Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



24.8.23

Die basiese voorbehoedmiddels vir vrouens

Daar is verskeie voorbehoedmiddels op die mark. Die basiese middels is die kombinasiepil, minipil, inspuiting en ander preparate.

Kombinasiepil
Hierdie pil is basies die veiligste. Dit bevat beide estrogeen en progestogeen. Dit werk deur ’n dik slymprop te maak by die baarmoedermond wat dit ondeurdringbaar maak vir sperma. Dit verdik ook die baarmoederwand, wat dit ongunstig maak vir inplanting. Die nadeel is dat jy dit elke dag moet neem, anders is jy onveilig. Dit raak ook onveilig tydens diarree, braking en wanneer jy antibiotika gebruik.

Minipil
Dit werk basies dieselfde as die kombinasiepil, behalwe dat dit net progesteroon bevat. Hierdie pil moet jy egter elke dag op dieselfde tyd in beslag neem, anders is dit onveilig.

Inspuiting
Gewoonlik ’n progesteroon inspuiting wat elke drie maande toegedien word. Dit word nie aanbeveel vir jong vrouens nie, tensy jy borsvoed of baie vergeetagtig is en bang is dat jy die pil sal vergeet.
Ander preparate
Die ander is die ou getroue kondoom, vaginale ringe, inplantings, plakkers ens.

Jou beste opsie bly die kombinasiepil.

No comments :

Post a Comment