Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids

11.11.24

’n Boom wat ons gesond hou

Die kiepersolboom word al vir eeue in tradisionele medisyne in Suidelike Afrika gebruik. Heelwat van hierdie behandelings is reeds deur wetenskaplike navorsing bevestig.

’n Aftreksel van die bas word gebruik vir die behandeling van malaria en slegte spysvertering.

’n Aftreksel van die boomwortels word gebruik vir die behandeling van koors, seksueel oordraagbare siektes en vir ’n lakseermiddel.

Aftreksel van ’n kombinasie van bas, blare, wortels en takkies word ook gebruik vir ’n verskeidenheid gesondheidsprobleme. Daar is verskeie kwale waarvoor dit gebruik kan word wat nie hier gelys is nie.

Daar is ook bewyse dat dit dalk varkgriep kan behandel. Daar is egter nog meer navorsing hieroor nodig. Een voorstel is dat jy ’n aftreksel maak deur die plant se wortels en blare 3 tot 5 dae lank in alkohol of water te week en dan te filtreer. Jy moet omtrent ’n kg plantmateriaal gebruik vir 5 liter water.

Om aftreksel te gebruik, vul 'n druppelaar of klein spuit met die vloeistof en drup dit in die mond, net onder die tong. Hou die tinktuur vir 'n paar sekondes in die mond voordat jy dit sluk. Spoel die mond dan deeglik uit met water om van die bitter smaak ontslae te raak. Die presiese dosis wat 'n persoon moet neem, hang af van hul ouderdom, maar dit is die beste om nie meer as 2 klein vol druppelaars te neem nie. Moenie tinkture aan kinders gee nie.

Let wel dat die plant ’n bedreigde spesie is en jy moet asseblief nie plantmateriaal koop as jy nie seker van die oorsprong is nie.

(Cock IE, Van Vuuren, SF. The traditional use of southern African medicinal plants in the treatment of viral respiratory diseases: A review of the ethnobotany and scientific evaluations. J Ethnopharmacol. 2020 Jul 27;262:113194.)

(Maroyi, A. Cussonia Spicata Thunb. In Tropical Africa, Phytochemistry, Pharmacology, and Medicinal Potential. Asian Journal of Pharmaceutical and Clinical Research. 2019 Jul 10.)

7.11.24

Kruie vir kwale: Koronavirus

Die kalwerbossie kan suksesvol gebruik word vir die behandeling van die koronavirus-stam. Dit het potensiaal om Covid-19 suksesvol te behandel.

’n Aftreksel word gemaak deur die plant se wortels 3 tot 5 dae lank in alkohol of water te week en dan te filtreer.

Om aftreksel te gebruik, vul 'n druppelaar of klein spuit met die vloeistof en drup dit in die mond, net onder die tong. Hou die tinktuur vir 'n paar sekondes in die mond voordat jy dit sluk. Spoel die mond dan deeglik uit met water om van die bitter smaak ontslae te raak. Die presiese dosis wat 'n persoon moet neem, hang af van hul ouderdom, maar dit is die beste om nie meer as 2 klein vol druppelaars te neem nie. Moenie tinkture aan kinders gee nie.

(Michaelis M., Doerr H.W., Cinatl J. Investigation of the influence of EPs 7630, a herbal drug preparation from Pelargonium sidoides, on replication of a broad panel of respiratory viruses. Phytomedicine. 2011;18:384)



(foto Helena Lopes)

4.11.24

Bosluiskoors

Bosluiskoors is 'n siekte wat deur bosluise oorgedra word. Die natuurlike gashere van die siekte is klein soogdiere soos hase en jakkalse.

Die siekte kom oral voor waar bosluise voorkom.

Simptome en tekens
Sewe dae nadat die persoon deur ’n bosluis gebyt is begin die simptome van hoofpyn en soms ook ’n rooi uitslag. Daar is gewoonlik ’n tipiese bytwond sigbaar, ’n opgehewe, pynlike rooi area op die vel met ’n swart kol in die middel. Bosluiskoors is selde dodelik.

Persone wat gereeld aan die siekte blootgestel word ontwikkel dikwels ’n immuniteit daarteen.

31.10.24

Dehidrasie / Ontwatering

´n Gebrek aan vloeistof gaan dikwels gepaard met ´n gebrek aan soute, byvoorbeeld by diarree, vomering, hewige sweet en verlies aan vog weens oppervlakwonde.

Water is die goedkoopste medikasie vir die toestand. Onthou net dat jou liggaam suiwer water nodig het.

As vogverlies voorkom na siekte kan dit met elektroliete aangevul word.

29.10.24

Kruie vir kwale: Boererate vir Slapeloosheid / Slaaploosheid

Voeg ’n kwart koppie kattekruid-blare by ’n koppie kookwater en laat trek vir 5 minute.
Gooi deur ’n sif en drink vir slaaploosheid.

♦♦♦

Koljanderblare help met slapeloosheid by sommige mense.

♦♦♦

Die gereelde gebruik van rooibostee kan verligting bied vir slaaploosheid.

♦♦♦

’n Tee gemaak van kattekruid help vir slaaploosheid.

♦♦♦

Drink kruisementtee voor jy gaan slaap, of gooi ’n paar druppels kruisementolie of vars kruisement in jou badwater.

♦♦♦

Drink ’n koppie kamille-tee (chamomile / chamomile) net voor jy gaan slaap.

♦♦♦

Drup ’n paar druppels laventelolie op jou kussing.

♦♦♦

Maak vir jou tee met vinkel vir slapeloosheid.


Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

28.10.24

Die kalwerbossie is 'n ster in die medisynekassie

Daar is wetenskaplike studies wat bevestig het dat die tradisionele gebruik van die kalwerbossie, 'n tipe malva, geregverdig is. Dit kan suksesvol gebruik word vir die behandeling van varkgriep, sekere griepvirusse en die koronavirus-stam. Dit het potensiaal om Covid-19 suksesvol te behandel.

’n Aftreksel word gemaak deur die plant se wortels 3 tot 5 dae lank in alkohol of water te week en dan te filtreer.

Om aftreksel te gebruik, vul 'n druppelaar of klein spuit met die vloeistof en drup dit in die mond, net onder die tong. Hou die tinktuur vir 'n paar sekondes in die mond voordat jy dit sluk. Spoel die mond dan deeglik uit met water om van die bitter smaak ontslae te raak. Die presiese dosis wat 'n persoon moet neem, hang af van hul ouderdom, maar dit is die beste om nie meer as 2 klein vol druppelaars te neem nie. Moenie tinkture aan kinders gee nie.

(Michaelis M., Doerr H.W., Cinatl J. Investigation of the influence of EPs 7630, a herbal drug preparation from Pelargonium sidoides, on replication of a broad panel of respiratory viruses. Phytomedicine. 2011;18:384)

24.10.24

Eelte

Elle skryf:
"Ek het onder my linkervoet 'n eelt ontwikkel, net onder my tone in die middel van my voet. Na 'n dag se loop is dit nogal pynlik. Wat kan ek doen om die eelt te verwyder?"

Antwoord:

'n Eelt is 'n dik, harde plek aan die vel wat ontwikkel om beskerming te bied teen besering. Die ontwikkel normaalweg weens aanhoudende druk of wrywing op 'n plek. Meeste eelte kom op die voete voor.

Vra by die apteek vir spesiale pleisters vir eelte of jy kan dit laat wegsny deur 'n chiropodis. Jy moet egter sorg dat jy ook die oorsaak van die eelt aanspreek.

(foto Andrew Bossi)