Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



19.2.09

Muti en mites uit Afrika

Heather Dugmore gesels oor die agtergrond tot die boek: “Ek het jou verwag,” kondig die tradisionele geneser aan toe sy die deur van haar skelpienk huis êrens langs ’n stowwerige pad aan die Wildekus vanSuid-Afrika vir my oopmaak. Ek was nie van plan om daar te stop nie, maar ’n skielike, hewige storm het my gedwing om skuiling te soek by – wat ek eers later uitgevind het – ’n tradisionele geneser of sangoma se huis was.

Soos alle tradisionele genesers beweeg sy moeiteloos tussen die fisiese en spirituele wêrelde, en sy kommunikeer voortdurend met die geeste van haar voorvaders. Hulle help haar om die geskikste inheemse medisinale plantkure of muti vir haar pasiënte se fisiese en sielkundige kwellings uit te soek. “Die storm is gestuur om jou na my toe te lei,” verduidelik die sangoma terwyl sy met haar kruie besig is. En so het my reis deur die wêreld van die muti en mites van Afrika begin, ’n reis wat my paaie later laat kruis het met dié van Ben-Erik van Wyk, ’n plantkundeprofessor en wêreldoutoriteit van geneeskundige plante.

Vanaf die dag wat ons in sy laboratorium by die Universiteit van Johannesburg ontmoet het, was daar ’n gemeenskaplike band tussen ons wat gegroei het tot ’n fassinerende ontdekkingsreis van muti en mites wat oor baie jare strek. Ben-Erik is ’n wetenskaplike maar ook ’n storieverteller en storieversamelaar. Ek het al baie ure na hom gesit en luister terwyl hy stories vertel wat hy self by die oorspronklike bron gehoor het, asook na sy wetenskaplike uiteensettings van die gebruik van geneeskundige plante oor die lengte en breedte van Afrika. Wanneer u die stories lees oor van die kontinent se prominentste inheemse plantkure, hoop die skrywers dat u die bekoring van Afrika sal ondervind, en daar mee saam die inheemse volke se bydrae tot die begrip van die mens.

No comments :

Post a Comment