Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids

27.5.26

Kruie vir kwale: Nierstene

Drink af en toe ’n boegoetjie (boegoe op brandewyn getrek).

♦♦♦

Breek die nuwe groeipunte van die takkies van ’n renosterbos af. Jy het omtrent ’n handvol nodig. Die ander bestanddeel is jong blaartjies van ’n wilgerboom, ook ’n handvol. Laat dit trek in ’n bottel brandewyn. Neem soggens en saans 50 mℓ hiervan.

♦♦♦

Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

26.5.26

Kruie vir kwale: Insekbyt

Die blare van die varkblom kan gebruik word om die ongerief van insekbyte te verlig.

♦♦♦

Vryf die vars bokboegoe-blare op jou komberse en kussings om insekte, bv., muskiete, weg te hou in die nag.

♦♦♦

Plaas 20 g vars, gekapte wildewingerd-blare in 1 koppie kookwater en laat trek vir 5 minute.
Gebruik dit vir die behandeling van die bytplek van bosluise en ander insekte.

♦♦♦

Die jellieagtige inhoud van die medisynebossie kan op insekbyte gesmeer word.

♦♦♦

Maak ’n badmengsel deur 40 g wildeals-blare te bedek met 2 liter kookwater. Laat dit staan vir 2 uur.
Gooi deur ’n sif en botteleer.
Voeg die mengsel by jou badwater om te help met insekbyte. Jy kan die geaffekteerde plekke liggies daarmee afspons.

♦♦♦

Vryf rou, fyngekerfde wit uie aan ’n vlooibyt.

♦♦♦

Smeer suurlemoensap aan ’n perdeby- of bysteek.

♦♦♦

Gooi 1 liter kookwater oor 3 koppies blare, stele en blomme van wildedagga.
Laat dit trek en afkoel.
Gebruik dit op insekbyte.

♦♦♦

Die blaarsap van suurvye verlig ook die jeuk van muskiet-, bosluis- en spinnekopbyte vir beide mense en hul troeteldiere.

♦♦♦



Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

25.5.26

Kruie vir kwale: Allergieë

Die blaarsap van suurvye kan gebruik word as 'n strelende velmiddel vir uitwendige allergieë.

♦♦♦

Die gereelde gebruik van rooibostee kan verligting bied vir allergieë.

♦♦♦

Smeer die sap van 'n aalwynblaar aan jou vel vir bietjie verligting.

♦♦♦

Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

21.5.26

Waterblaas / Blaar / Blase

Blase is die natuur se manier om beskadigde dele van die vel te beskerm. Hulle ontstaan weens brand en / of wrywing.

Die vloeistof in 'n blaas is steriel en kom van die onderliggende bloedvate. Dit beskerm die beskadigde vel teen infeksie.

Dit is belangrik om nie 'n blaas oop te steek nie, maar op 'n natuurlike manier te laat genees.

Boereraat:

As jy 'n blaas het op jou hak, klits die wit van 'n eier en smeer dit op die hak.



(foto Johannes Hemmerlein)

20.5.26

Kruie vir kwale: Tuberkulose

Die bol van wildeknoffel word gebruik om pulmonêre tuberkulose te behandel. Dit is nie nuus nie aangesien die gebruik van die tipe plante vir pulmonêre behandeling regoor die wêreld voorkom (Mohagheghzadeh et al., 2006).
Pulmonêre TB affekteer die longe en keel, terwyl ekstrapulmonêre TB ander dele van die liggaam affekteer, soos die brein, bene of limfknope. Ekstrapulmonêre TB is gewoonlik nie aansteeklik nie.
In Suid-Afrika word die plant lank reeds gebruik vir longsiektes deur die Sothos, Zoeloes, Xhosas en San.
Die bolle word gekook en die stoom word deur die pasiënt ingeasem. Die bolle kan ook verpoeier word en dan as ’n snuif gebruik word.

Mohagheghzadeh A., Faridi P., Shams-Ardakani M., Ghasemi Y. Medicinal smokes. J. Ethnopharmacol. 2006;108(2):161–184.
♦♦♦

Gooi ’n koppie kookwater oor ’n paar gedroogde takkies heuningtee en laat dit trek vir 20 minute. Drink dit ten minste 4 keer per dag vir tuberkulose.

♦♦♦

Gekookte suurvye kan gebruik word vir die behandeling van tuberkulose.
'n Mengsel van die blaarsap van suurvye, heuning en olyfolie in water is 'n ou middel vir TB.

♦♦♦

Neem 2 tot 4 kankerbossie blare en week dit 3 minute in ’n koppie kookwater. Heelwat Suid-Afrikaners gebruik dit steeds vir tuberkulose.

♦♦♦

Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

19.5.26

Kruie vir Kwale: Boererate vir stres

Duiwelsdrek kan geneem word om die senuwees te kalmeer.

♦♦♦

Maak tee met gedroogde wilde-jasmyn blomme, met suurlemoensap en heuning.
Drink dit vir stres.

♦♦♦

Gooi ’n koppie kookwater oor ’n kwart koppie vars sewejaartjie-blare. Laat dit trek vir 5 minute.
Gooi deur ’n siffie en drink vir pyne wat gepaard gaan met stres.
Gooi deur ’n sif en drink vir stres.

♦♦♦

Voeg ’n kwart koppie kattekruid-blare by ’n koppie kookwater en laat trek vir 5 minute.
Gooi deur ’n sif en drink vir stres.

♦♦♦

Die gereelde gebruik van rooibostee kan verligting bied vir stres.

♦♦♦

’n Paar blare wilde roosmaryn, kankerbossie, laventel en boegoe saamgetrek as tee vir 5 minute. Dit help vir hoë bloeddruk, stres en moegheid.

♦♦♦

’n Tee gemaak van kattekruid help vir stres.

♦♦♦

As jy sukkel met stres. Smeer die sap van 'n aalwynblaar aan jou lyf vir bietjie verligting.

Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

18.5.26

Bedsere

Bedsere is beskadigde vel en die onderliggende weefsel as gevolg van langdurige druk op die plek. Dit is veral geneig om voor te kom waar die vel oor been span, soos byvoorbeeld die enkels, hakke en heupe. Sien die foto vir die algemene plekke op die liggaam.

Boereraat:

Gooi bietjie brandewyn op kweperpitte en laat 'n rukkie staan tot dit 'n jellie vorm. Smeer die jellie aan die sere.

♦♦♦

Klits die wit van 1 eier en gooi bietjie brandewyn by. Smeer aan die plekke.

♦♦♦

Laat die persoon op 'n gelooide vel lê.

♦♦♦

Neem Prep en 1 botteltjie Turlington. Meng goed en smeer aan die seerplekke.

♦♦♦

Smeer heuning aan sere.