Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



30.8.23

Wat moet gebeur voordat jy op die pil of inspuiting gaan – al die stappe

Jy kan 'n fisiese ondersoek na jou algemene gesondheid verwag wanneer jy ’n voorbehoedmiddel oorweeg. Meer spesifiek behoort hulle ook te kyk vir seksueel oordraagbare infeksies of moontlike fisiese probleme. ’n Volledige PAP-smeer kan gedoen word (afhangende van jou ouderdom en seksuele geskiedenis), jou borste en pelvis kan ondersoek word en jou bloeddruk en gewig kan geneem word. Dit kan ’n hele tydjie neem en jy kan verwag om vir meer as een besoek te gaan.

Op grond hiervan en jou persoonlike geskiedenis behoort hulle vir jou inligting te gee oor die onderskeie voorbehoedmiddels wat vir jou beskikbaar is.

Sodra jy jou metode gekies het moet daar opvolgbesoeke aan die kliniek geskeduleer word om moontlike newe-effekte te moniteer.

Indien jy vantevore by die kliniek was moet jy jou kliniek- of hospitaalkaart saamneem asook enige medikasie wat jy tans gebruik of onlangs gebruik het. Indien dit jou eerste keer by die kliniek is sal jy die nodige vorms moet invul en daar sal vir jou 'n lêer oopgemaak word. Laasgenoemde kan ook ’n hele tydjie duur. Neem jou identiteitsdokument saam indien dit jou eerste keer is.

Probeer eers uitvind presies hoeveel mense die kliniek besoek per dag. Klinieke en hospitale het meer as gereeld lang toue mense wat van die dienste gebruik wil maak. Dit sal dalk nodig wees om die dag af te vat by die werk. Gaan so vroeg as moontlik.

Dit mag wees dat jou kliniek nie jou keuse van voorbehoedmiddel in voorraad het nie. Vra dan om na ’n gesondheidsinstansie verwys te word wat wel die metode aanbied. Vra ook of jy 'n verwysingsbrief sal nodig hê vir die instansie en tref die nodige reëlings om dit op ’n spesifieke tyd in ontvangs te neem.

No comments :

Post a Comment