Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids

7.9.23

Vog vasgevang in die oor

Jy kan hierdie metodes probeer om ontslae te raak van vloeistof wat in die oor vasgevang is:

1. Gaap of sluk om die Eustachius-buis te help oopmaak.
2. Kougom kou of stokkielekkers suig help om sluk aan te moedig.
3. Kantel jou kop na die kant en trek liggies aan jou oorlel om te help om die vloeistof te dreineer.
4. Gebruik ’n warm kompres op die aangetaste oor.
5. Jy kan help om kongestie te verminder en dreinering te bevorder met medikasie wat jy by ’n apteek kan kry.

As die vloeistof nie weggaan of ongemak veroorsaak, is dit 'n goeie idee om ’n dokter te raadpleeg vir ’n behoorlike diagnose en behandeling.



(foto: Karolina Grabowska)

6.9.23

Mans se vrugbaarheid in hul sestigs

Mans se vrugbaarheid is nog baie goed in hul sestigs. Mans se vrugbaarheid verminder nie so erg soos die van vroue nie.

Mans se probleem is eerder erektiele disfunksie. Hulle produseer nog baie spermselle, ongeveer 75% van wat iemand die helfte van hul ouderdom produseer.

Hoe lank jy vrugbaar bly hang maar af van jou gene en hoe gesond jy leef. Daar is mans wat reeds in hulle negentigs was wat kinders verwek het. Diegene met ’n gesonde lewenstyl se kanse is baie beter om baba's te verwek. Jy moet ook weet dat mans sekere tye van die maand meer vrugbaar is as ander. Wetenskaplikes skryf dit toe aan 'n interne siklus van elke man.

Daar is wel ’n groter risiko vir gesondheidsprobleme by die kinders van bejaarde persone.

5.9.23

Hardlywigheid by babas

Hardlywigheid by baba's kan 'n hengse kopseer wees vir ouers. Vier keer 'n dag se stoelgang by baba's is nie abnormaal nie. Onthou ook dat baba's wat geborsvoed word meer stoelgang het as die op formule. Dit neem ook af met ouderdom.

Indien jou baba jonger is as twee maande en sukkel dan moet jy asseblief dadelik jou dokter gaan spreek. Vir hardlywige baba's tussen twee en vier maande kan jy die baba twee keer per dag 120 ml water gee. Indien daar geen verbetering is nie kan jy vrugtesap in plaas van water gebruik. Indien daar dan nog geen verbetering is nie moet jy eerder die dokter gaan spreek.

Baba's wat reeds op vaste voeding is kan doen met bietjie ekstra vesel in hul dieet indien hulle hardlywig is. Ten minste twee keer per dag.

Indien jy van 'n enema gebruik maak om harde stoelgang uit te help mag dit net die watergebasseerde soort wees.



(foto: Todd Morris)

30.8.23

Wat moet gebeur voordat jy op die pil of inspuiting gaan – al die stappe

Jy kan 'n fisiese ondersoek na jou algemene gesondheid verwag wanneer jy ’n voorbehoedmiddel oorweeg. Meer spesifiek behoort hulle ook te kyk vir seksueel oordraagbare infeksies of moontlike fisiese probleme. ’n Volledige PAP-smeer kan gedoen word (afhangende van jou ouderdom en seksuele geskiedenis), jou borste en pelvis kan ondersoek word en jou bloeddruk en gewig kan geneem word. Dit kan ’n hele tydjie neem en jy kan verwag om vir meer as een besoek te gaan.

Op grond hiervan en jou persoonlike geskiedenis behoort hulle vir jou inligting te gee oor die onderskeie voorbehoedmiddels wat vir jou beskikbaar is.

Sodra jy jou metode gekies het moet daar opvolgbesoeke aan die kliniek geskeduleer word om moontlike newe-effekte te moniteer.

Indien jy vantevore by die kliniek was moet jy jou kliniek- of hospitaalkaart saamneem asook enige medikasie wat jy tans gebruik of onlangs gebruik het. Indien dit jou eerste keer by die kliniek is sal jy die nodige vorms moet invul en daar sal vir jou 'n lêer oopgemaak word. Laasgenoemde kan ook ’n hele tydjie duur. Neem jou identiteitsdokument saam indien dit jou eerste keer is.

Probeer eers uitvind presies hoeveel mense die kliniek besoek per dag. Klinieke en hospitale het meer as gereeld lang toue mense wat van die dienste gebruik wil maak. Dit sal dalk nodig wees om die dag af te vat by die werk. Gaan so vroeg as moontlik.

Dit mag wees dat jou kliniek nie jou keuse van voorbehoedmiddel in voorraad het nie. Vra dan om na ’n gesondheidsinstansie verwys te word wat wel die metode aanbied. Vra ook of jy 'n verwysingsbrief sal nodig hê vir die instansie en tref die nodige reëlings om dit op ’n spesifieke tyd in ontvangs te neem.

28.8.23

Kruie vir kwale: Keelseer

Jy kan ’n blaar van die wilde salie kou om te help met ’n seer keel.
Gorrel daarmee vir ’n seer keel.

♦♦♦

Maak tee met gedroogde wilde-jasmyn blomme, met suurlemoensap en heuning. Drink dit vir ’n seer keel.
Gorrel daarmee vir ’n seer keel.

♦♦♦

Plaas 10 g vars, gekapte salie-blare in 1 koppie kookwater en laat trek vir 5 minute.
Gorrel daarmee vir ’n seer keel.

♦♦♦

Plaas 10 g vars, gekapte wildewingerd-blare in 1 koppie kookwater en laat trek vir 5 minute.
Gorrel daarmee vir ’n seer keel.

♦♦♦

Gekookte suurvye kan gebruik word vir ’n seer keel.

♦♦♦

Om 'n beentjie of visgraat wat vassit te laat loskom moet jy met suurlemoensap gorrel.

♦♦♦
Sny ’n pynappel op met skil en al. Gooi dit in ’n kastrol saam met ’n bietjie water en laat kook tot die vrug papsag is.
Gooi die water deur ’n sif en gorrel kort-kort daarmee.

♦♦♦

Druk die sap van ’n lemoen uit, meng dit met warm water en drink vir ’n seer keel.

♦♦♦

As jou keel seer is, sny rou uie in ringe en sit in 'n flennielap en bind om die nek.

♦♦♦

As jou keel seer is, gooi 'n bietjie sout en suurlemoensap in warm water en gorrel.

♦♦♦

Teeboom-olie (tea tree oil) is ’n uitstekende behandeling vir ’n seer keel. Sodra die eerste tekens daar is begin jy deur gereeld ’n druppel olie aan jou keel te smeer en net daarna te gorrel met ’n halwe glas water en 1 druppel olie.

♦♦♦

Drink 'n warm tee van byebalsem (bergamot).

♦♦♦

Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

24.8.23

Die basiese voorbehoedmiddels vir vrouens

Daar is verskeie voorbehoedmiddels op die mark. Die basiese middels is die kombinasiepil, minipil, inspuiting en ander preparate.

Kombinasiepil
Hierdie pil is basies die veiligste. Dit bevat beide estrogeen en progestogeen. Dit werk deur ’n dik slymprop te maak by die baarmoedermond wat dit ondeurdringbaar maak vir sperma. Dit verdik ook die baarmoederwand, wat dit ongunstig maak vir inplanting. Die nadeel is dat jy dit elke dag moet neem, anders is jy onveilig. Dit raak ook onveilig tydens diarree, braking en wanneer jy antibiotika gebruik.

Minipil
Dit werk basies dieselfde as die kombinasiepil, behalwe dat dit net progesteroon bevat. Hierdie pil moet jy egter elke dag op dieselfde tyd in beslag neem, anders is dit onveilig.

Inspuiting
Gewoonlik ’n progesteroon inspuiting wat elke drie maande toegedien word. Dit word nie aanbeveel vir jong vrouens nie, tensy jy borsvoed of baie vergeetagtig is en bang is dat jy die pil sal vergeet.
Ander preparate
Die ander is die ou getroue kondoom, vaginale ringe, inplantings, plakkers ens.

Jou beste opsie bly die kombinasiepil.

10.8.23

Pampoentjies en bad

Pampoentjies is ’n infeksie wat hoofsaaklik die speekselkliere aantas en swelling en pyn veroorsaak. Wanneer dit kom by bad tydens ’n pampoentjie-infeksie, is daar geen spesifieke beperkings of riglyne wat verband hou met die bad self nie. Dit word egter oor die algemeen aanbeveel om goeie higiëne te beoefen, insluitend ’n gereelde bad, om die verspreiding van die virus na ander te voorkom.

Dit is belangrik om daarop te let dat pampoentjies hoogs aansteeklik is en hoofsaaklik versprei deur respiratoriese druppels van 'n besmette persoon. Daarom is dit van kardinale belang om die nodige voorsorgmaatreëls te tref om noue kontak met ander te vermy, veral gedurende die aansteeklike tydperk, wat tipies ongeveer 5-9 dae na die aanvang van simptome duur.



Nog inligting oor pampoentjies.