Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



Showing posts with label Boeke. Show all posts
Showing posts with label Boeke. Show all posts

31.7.12

Die ongelooflike liggaam: 'n Opwip-en-uitvou boek

Al ooit gehoor van ’n boek met ’n lewensgrootte mens binne-in? Hier is dit!

Leer jou liggaam ken met hierdie fantastiese uitvou-liggaam. Die flappies, opwip-dele en interessante beskrywings vertel jou alles omtrent die liggaam se stelsels en organe en hoe hulle werk. Ontdek die ongelooflike dinge wat onder jou vel aangaan, van hart tot harsings en van kop tot tone!

Die boek sluit ’n verstommende lewensgrootte uitvou-enopwip- plakkaat van die liggaam in.

Twee gaatjies in die stewige hardeband omslag maak dit moontlik om die boek teen die muur op te hang om die lewensgrootte plakkaat mooi te bekyk.

Koop / Buy Die ongelooflike ligaam: 'n Opwip-en-uitvou boek >>

Die ongelooflike liggaam: 'n Opwip-en-uitvou boek / deur Richard Walker -- Human & Rousseau, 2012. -- 32 p. ; sagteband. -- ISBN 9780798157285 : R 210.00

2.7.12

Dokter in die huis

Dokter in die huis is jou A-Z-gids tot gesondheid. Hierdie nuwe uitgawe van die gewildste Afrikaanse gesondheidsensiklopedie is hersien en aangevul om feitlik die hele spektrum van die hedendaagse geneeskunde te dek.

Dit is gegrond op die jongste mediese navorsing en spesifiek gerig op die behoeftes van die Suid-Afrikaanse gesin. Onontbeerlike feite word sistematies en lesersvriendelik aangebied sodat jy in ’n japtrap ’n ingeligte besluit oor jou en jou gesin se gesondheid kan neem.

Die gids dek onder meer:

• Riglyne vir optimale gesondheid
• Siektes – oorsake, simptome, diagnose en behandeling
• Beserings, operasies en chirurgiese prosedures
• Mediese toetse
• Medisynegroepe – generiese middels en handelsname
• Geïllustreerde noodhulpstappe

Koop / Buy Dokter in die huis >>

Dokter in die huis / deur Dr. Jan van Elfen & Dr. Don du Toit -- Tafelberg, 2012. -- 784 p. ; sagteband. -- ISBN 9780624052999 : R 395.00

28.11.11

Suster Lilian se babasorgboek

Suster Lilian is ’n alombekende en -beminde babasorgkenner. In dié bygewerkte uitgawe van haar hoog aangeskrewe Babasorgboek spreek sy die belangrikste kwessies aan wat ouers van pasgebore babas tot driejarige kleuters raak.

Die boek word ingelei met ’n deurskouende blik op die baba se eerste 12 maande, wat sal verseker dat die ma met die nodige selfvertroue haar baba leer ken. Ouers word gewys op die fisieke en emosionele kenmerke van hul babas, sodat hulle hul werklik intiem sal leer ken. Suster Lilian help hulle om meer staat te maak op hul natuurlike instinkte en gesonde verstand terwyl hulle die nuweling grootmaak.

Algemene ouerskapskwessies word in die onderskeie afdelings beskou. Suster Lilian se benadering is om tradisionele en natuurlike genesing (veral homeopatie) te integreer waar daar kommer oor die gesondheid is (koliek, kindersiektes, eetprobleme, slaapversteurings, noem maar op). Sy bewapen ouers met die nodige insig om self aktief betrokke te raak by hul babas se gesondheid.

Suster Lilian se boek is verseker van ’n plek op die rak van elke ouer wat werklik die beste moontlike ouer vir sy kind wil wees.

Also available in English: Sister Lilian's Babycare Companion.

Koop / Buy Suster Lilian se babasorgboek >>

Suster Lilian se babasorgboek / deur Lilian Leistner -- Human & Rousseau, 2011. -- 344 p. ; sagteband. -- ISBN 9780798152914 : R 230.00

16.5.11

Omvattende Familie Gesondheidsgids

Omvattende familie gesondheidgids is ’n volledige en toeganklike gids wat die hele gesin se gesondheid bespreek. Dit bevat:

• strategieë om siekte te voorkom
• algemene siektes
• kindergesondheid en kindersiektes
• mans se gesondheidsprobleme
• vroue se gesondheidsprobleme
• noodhulp en trauma

Dr. Linda Friedland gee voorkomende wenke, beskryf simptome en bespreek behandelingsopsies vir verskillende siektes.

Also available in English as Ultimate Guide to Family Health.

Die boek word volgende maand vrygestel en kos ongeveer R300.

17.1.11

Volksgeneeskuns in Suid-Afrika: ’n Uitgebreide versameling boererate

Volksgeneeskuns in Suid-Afrika is ’n versameling van 8705 boererate en het die eerste keer in 1965 verskyn.

Vandag, 60 jaar later, lyk die mediese en farmakologiese landskap totaal anders. Daarom is dit so interessant – en soms lagwekkend – om te sien hoe vinnig ons mediese en farmakologiese kennis intussen gevorder het.

Die versameling bevat rate wat op bygeloof of tradisionele mondelinge oorlewering berus. Ander rate maak staat op veldkennis en die botaniese name van middels word verstrek.

Daar word raat uitgedeel vir kwale van asma tot ylhoofdigheid.

“Vermaaklike oomblikke is talryk vir die moderne leser – en die algemene gebruik van hondebloed, velle van pas geslagte katte, luislange en dies meer, laat ’n mens verbysterd – tot jy besef met hoeveel radeloosheid daar voor sekere siektes te staan gekom is.” Dr. Dione Prinsloo – geskiedkundige.

Volksgeneeskuns in Suid-Afrika is ’n “unieke kultuur-historiese skat”. Dr Kay de Villers, skrywer van Healers, Helpers and Hospitals.

15.11.10

Koemelaat

Sy word in die strate herken as Dusty, Frankie, Patrys of sommer net daai girl van daai show op kykNET, maar Milan Murray is meer as net een van Suid-Afrika se bekende aktrises. Sy is ook ’n ma. ’n Rol wat sy aanvanklik met moeite moes vertolk. "Koemelaat" is haar tweejarige seun se woord vir ‘skoenlapper’. ’n Baie gepaste titel vir ’n boek waarin sy haar ma-wees reis begin as ’n skamele ruspe getronk in ’n papie. En deur die bladsye van hierdie ma-joernaal, wikkel Milan haarself stelselmatig los.

Jy sal giggel terwyl jy ’n traan pik, en baie keer wonder of sy dan by jou eie huis deur die venster geloer het. Enige ma sal hierdie boekie neersit met die versugting: ‘Dank Vader, ek is nie alleen nie!’

Milan Murray is ’n bekende aktrise, verhoogkunstenaar en TV-aanbieder wat in onder meer Isidingo, Transito, Binnelanders, Song vir Katryn en Egoli te sien was. Sy is tans die anker-aanbieder van Ontbytsake op KykNET. In hierdie boek vertel sy van haar reis as ’n nuwe ma op ’n besondere en pittige manier, en dit is by uitstek ’n verhaal wat by enige ma – ook toekomstige ma – groot byval sal vind.

Koop / Buy Koemelaat ...

23.10.09

Ontsnap van depressie

Ontsnap van depressie is die eerste Afrikaanse titel sedert die 1980's wat omvattende inligting bied oor die simptome, oorsake en uitwerking van depressie. Dit werp lig op die jongste navorsing, asook maniere om depressie te beheer en dit uiteindelik te oorkom.

30.8.09

Suster Lilian se swangerskap- en geboorteboek

Suster Lilian is ’n ervare vroedvrou met uitgebreide praktiese ondervinding van swangerskap, geboorte en kindersorg. Met hierdie wonderlike nuwe boek rus sy verwagtende ouers toe met alles wat hulle maar kan wil weet omtrent swangerskap en geboorte.

Aangesien voorgeboortelike sorg ideaal reeds lank voor bevrugting begin, bespreek sy die regte maniere om vir swangerskap voor te berei sodat die ouers kan verseker wees hulle verwek die gesondste baba moontlik. Die moeder se gesondheid, haar persoonlikheid, die ouers se verhouding, hul emosionele intelligensie, ouderdom en vrugbaarheidsfaktore word van nader beskou. Sy lei die ouer deur elke stadium van die swangerskap self. ’n Meer intieme kennis van die groei en ontwikkeling van die baba, laat hulle meer betrokke voel by hierdie haas ongelooflike proses en maak hulle ook meer bewus van hoe hulle hierdie ontwikkeling kan beïnvloed. Hierdie kennis help om ongegronde vrese te besweer, bemagtig hulle om die regte keuses uit te oefen, en help om swangerskap ’n aangename ervaring te maak.

Suster Lilian voel dat die geboorteproses, dié gebeurtenis waarop ouers gewag het deur die lang weke van die swangerskap, meer natuurlik kan geskied as die unieke eienskappe van die moeder wat gaan geboorte skenk in gedagte gehou word. Sy kyk na al die opsies, en beveel ’n natuurlike geboorte aan waar alles wel is met die moeder en die baba, maar waar mediese ingryping of ’n keisersnee aangewese is, is dit die beste uitweg.

31.7.09

BabaGim

BabaGim is ’n prettige, praktiese gids vir ouers en versorgers om daardie kosbare vroeë leergeleenthede te ontgin deur brein- en liggaamsoefeninge. Die eerste twee lewensjare bied ruim geleent­heid vir spel en beweging om die optimale ontwikkeling van baba se sintuie en spiere, gevoelens en denke, en taal- en sosiale vermoëns te verseker.

Die Suid-Afrikaanse ontwikkelingskenner Melodie de Jager volg dieselfde eenvoudige dog effektiewe beginsels onderliggend aan haar sukses­volle boeke vir volwassenes, Kopskuiwe en Dink Dinamies, vir die stimulering van babas se brein en liggaam. BabaGim is ’n belegging in jou kind se toekoms.

Laat elke oomblik met baba werklik tel.

24.6.09

Lewenspraatjies met ouers

Lewenspraatjies met ouers is ‘n boek wat elke ouer behoort te besit. Dit is relevant en takel alle probleme en vrae wat tieners mag hê. So sê die deskundiges.

Die inhoud is goed nagevors en is verstaanbaar geskryf. Sommige onderwysers sê dat dit vir ouers voorgeskryf behoort te word! Die boek bied insig vir ouers en ‘n hele nuwe perspektief oor wat hedendaagse tieners moet deurmaak.

Gedurende hul kind se adolessensie kom ouers te staan voor onverwagte uitdagings wat veroorsaak word deur faktore soos veranderende hormone, swak selfbeeld, groepsdruk, boelies, alkohol, dwelms en seksuele eksperimentering, om maar net 'n paar te noem.

Daarmee saam worstel ouers ook met uitdagings van hul eie: lewensdruk, en huweliks-, finansiële en gesondheidsprobleme. Hierdie titel dien as noodsaaklike kommunikasiemiddel waarmee die generasiegaping oorbrug kan word.

In ons gejaagde lewe vol stres, bied dit die nodige emosionele en praktiese ondersteuning wat alle ouers van tieners nodig het.

Izabella Little is die skrywer van die topverkoper Lewenspraatjies met 'n dogter en Lewenspraatjies met 'n seun (met insette van Patrick Wilson). Albei boeke is in Afrikaans vertaal, sowel as Spaans, Portugees en Chinees. Op aandrang van lesers het Izabella die Life Talk Forum vir ouers en tieners begin. Sy werk nou bykans uitsluitlik in jeugvoorligting, en verskyn gereeld as gas op jeug- en ouerskapprogramme op radio en TV.

Thomas Burkhalter is 'n gekwalifiseerde opvoedkundige sielkundige wat hoofsaaklik in die privaat praktyk werk as beide psigoterapeut vir volwassenes en gesin/familie-konsultant. Hy is ook 'n gevallekonsultant by die Johannesburg Parent and Child Counselling Centre.

19.2.09

Muti en mites uit Afrika

Heather Dugmore gesels oor die agtergrond tot die boek: “Ek het jou verwag,” kondig die tradisionele geneser aan toe sy die deur van haar skelpienk huis êrens langs ’n stowwerige pad aan die Wildekus vanSuid-Afrika vir my oopmaak. Ek was nie van plan om daar te stop nie, maar ’n skielike, hewige storm het my gedwing om skuiling te soek by – wat ek eers later uitgevind het – ’n tradisionele geneser of sangoma se huis was.

Soos alle tradisionele genesers beweeg sy moeiteloos tussen die fisiese en spirituele wêrelde, en sy kommunikeer voortdurend met die geeste van haar voorvaders. Hulle help haar om die geskikste inheemse medisinale plantkure of muti vir haar pasiënte se fisiese en sielkundige kwellings uit te soek. “Die storm is gestuur om jou na my toe te lei,” verduidelik die sangoma terwyl sy met haar kruie besig is. En so het my reis deur die wêreld van die muti en mites van Afrika begin, ’n reis wat my paaie later laat kruis het met dié van Ben-Erik van Wyk, ’n plantkundeprofessor en wêreldoutoriteit van geneeskundige plante.

Vanaf die dag wat ons in sy laboratorium by die Universiteit van Johannesburg ontmoet het, was daar ’n gemeenskaplike band tussen ons wat gegroei het tot ’n fassinerende ontdekkingsreis van muti en mites wat oor baie jare strek. Ben-Erik is ’n wetenskaplike maar ook ’n storieverteller en storieversamelaar. Ek het al baie ure na hom gesit en luister terwyl hy stories vertel wat hy self by die oorspronklike bron gehoor het, asook na sy wetenskaplike uiteensettings van die gebruik van geneeskundige plante oor die lengte en breedte van Afrika. Wanneer u die stories lees oor van die kontinent se prominentste inheemse plantkure, hoop die skrywers dat u die bekoring van Afrika sal ondervind, en daar mee saam die inheemse volke se bydrae tot die begrip van die mens.

1.2.09

Omvattende Vrouegesondheid

Hierdie boek bemagtig jou met omvattende mediese kennis in verstaanbare taal. Die Omvattende Vrouegesondheidsgids dek elke aspek en fase van ’n vrou se lewe:

Die veranderinge wat jou liggaam deur die jare ondergaan en die beste gesondheidsopsies vir elke lewensfase, van puberteit dwarsdeur jou vrugbare jare tot die menopouse en daarna.
Hormonale gesondheid, met inbegrip van voorbehoedkeuses, swangerskap, menopouse en HVT.
Die belangrikste gesondheidsgevare vir vroue, onder meer kanker, depressie en diabetes.
Algemene mediese toestande by vroue soos allergieë, nierprobleme, rugpyn, oorgewig, spatare, en skildklierprobleme.
Teenveroudering – is liggaamlike agteruitgang onvermydelik?
Verduidelikings van alle ondersoeke en prosedures.
Vrae aan jou dokter vir ingeligte besluitneming.
Plastiese chirurgie.

Bowenal is dit ’n boek oor hoe om siekte te voorkom en ingeligte lewenstylkeuses te maak wat jou blakend gesond en vol lewenskrag sal hou.

Dr. Linda Friedland is ’n gesogte mediapersoonlikheid, algemene praktisyn en internasionaal erkende spreker en skrywer van verskeie boeke en artikels. Sy is gelukkig getroud en ’n ma van vyf kinders.