbaar is vir 'n algemene tipe breingewas.

Dr. Jeff Michelson van die Sada het gesê die bewerings is ongegrond.

"Dit is belangrik vir mense om te weet dat die breingewas waarna die Amerikaanse studie verwys, 'n nie-kankeragtige gewas is wat baie skaars is en stadig groei."

X-strale by tandarts veilig, sê Sada

16.4.12

Bloeding tydens swangerskap


Pam skryf:
Dit is my eerste swangerskap en is baie gespanne oor dit.As ek spotting is dit enige rede vir my om bekommerd te raak en was by die dokter gewees maar sy het vir my gese ek moet nie worry dis normaal.

Antwoord:
Sien antwoord onder en moenie bekommerd wees nie.



Joan Etzebeth skryf:
"My skoondogter is nou 13 weke swanger en sy het nou geringe bloeding, eintlik slegs kolletjies, in haar broekie gesien. Sy is dadelik dokter toe waarna sy medikasie ontvang het. Dit het weer gebeur, hierdie keer 'n bietjie meer, omtrent so groot soos 'n R5 stuk in haar broekie. Die dokter het weer ander medikasie gegee. Kan dit lei tot 'n miskraam of is dit niks om oor bekommerd te wees nie. Dit is haar eerste swangerskap en sy is baie gesond, geen naarheid, pyn of enige iets anders nie."

Antwoord:
Daar kan verskeie oorsake wees. Soms is dit 'n aanduiding van probleme en soms nie. Heelwat vrouens bloei tydens daardie eerste 12 weke van swangerskap, MAAR dit moet altyd ernstig opgeneem word.
Die bloeding kan 'n gevolg wees van:
  • Die inplanting van die bevrugte eiersel, tot en met 14 dae na bevrugting.
  • Enige steuring van die serviks, soos byvoorbeeld na 'n ondersoek of seksuele omgang.
  • 'n Miskraam. 20% van alle vroue het 'n miskraam en dit vind gewoonlik plaas binne die eerste 12 weke.
  • Wanneer die bevrugte eiersel buite die baarmoeder ingeplant is.
  • Probleme met die plasenta.
  • Toestande wat niks met die swangerskap te doen het nie.

Hou altyd jou dokter op hoogte van jou bloeding en skakel hom dadelik wanneer jy pyn, krampe, koors, sametrekkings ervaar of onderskeibaar deeltjies in die bloeding kan sien.