Philma skryf:
"Ek het met my eerste baba geborsvoed tot met 6weke, die rede was dat my baba sproei om sy mond gehad onwetend en het my aangesteek. Ek het vreeslik gehuil van al die pyne,ens en het dadelik opgehou met borsvoed. Nou is ek weer swanger met my tweede een en wil graag met my volgende baba se borsvoeding verbeter. Hoe gaan dit te werk sonder dat ek weer moet sukkel soos laas met my eerste kind. Ek wil iets reg kry. Gee my raad asb."
Antwoord:
Swamteenmiddels is jou beste beskerming teen sproei. Bespreek dit met jou dokter. Eet ook gereeld jogurt met "kulture".
Liezel Minnie skryf:
"Is dit nodig om jou baba se tong skoon te maak van bottelmelk? Sal die kleintjie mondproei kry as dit nie gereeld gedoen word nie? Dis baie moeilik om 'n baba se hele tong skoon te maak sonder om die kleintjie te laat opgooi of skreeu. Volgens my is die tongetjie ding ouderweds, maar ek vra eerder 'n expert"
Antwoord:
Mondsproei is 'n soort swaminfeksie. Dit kom meestal by babas, bejaardes en persone met HIV voor en kan uitgeken word aan opgehewe roomkleurige, witterige of geel plekkies binne-in die wange en keel. Dit kan lei tot oop sere en letsels indien dit nie behandel word nie. Die beste behandeling is swamteenmiddels, raadpleeg jou dokter.
20.3.12
13.3.12
Vrae oor kalium
S. van Lill skryf: "Inligting oor kalium vlak wat te hoog is asseblief."
Antwoord: 'n Kaliumvlak wat te hoog is kan ook sleg wees vir jou hart en kan ook 'n onreëlmatige hartklop tot gevolg hê. Aangesien 'n mens tot 3 500 mg kalium per dag benodig sal meeste mense nie sommer 'n oordosis hiervan inkry nie. 'n Hoë kaliumvlak word normaalweg veroorsaak deur sekere medikasie of dit is 'n aanduiding van nierprobleme. Gaan spreek jou dokter hieroor.
Anoniem vra:
"Wat beteken dit as jy 'n tekort aan Kalium het?"
"Wat beteken dit as jy 'n tekort aan Kalium het?"
Antwoord:
Kalium is 'n mineraal wat voorkom in sitrusvrugte, volgraan, avokado's, groen blaargroente (veral seldery), peulvrugte en piesangs. Dit handhaaf ons waterbalans en help met hartritme, die senuweestelsel en spiersametrekkings. 'n Tekort kan simptome soos uitputting, verwarring, spierswakheid en onreëlmatige hartklop tot gevolg hê.
Etikette:
Kalium
6.3.12
Vrae oor ovulasie
Annelise Weyer skryf :
"Ek is nou ' jaar op Marvelon 150/30. Ek het te veel manlike hormone en ek ovuleer nie. Die maand van Mei het ek begin menstrueer maar is nou al 8 dae aanmekaar wat ek menstrueer. Ek weet nie of dit dalk kan wees dat ek 'n paar dae vergeet het op my pil te drink nie. Ek het nogal klonterig gevloei."

Antwoord :
Weet jy wat veroorsaak dat jy te veel manlike hormone produseer? Indien nie, moet jy gaan vir toetse. Ongelukkig is jou simptome nie ongewoon vir 'n vrou met te veel manlike hormone nie. In sekere gevalle kan dit suksesvol behandel word. 'n Endokrinoloog sal jou hiermee kan help.

Anna skryf:
"Ons wil graag probeer om ons eerste kind te hê, ek is 23 en my man is 25 jaar oud. Die hele storie is baie nuut vir ons, ons wil graag weet wanneer is die regte tyd om te probeer wanneer ovuleer ek? Hoe bepaal 'n mens dit? Asb sal u die inligting vir ons kan gee? "

Marthie van Zyl:
Jou ginekoloog sal vir jou baie meer inligting kan gee as ek, maar ek kan jou verseker dat jy ovuleer tussen dag 14 en 17 van jou siklus, jy begin tel by die dag waarop jy begin, dag een, dag 14 moet jy probeer om so veel moontlik seks te hê tot en met dag 17, natuurlik kan jy enige dag van die 28dae siklus swanger raak, maar dag 14 tot 17 het jy net 'n beter kans.
Hoop julle is sommer gou gelukkig.

Lynnette skryf:
"WANNEER WEET EK WANNEeR EK OVULEER? EK WEET JY TEL VAN EERSTE DAG VAN SIKLUS TOT DAG 10 MAAR EK WEET NIE WANNEER EK OVULEER NIE. WAT IS DIE TEKENS VAN OVULASIE"

Ovulasie is die uitkom van 'n eisel uit die eierstok. Dit gebeur ongeveer op dag 14 nadat jy begin menstrueer. Hou noukeurig boek van jou maandstonde en let op die duur daarvan. Indien jou siklus presies 28 duur begin ovuleer jy heel waarskynlik op dag 14 nadat jy begin menstrueer. Indien jou siklus varieer moet jy 18 dae afrek van jou kortste siklus. Die totaal tel jy by wanneer jy weer menstrueer en dis waarskynlik die dag waarop jy ovuleer. Die stelsel is nie perfek nie, maar jy kan dit probeer.
Let ook op die vaginale afskeiding. Wanneer jy ovuleer is die afskeiding normaalweg soos rou eierwit. Wanneer jy klaar ovuleer het is die afskeiding meer melkerig.
Hou ook jou liggaamstemperatuur dop en wanneer dit effens styg en stabiel bly vir twee tot drie dae ovuleer jy. Jy sal waarskynlik dit oor 'n sekere tydperk moet doen om 'n patroon te vind.
Daar is ook deesdae ovulasiepakette waarmee jy jou tydperk van ovulasie kan opspoor.

28.2.12
HIV / Vigs
Pieter skryf:
"Sit tans in die vreemde en die dokters maar nie wat wonders nie....is potensieel blootgestel aan HIV ....maar het binne ses maande 3 Elisa toetse en op twee maande een RNA/DNA toets onderneem...alles negatief....maar ja mens bly vaskyk in simptome...wat sê die statestieke...wanneer weet ek verseker eks vry?"
Antwoord:
Indien die toetse korrek gedoen is is jy waarskynlik vry, mens neem ook nou aan jou laaste toets was op vyf/ses maande. Tot drie maande kan verloop voordat die virus deur toetse opgetel word. Tref asseblief goeie voorsorg teen ENIGE moontlike vorm van besmetting.

20.2.12
Borsmelk beter
Wanvoeding by kinders kan met 25% afneem indien babas in die eerste ses maande net borsmelk gegee word, het 'n voedingkundige van die Verenigde Nasies se Kinderfonds (Unicef) Woensdag gesê.
Studie: Borsmelk is die beste
Studie: Borsmelk is die beste
13.2.12
Vrae oor swangerskap en medikasie
Celeste Strauss skryf: "Ek het 'n week gelede onbeskermde seks gehad. Ek was nie seker of ek swanger kan wees nie, Het ook intussen Depo Povera geneem. Sal dit enige effek het op die fetus?"
Antwoord: Behoort nie.
Anoniem van OD skryf: "Ek is nou so 5 weke swanger en vreeslik grieperig. Is daar enige gevaar om maxil anti-biotika (betamox) te gebruik."
Antwoord: Tot dusver is alle aanduidings dat Betamox veilig is vir gebruik tydens swangerskap. Swanger dames moet liefs altyd die apteker raadpleeg wanneer hulle medikasie koop.
Laminda skryf: "Ek wil net grag die volgende vraag aan u rig? Ek is nou dertig weke swanger en wil graag weet wat se negatiewe effekte slaappille op die ongebore of pasgebore baba gaan hê met geboorte?"
Antwoord:
Jy noem nie watter soort medikasie jy gebruik nie. Slaappille kan gewoontevormend wees, selfs vir jou baba, wat na geboorte aan onttrekkingsimptome kan lei. Daar is ook studies wat toon dat die baba se IK negatief beïnvloed kan word asook die kleinding se metabolisme. Een of twee gedurende jou swangerskap sal seker nie skade veroorsaak nie, maar die beste raad sal wees om liewer die slaappille te los.

E Kotze skryf:
"Ek is nou 9 weke swanger en wil net weet of daar enige medikasie is wat ek kan gebruik vir 'n verkoue of griep?"

Tylenol en Vicks hoesstroop was altyd veilig. Maak egter seker deur altyd die voubiljet te lees. Die veiligste is om jou apteker vir (gratis) advies te vra.

Lucinda Grobler skryf:
"Ek wil weet of Rennies goed is vir 'n swangerskap, want dis al wat my help. En glo my ek het dit vrek erg."

Daar is nog nie sekerheid in die Rennies-debat nie. Sommige mense sê nee, ander sê net tydens die eerste paar maande van swangerskap. Los eerder die Rennies tot daar sekerheid is.

Skapie skryf:
"Ek is 7 weke swanger, 33 jaar oud, 7 jaar getroud, 1ste baba en 10kg oorgewig (alreeds 'n agterstand, want ek weeg 75kg en is 1.68m). Ek het lae bloeddruk en gebruik Effortil Perlongets. Kan ek díe pille tydens my swangerskap gebruik, aangesien ek in die aande, nadat van die werk afgekom het, baie duiselig voel?"

Nommer een moet jy altyd EERSTE DING enige medikasie met jou ginekoloog uitklaar wanneer jy swanger raak. Bespreek asseblief die gebruik van gebruik Effortil Perlongets tydens swangerskap met jou dokter.
Michelle skryf:
"EK IS 10 WEKE SWANGER.EK EN MY MAN WAS SLEGS EENMAAL INTIEM SONDER VOORBEHOEDING. DIT WAS DIE SONDAG, TWEE DAE LATER HET EK GEGAAN VIR LAZERBEHANDELING DEUR PLACECOL VIR MY PROBLEEM VEL. EK SOU NOOIT KON DINK DAT EK SONDAG "GEVAT" HET, SOOS DIE OU BOERE HIER BY ONS SAL Sê NIE. DUS WAS EK VOLGENS DIE SONAR REEDS TWEE DAE SWANGER TOE EK HIERDIE LAZERBEHANDELING GEHAD HET.EN 'N ANDER DING EK WAS REEDS SES WEKE SWANGER TOE EK UIT GEVIND HET VAN DIE SWANGERSKAP EN HET IN HIERDIE TYD MY VOORSKRIF MEDISYNE GETROU GEDRINK.VERAHEXAL. EK WIL GRAAG WEET WAT DIE KANSE OP SKADE VIR MY BABA IS, EN WATTER TIPE SKADE INDIEN ENIGE. EK EN MY MAN IS VREESLIK OPGEWONDE, MAAR EK VIND DAT EK MY SELF STILWEG KEER OM TE VEEL UIT TE SIEN NA HIERDIE BABATJIE EN EK RAAK VREESLIK BENOUD AS MY MAN SY ENTOESIASME MET MY EN SOMMER ALMAL DEEL, WANT Sê NOU IETS IS VERKEERD!EK STEL OOK AANHOUDEND MY SONAR AFSPRAAK UIT. EK HET OOK NOG NIE BOGENOEMDE INLIGTING OOR DIE LAZERBEHANDELING MET MY DOKTER GEDEEL NIE, OMREDE MY MAN NOG ELKE KEER SAAM WAS EN EK BANG IS DAT HY MY DALK GAAN KWALIK NEEM. WATTER VERKOUE EN GRIEP MEDISYNE IS VEILIG, WANT EK IS HUIDIGLIK VROT VAN DIE VERKOUE. DANKIE VIR JOU GEDULD, EK WEET 'N BRIEF SOOS DIE VAT TYD.GESEEND IS JY.GROETE ONRUSTIG

Die behandeling vir jou vel is veilig vir die baba. Die tipe behandelings word egter soms nie aanbeveel VIR JOU VEL nie omdat die hormonale veranderinge wat swangerskap meebring die pigmentasie van die vel kan beïnvloed.
Verahexal behoort nie enige probleme tydens swangerskap veroorsaak nie, maak raadpleeg jou dokter net om seker te maak.
Vra jou apteker vir medikasie vir verkoues wat veilig is vir gebruik tydens swangerskap.

Elsie skryf:
"Ek is 29 en probeer om weer swanger te raak met my tweede een. Ek het vir twee en 'n half jaar die Merena in gehad en dit in April uitgehaal. Ek probeer vanaf einde April swanger raak maar tot op hede nog niks. Ek geniet dikwels 'n glasie wyn en is regtig 'n groot koffie drinker en ek is tans op kroniese medikasie (Molipaxin 100mg) elke aand vir my slaaploosheid. Kan dit 'n groot invloed hê op my vrugbaarheid? My man is op sterk pynpille (Lentogesic) vir sy knie, kan dit enige nagevolge hê as ek swanger raak, of het dit ook 'n invloed op sy vrugbaarheid?"

Dit kan 'n hele paar maande neem voor jou menstruele siklus weer normaal is na verwydering van die Mirena.
Die wyn en koffie sal nie jou vrugbaarheid beïnvloed nie, en al hoe die Molipaxin jou gaan affekteer is deurdat jy nie wakker gaan wees om die baba te maak nie. LET WEL dat daar nog nie sekerheid bestaan oor die gebruik van Molipaxin TYDENS swangerskap nie. Raadpleeg jou dokter.
Lentogesic behoort geen probleme te veroorsaak vir 'n swangerskap of vrugbaarheid nie, maar raadpleeg jou dokter.

7.2.12
Alkoholvergiftiging
Die tekens vir alkoholvergiftiging is:
'n blosende vel
swak polsslag
kan selfs 'n koma veroorsaak
Kry dadelik mediese hulp!
'n blosende vel
swak polsslag
kan selfs 'n koma veroorsaak
Kry dadelik mediese hulp!
Subscribe to:
Posts
(
Atom
)