Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids

13.3.12

Vrae oor kalium


S. van Lill skryf: "Inligting oor kalium vlak wat te hoog is asseblief."

Antwoord: 'n Kaliumvlak wat te hoog is kan ook sleg wees vir jou hart en kan ook 'n onreëlmatige hartklop tot gevolg hê. Aangesien 'n mens tot 3 500 mg kalium per dag benodig sal meeste mense nie sommer 'n oordosis hiervan inkry nie. 'n Hoë kaliumvlak word normaalweg veroorsaak deur sekere medikasie of dit is 'n aanduiding van nierprobleme. Gaan spreek jou dokter hieroor.


Anoniem vra:
"Wat beteken dit as jy 'n tekort aan Kalium het?"

Antwoord:
Kalium is 'n mineraal wat voorkom in sitrusvrugte, volgraan, avokado's, groen blaargroente (veral seldery), peulvrugte en piesangs. Dit handhaaf ons waterbalans en help met hartritme, die senuweestelsel en spiersametrekkings. 'n Tekort kan simptome soos uitputting, verwarring, spierswakheid en onreëlmatige hartklop tot gevolg hê.


6.3.12

Vrae oor ovulasie


Annelise Weyer skryf :
"Ek is nou ' jaar op Marvelon 150/30. Ek het te veel manlike hormone en ek ovuleer nie. Die maand van Mei het ek begin menstrueer maar is nou al 8 dae aanmekaar wat ek menstrueer. Ek weet nie of dit dalk kan wees dat ek 'n paar dae vergeet het op my pil te drink nie. Ek het nogal klonterig gevloei."
Antwoord :
Weet jy wat veroorsaak dat jy te veel manlike hormone produseer? Indien nie, moet jy gaan vir toetse. Ongelukkig is jou simptome nie ongewoon vir 'n vrou met te veel manlike hormone nie. In sekere gevalle kan dit suksesvol behandel word. 'n Endokrinoloog sal jou hiermee kan help.

Anna skryf:
"Ons wil graag probeer om ons eerste kind te hê, ek is 23 en my man is 25 jaar oud. Die hele storie is baie nuut vir ons, ons wil graag weet wanneer is die regte tyd om te probeer wanneer ovuleer ek? Hoe bepaal 'n mens dit? Asb sal u die inligting vir ons kan gee? "
Marthie van Zyl:
Jou ginekoloog sal vir jou baie meer inligting kan gee as ek, maar ek kan jou verseker dat jy ovuleer tussen dag 14 en 17 van jou siklus, jy begin tel by die dag waarop jy begin, dag een, dag 14 moet jy probeer om so veel moontlik seks te hê tot en met dag 17, natuurlik kan jy enige dag van die 28dae siklus swanger raak, maar dag 14 tot 17 het jy net 'n beter kans.
Hoop julle is sommer gou gelukkig.

Lynnette skryf:
"WANNEER WEET EK WANNEeR EK OVULEER? EK WEET JY TEL VAN EERSTE DAG VAN SIKLUS TOT DAG 10 MAAR EK WEET NIE WANNEER EK OVULEER NIE. WAT IS DIE TEKENS VAN OVULASIE"
Antwoord:
Ovulasie is die uitkom van 'n eisel uit die eierstok. Dit gebeur ongeveer op dag 14 nadat jy begin menstrueer. Hou noukeurig boek van jou maandstonde en let op die duur daarvan. Indien jou siklus presies 28 duur begin ovuleer jy heel waarskynlik op dag 14 nadat jy begin menstrueer. Indien jou siklus varieer moet jy 18 dae afrek van jou kortste siklus. Die totaal tel jy by wanneer jy weer menstrueer en dis waarskynlik die dag waarop jy ovuleer. Die stelsel is nie perfek nie, maar jy kan dit probeer.
Let ook op die vaginale afskeiding. Wanneer jy ovuleer is die afskeiding normaalweg soos rou eierwit. Wanneer jy klaar ovuleer het is die afskeiding meer melkerig.
Hou ook jou liggaamstemperatuur dop en wanneer dit effens styg en stabiel bly vir twee tot drie dae ovuleer jy. Jy sal waarskynlik dit oor 'n sekere tydperk moet doen om 'n patroon te vind.
Daar is ook deesdae ovulasiepakette waarmee jy jou tydperk van ovulasie kan opspoor.


28.2.12

HIV / Vigs

Pieter skryf:
"Sit tans in die vreemde en die dokters maar nie wat wonders nie....is potensieel blootgestel aan HIV ....maar het binne ses maande 3 Elisa toetse en op twee maande een RNA/DNA toets onderneem...alles negatief....maar ja mens bly vaskyk in simptome...wat sê die statestieke...wanneer weet ek verseker eks vry?"


Antwoord:
Indien die toetse korrek gedoen is is jy waarskynlik vry, mens neem ook nou aan jou laaste toets was op vyf/ses maande. Tot drie maande kan verloop voordat die virus deur toetse opgetel word. Tref asseblief goeie voorsorg teen ENIGE moontlike vorm van besmetting.

20.2.12

Borsmelk beter

Wanvoeding by kinders kan met 25% afneem indien babas in die eerste ses maande net borsmelk gegee word, het 'n voedingkundige van die Verenigde Nasies se Kinderfonds (Unicef) Woensdag gesê.

Studie: Borsmelk is die beste

13.2.12

Vrae oor swangerskap en medikasie


Celeste Strauss skryf: "Ek het 'n week gelede onbeskermde seks gehad. Ek was nie seker of ek swanger kan wees nie, Het ook intussen Depo Povera geneem. Sal dit enige effek het op die fetus?"
Antwoord: Behoort nie.

Anoniem van OD skryf: "Ek is nou so 5 weke swanger en vreeslik grieperig. Is daar enige gevaar om maxil anti-biotika (betamox) te gebruik."
Antwoord: Tot dusver is alle aanduidings dat Betamox veilig is vir gebruik tydens swangerskap. Swanger dames moet liefs altyd die apteker raadpleeg wanneer hulle medikasie koop.

Laminda skryf: "Ek wil net grag die volgende vraag aan u rig? Ek is nou dertig weke swanger en wil graag weet wat se negatiewe effekte slaappille op die ongebore of pasgebore baba gaan hê met geboorte?"
Antwoord:
Jy noem nie watter soort medikasie jy gebruik nie. Slaappille kan gewoontevormend wees, selfs vir jou baba, wat na geboorte aan onttrekkingsimptome kan lei. Daar is ook studies wat toon dat die baba se IK negatief beïnvloed kan word asook die kleinding se metabolisme. Een of twee gedurende jou swangerskap sal seker nie skade veroorsaak nie, maar die beste raad sal wees om liewer die slaappille te los.
E Kotze skryf:
"Ek is nou 9 weke swanger en wil net weet of daar enige medikasie is wat ek kan gebruik vir 'n verkoue of griep?"
Antwoord:
Tylenol en Vicks hoesstroop was altyd veilig. Maak egter seker deur altyd die voubiljet te lees. Die veiligste is om jou apteker vir (gratis) advies te vra.

Lucinda Grobler skryf:
"Ek wil weet of Rennies goed is vir 'n swangerskap, want dis al wat my help. En glo my ek het dit vrek erg."
Antwoord:
Daar is nog nie sekerheid in die Rennies-debat nie. Sommige mense sê nee, ander sê net tydens die eerste paar maande van swangerskap. Los eerder die Rennies tot daar sekerheid is.

Skapie skryf:
"Ek is 7 weke swanger, 33 jaar oud, 7 jaar getroud, 1ste baba en 10kg oorgewig (alreeds 'n agterstand, want ek weeg 75kg en is 1.68m). Ek het lae bloeddruk en gebruik Effortil Perlongets. Kan ek díe pille tydens my swangerskap gebruik, aangesien ek in die aande, nadat van die werk afgekom het, baie duiselig voel?"
Antwoord:
Nommer een moet jy altyd EERSTE DING enige medikasie met jou ginekoloog uitklaar wanneer jy swanger raak. Bespreek asseblief die gebruik van gebruik Effortil Perlongets tydens swangerskap met jou dokter.

Michelle skryf:
"EK IS 10 WEKE SWANGER.EK EN MY MAN WAS SLEGS EENMAAL INTIEM SONDER VOORBEHOEDING. DIT WAS DIE SONDAG, TWEE DAE LATER HET EK GEGAAN VIR LAZERBEHANDELING DEUR PLACECOL VIR MY PROBLEEM VEL. EK SOU NOOIT KON DINK DAT EK SONDAG "GEVAT" HET, SOOS DIE OU BOERE HIER BY ONS SAL Sê NIE. DUS WAS EK VOLGENS DIE SONAR REEDS TWEE DAE SWANGER TOE EK HIERDIE LAZERBEHANDELING GEHAD HET.EN 'N ANDER DING EK WAS REEDS SES WEKE SWANGER TOE EK UIT GEVIND HET VAN DIE SWANGERSKAP EN HET IN HIERDIE TYD MY VOORSKRIF MEDISYNE GETROU GEDRINK.VERAHEXAL. EK WIL GRAAG WEET WAT DIE KANSE OP SKADE VIR MY BABA IS, EN WATTER TIPE SKADE INDIEN ENIGE. EK EN MY MAN IS VREESLIK OPGEWONDE, MAAR EK VIND DAT EK MY SELF STILWEG KEER OM TE VEEL UIT TE SIEN NA HIERDIE BABATJIE EN EK RAAK VREESLIK BENOUD AS MY MAN SY ENTOESIASME MET MY EN SOMMER ALMAL DEEL, WANT Sê NOU IETS IS VERKEERD!EK STEL OOK AANHOUDEND MY SONAR AFSPRAAK UIT. EK HET OOK NOG NIE BOGENOEMDE INLIGTING OOR DIE LAZERBEHANDELING MET MY DOKTER GEDEEL NIE, OMREDE MY MAN NOG ELKE KEER SAAM WAS EN EK BANG IS DAT HY MY DALK GAAN KWALIK NEEM. WATTER VERKOUE EN GRIEP MEDISYNE IS VEILIG, WANT EK IS HUIDIGLIK VROT VAN DIE VERKOUE. DANKIE VIR JOU GEDULD, EK WEET 'N BRIEF SOOS DIE VAT TYD.GESEEND IS JY.GROETE ONRUSTIG
Antwoord:
Die behandeling vir jou vel is veilig vir die baba. Die tipe behandelings word egter soms nie aanbeveel VIR JOU VEL nie omdat die hormonale veranderinge wat swangerskap meebring die pigmentasie van die vel kan beïnvloed.
Verahexal behoort nie enige probleme tydens swangerskap veroorsaak nie, maak raadpleeg jou dokter net om seker te maak.
Vra jou apteker vir medikasie vir verkoues wat veilig is vir gebruik tydens swangerskap.
Elsie skryf:
"Ek is 29 en probeer om weer swanger te raak met my tweede een. Ek het vir twee en 'n half jaar die Merena in gehad en dit in April uitgehaal. Ek probeer vanaf einde April swanger raak maar tot op hede nog niks. Ek geniet dikwels 'n glasie wyn en is regtig 'n groot koffie drinker en ek is tans op kroniese medikasie (Molipaxin 100mg) elke aand vir my slaaploosheid. Kan dit 'n groot invloed hê op my vrugbaarheid? My man is op sterk pynpille (Lentogesic) vir sy knie, kan dit enige nagevolge hê as ek swanger raak, of het dit ook 'n invloed op sy vrugbaarheid?"
Antwoord:
Dit kan 'n hele paar maande neem voor jou menstruele siklus weer normaal is na verwydering van die Mirena.
Die wyn en koffie sal nie jou vrugbaarheid beïnvloed nie, en al hoe die Molipaxin jou gaan affekteer is deurdat jy nie wakker gaan wees om die baba te maak nie. LET WEL dat daar nog nie sekerheid bestaan oor die gebruik van Molipaxin TYDENS swangerskap nie. Raadpleeg jou dokter.
Lentogesic behoort geen probleme te veroorsaak vir 'n swangerskap of vrugbaarheid nie, maar raadpleeg jou dokter.

7.2.12

Alkoholvergiftiging

Die tekens vir alkoholvergiftiging is:

'n blosende vel
swak polsslag
kan selfs 'n koma veroorsaak

Kry dadelik mediese hulp!

30.1.12

Vrae oor endometriose


Elmien vra: "Kan endomitriose weer terug keer na historektomie en verwydering van eierstokke? Het reeds 5 jaar gelede historektomie gehad en voel asof simptome terug keer."
Antwoord: Dit is baie ongewoon, maar dit is wel moontlik indien jy behandeling met estrogeen ontvang. Maak 'n afspraak by jou dokter vir 'n ordentlike diagnose. Daar is behandeling hiervoor.

Moedeloos skryf: "Ek is 20 jaar oud en het op 13 jarige ouderdom begin met blaasprobleme, op 17 het ek ook met my menstruasies begin sukkel, dit was baie ongereeld en so 15 dae baie erg met verskriklike pyn gedurende die siklus. Ek het na 2 ginekeloë gegaan waar hulle my blaas geskraap het en hulle diagnosis was dat ek n spastiese blaas het. In Matriek het die menstruasies begin erger raak, waar ek in die opvolgende jaar na n ginekeloog toe was, hy het gesê ek het endometriose en het dit toe afgebrand so 2 weke later. Ongeveer n jaar later het ek weer begin sukkel met verskriklike pyn gedurende my siklus, dit was baie ongreeld en ek het tot 52 dae gemenstrueer met so 1 tot 2 dae tussen wat dit minder raak of ophou voor dit weer begin. Ek is terug na die Ginekoloog wat vasgestel het dat die vergroeisels terug gegroei het binne die jaar tydperk en hy het dit weer afgebrand waar hy ook vir my n Mirena ingesit het - in Junie 2007 (volgens die Ginekeloog skei my baarmoeder n sekere hormoon nie af nie wat veroorsaak dat die vergroeisels terug kom en die Mirena sal die hormoon afskei wat die vergroeisels sal verhoed.)
Dit is nou 6 Maande later en die pyne het weer begin, ek is ook konstant ongemaklik in my pelvis area (dit voel opgeswel en pyn), ek moet ook baie piepie, ek is dood moeg en kry ook hoofpyne.
Alhoewel die menstruasies amper opgehou het, het ek net 'n permanente afskeiding en spotting, ek is op 28 Oktober terug na die Ginekoloog vir n opvolg ondersoek, hy het met n sonar en my simptome vasgestel dat die Mirena nie goed genoeg werk om die vergroeisels te voorkom nie en het vir my 'n inspuiting voorgeskryf wat so amper R5 000 een kos, hy sê dat die inspuiting die endometriose in hulle spore sal stop asook my simptome sal verlig.
Ek is nie heeltemal gerus nie, sou jy sê die dokter se diagnosis is reg? Ek voel soos n proefkonyn, want niks werk nie en daar is ook vir my gesê dat ek dalk nie sal kan kinders kry nie. Ek weet nie of ek dalk n tweede opinie moet kry voor ek die inspuiting neem nie?
Ek wil ook weet of dit dalk enige aard van kanker kan word aangesien dit so vinnig terug kom?
Het jy vir my enige raad?"
Antwoord: Eerstens is 'n tweede opinie nooit 'n slegte idee nie. Jy moet net onthou dat in sulke gevalle enige behandeling 'n probeerslag is en 'n soeke na iets wat vir jou spesifiek gaan werk. So bou die dokter 'n geskiedenis van jou toestand op sodat hy / sy die probleem kan isoleer en suksesvol behandel. Dit is heeltemal normaal om soos 'n proefkonyn te voel, maar weet dat dit belangrik is dat alle opsies ondersoek moet word. Ek sou nie spoke opjaag met kanker nie, maar indien jy vrae het hieroor moet jy met die ginekoloog wat jou behandel hieroor praat.

Lida Kriek skryf:
"Ek het 'n vraag, ek het endomitriose nou al vir 3 jaar, ek het dit nou in 'n erge graad, a.g.v dit het ek my 1 eierstok verloor, en nou sê my ginikoloog ek ovalueer nie, wat se boereraad het jy vir my, ek wil bitter graag swanger raak."
Antwoord:
Jy sal moet vasstel hoekom jy nie ovuleer nie en behandeling daarvoor kry voor jy dink daaraan om swanger te raak. Jy moet ook 'n poging aanwend om so gesond as moontlik te leef.

Debbie Buys skryf:
"Ek is 27 en sukkel amper 2 jaar om swanger te raak. My maandelikse siklus baie deurmekaar, ginekoloog wil nou laporoskopie doen (effense vergroeisels verwyder). Vriendin het egter voorgestel ek gaan terug op pil totdat siklus reg is waarna ek net pille oor "ovulasie-tydperk" uitlaat. Bang vir operasie en weet nie of dit regte ding is om te doen nie."
Antwoord:
Hierdie groeisels kan wel verhoed dat jy swanger raak. Die ginekoloog stel waarskynlik die beste oplossing vir jou voor. 'n Laparoskopie is 'n klein operasie. Daarna kan jy probeer swanger raak. Onthou net dat dit gewoonlik langer neem vir vroue wat hierdie groeisels gehad het. In die geval van endometriose help die voorbehoedpil 'n bietjie om die hormone te beheer van die groeisels opbou. Dit help ook om die pyn by sommige vroue te verminder.

Nita skryf:
"Ek het endometriose gehad 4 jaar terug het ek 'n dogterjie gehad maar sukkel om weer swanger te raak. Die dr sê daar is nie weer tekens van endrometriose nie. Wat kan ek doen om swanger te raak help asb!"
Antwoord:
Onvrugbaarheid ontstaan wel by 30 - 40 persent van vroue met endometriose. Indien 'n diagnose gedoen is wat met sekerheid bepaal het dat jy nie onvrugbaar is nie moet jy daarop let dat 'n gesonde lewenstyl help vir vroue wat voorheen endometriose gehad het, en natuurlik geduld. Dit kan bietjie langer neem, veral indien jy nie meer baie jonk is nie.

Wendy skryf:
"Wat is endometriose?"
Antwoord:
Endometriose is 'n aandoening waarin selle soortgelyk aan endometriumselle hulle elders in die liggaam as die uterus vestig.
Hierdie selle reageer ook op hormone en bloei tydens menstruasie. Endometriose kan pyn veroorsaak tydens menstruasie. Dit kan ook pyn tydens seks veroorsaak. Dit kom normaalweg by vrouens tussen 25 en 40 voor. Laat jou dokter 'n diagnose doen.
Daar is medikasie vir die aandoening of die selle kan chirurgies verwyder word met behulp van 'n laparoskopie.