Madelein Finn skryf :
"Ek was onlangs vir bloedtoetse, waarop hulle gese het dat my insulien vlakke heeltemal te hoog is. Soos ek verstaan is dit die teenoorgestelde van diabetes? Ek wil graag weet of daar 'n dieet is wat kan help hiermee?"
Antwoord :
'n Dieet met 'n lae glukemiese indeks wat heelwat Omega 3-poli-onversadigde vetsure bevat (sardyne, makriel, salm, omega 3-verrykte eiers, lynsaad, lynolie en canola-olie) laag in suiker behoort hiervoor te help. Die is baie belangrik dat jou koolhidrate lae-gi-koolhidrate is!
29.8.11
2.8.11
Goeie kans op swangerskap na miskrame
Vrouens wat meer as een miskraam gehad het, het ’n goeie kans om swanger te raak. Dit was ’n toevallige resultaat wat opgelewer is in ’n studie in Nederland. Die oorspronklike studie was om vas te stel of die kanse op suksesvolle swangerskap vir hierdie vroue verbeter kan word. Die navorsers probeer nog bepaal wat die oorsaak is.
25.7.11
Massering vir lae rug
’n Studie wat die maand gepubliseer is in die Annals of Internal Medicine het bevind dat masseringsterapie help vir probleme met die lae rug. Die studie verwys spesifiek na die “Swedish massage”.
Die masserings help die pasiënt om beter te funksioneer.
Die masserings help die pasiënt om beter te funksioneer.
Etikette:
Rugpyn
18.7.11
Anti-depressante en outisme
’n Nuwe studie het bevind dat die blootstelling aan anti-depressante tydens swangerskap die risiko van outisme moontlik verhoog.
Die studie is gepubliseer in die Archives of General Psychiatry.
Die studie is gepubliseer in die Archives of General Psychiatry.
11.7.11
Nek
M Strydom vra :
"Hoe lank is die gemiddelde hersteltydperk (as mens jou goed gedra!) na 'n suksesvolle laminektomie/foramenotomie tussen C6/C7?"
Die hersteltydperk is lank. Jy spandeer 'n paar dae in die hospitaal en daarna kyk jy na so ses weke en langer. Indien jy 'n korter hersteltydperk soek moet jy jou dokter vra oor nuwe alternatiewe operasies waarvan mens vinniger herstel.

4.7.11
Akupressuur
A3 skryf :
"Mens het seker drukpunte onder jou voete, wat van toepassing is op seker plekke op jou liggaam. Kan jy my daarmee help."
Antwoord :
Jy verwys na akupressuur. Akupressuur is veronderstel om te genees deur die vloei van innerlike energie te herbalanseer. Die duime en vingerpunte word gebruik om die vloei van energie (die chai) te stimuleer. Om dit behoorlik te kan doen moet jy 'n goeie kennis hê van die menslike anatomie en tradisionele Chinese geneeskunde. Dit is veral geskik vir die selfbehandeling van hoofpyn, verkoue, moegheid en hardlywigheid. Die meeste akupunte lê in natuurlike holtes van die liggaam tussen bene en spiere. Jy kan meer leer by http://www.shen-nong.com/eng/treatment/massage_practice.html

20.6.11
Sardyne vir asma
Duisende mense wat sukkel met asma staan lank tou in Indië om ‘n eienaardige behandeling te ontvang: lewendige sardyne, met kruie besmeer.
Indië: Sardyne 'genees' asma
Indië: Sardyne 'genees' asma
Etikette:
Asma
Subscribe to:
Posts
(
Atom
)