Verskeie mense sukkel met ore wat opswel weens die koue. Wintersore kan pynlik wees en ook jeuk.
Behandeling
Thrombophob antiinflammatoriese salf word deur sommige dokters aanbeveel vir die probleem. Sommige mense sweer by ’n baie goedkoper opsie, Mum se reukweerder room.
Wintersore kan ook behandel word met ’n voorskrif antibiotika.
(foto: Liza Summer)
22.7.24
15.7.24
Maagseer (peptiese ulkus)
'n Maagseer (peptiese ulkus) is 'n rou seertjie wat in die voering van die maagwand of die boonste deel van die dunderm voorkom. 'n Maagpyn en 'n brandsensasie is gewoonlik 'n aanduiding van 'n maagseer. Braking kan voorkom, veral in die aand.
Maagsure wat deur die beskermde slymvlies van die maag vreet veroorsaak die pyn en medikasie wat die afskeiding van die maagsuur blokkeer bring gewoonlik net tydelike verligting aangesien die maagseer weer terugkeer.
Navorsing toon dat dit die Helicobacter pylori bakterie is wat die maagwand irriteer en uiteindelik so verswak dat 'n maagseer ontstaan. Die bakterie veroorsaak 90% van alle maagsere. Die ander 10% word veroorsaak deur anti-inflammatoriese middels soos aspirien.
'n Kursus van antibiotiese middels behoort normaalweg die maagseer te genees.
Indien bakterieë die maagseer veroorsaak het moet hy kos vermy wat ryk is aan yster. Dit help bakterieë om voort te plant. Knoffel, Sint Janskruid, avokado en vinkel bevat almal antibakteriële middels. Die kruid Echinacea is 'n algemene antibiotiese middel en molslaai het ook antibiotiese eienskappe.

10.7.24
Krampe (Spiere)
Jy kry ´n kramp as jou spiere skielik saamtrek en die pyn kan ´n paar minute duur. Swem in baie koue water, swak bloedsirkulasie na die spier, sout- en ander mineraaltekorte en wanbalanse is ook algemene oorsake. Krampe kom gewoonlik in die bene, voete en hande voor.
Suurstoftekort, rookgewoontes, passiwiteit, artritis, dehidrasie, hitte-aanvalle en verkalkte are kan ook faktore wees. Kinders ondervind dikwels spier- en beenpyn wat as groeipyne bekend staan. Chroniese spierkrampe dui dikwels op ´n tekort aan magnesium.
Trek die betrokke ledemaat reguit deur dit op- of afwaarts te buig. Masseer die aangetaste dele asook die hele omliggende deel. Vir tekorte probeer aanvullings van kalsium, magnesium, kalium, yster, Vitamiene B, C en D en seewiertablette. Vitamien E is goed vir krampe wat na oefening of in die aand voorkom en is baie doeltreffend vir die verbetering van die bloedsomloop, veral in die geval van verkalkte are.
Spreek jou dokter indien jy bedags krampe kry terwyl jy aktief is.
Boereraat:
Vir stywe spiere smeer jy soggens en saans klapperolie aan en doen dan baie ligte oefening met daardie spiere.
♦♦♦
Vir stywe spiere: gooi ’n halwe koppie appelasyn in badwater.
♦♦♦
’n Magnesium aanvulling kan help om krampe te verhoed.
♦♦♦
Vir krampe of spierpyne, week koolblare in warm water en sit 2 keer per dag op aangetaste deel.
♦♦♦
Week ’n lap in koue water en sit op jou maag. Dit sal verligting bring.
♦♦♦
Drink ’n eetlepel soetolie saam met ’n sterk koppie koffie.
♦♦♦
Meng 1 eetlepel asyn en 1 eetlepel soetolie en drink.
♦♦♦
Drink ’n bietjie sterk suikerwater.
Medisinale gebruike van kruie
Kruiegids

9.7.24
Aandagtekort-hiperaktiwiteitsversteuring / ATHV
Aandagtekort-hiperaktiwiteitsversteuring (ATHV) kom normaalweg by kinder voor vanaf die ouderdom van ag jaar tot middel-adolessensie. Dit kom tot nege keer meer voor by seuns as meisies.
Simptome van ATHV, wat ten minste ses maande moet duur, sluit in:
vroetel met hande of voete wanneer hy / sy moet stilsit
aandag word maklik afgetrek
vind dit moeilik om 'n opdrag uit te voer
vind dit moeilik om beurt af te wag in groepsaktiwiteite
wil 'n vraag beantwoord voor dit voltooi is
behou moeilik aandag tydens groepsaktiwiteite
beweeg gou van een onvoltooide taak na 'n ander
speel moeilik stil
praat oormatig
onderbreek ander se aktiwiteite
kom voor asof die kind nie luister na volwassenes nie
verloor maklik dinge wat nodig is om take mee uit te voer
doen soms gevaarlike dinge
Gedragsterapie en remediërende onderwys word as die beste behandeling beskou.
Boereraat:
Vanielje / Vanilla het 'n kalmerende effek. Drup 3 - 5 druppels in jou kind se melk, vrugtesap of water 2 of 3 keer per dag.
Medisinale gebruike van kruie
Kruiegids
(foto: Tara Winstead)

Etikette:
ATHV
8.7.24
Kruie vir kwale: Koliek
Die Zoeloes gebruik al lank reeds watersalie vir koliek. Die resep is twee blare in ’n koppie kookwater getrek vir 5 minute. Gooi deur ’n siffie en drink.
♦♦♦
Medisinale gebruike van kruie
Kruiegids
(foto: William Fortunato)
♦♦♦
Medisinale gebruike van kruie
Kruiegids
(foto: William Fortunato)
Etikette:
Koliek
3.7.24
Kroniese Moegheid Sindroom / Jappiegriep
Jappiegriep, Kroniese Moegheid Sindroom (KMS) is 'n siekte wat vir lank nie erken is nie. Dit word egter na al die jare erken as 'n kroniese siekte.
Die siekte kan skielik begin, of die lyer stadig bekruip oor 'n tydperk van 'n paar jaar. Dit volg gewoonlik op 'n virusinfeksie bv. griep. Nie alle gevalle van KMS is kronies nie. Daar is egter nie sekerheid of lyers wel genees word en of die simptome net ligter word sodat hulle beter kan funksioneer nie.
Tekens en simptome: Moegheid: kronies of wisselend
Uitputting
Slaapsteurnisse
Depressie
Spierpyne
Gewrigspyne
Hoofpyn
Totale uitputting na oefening
Verswakte konsentrasie
Vergeetagtigheid
Diagnose: Dit is baie moeilik om KMS te diagnoseer. Daar is geen spesifieke toetse wat gebruik kan word om die diagnose te kan maak nie. Wanneer al die ander moontlikhede uitgeskakel is, sal die dokter KMS diagnoseer.
Baie meer vroue as mans ly aan KMS.
Moontlike oorsake: Stres
Virusse
Toksiese stowwe
Oor- of onderaktiewe immuunsisteem
Hormoonprobleme
Probleme met die funksionering van die outonome senuweestelsel wat onder andere die bloeddruk en metabolisme beheer.
Swak voedingstatus, veral 'n streng vegetariese dieet.
Depressie
Tandbederf
Behandeling: Antibiotika
Antifungale behandeling
Multivitamienes wat die immuunsisteem 'n hupstoot gee
Hormone
Antidepressante
Slaapmiddels
Pynmedikasie
Klimaat: sommige lyers vind dat 'n warmer klimaat die simptome verlig
Mondhigiëne
Oefening: veral die wat spiere sterker maak
Sielkundige berading: Dit beteken NIE dat KMS 'n sielkundige siekte is nie!
Meditasie
Daar is in vandag se verligte eeu geen rede waarom KMS lyers nie normale lewens kan lei nie. Bekende KMS lyers:
Brian Aldiss: Skrywer
Die Hertogin Van Kent
Blake Edwards: Skrywer en regisseur van o.a. The Pink Panther, Breakfast At Tiffany's
Kelly Holmes: atleet
bydrae: Barbara Pelser
(foto: Cotton Bro Studio)

2.7.24
Koliek
Die term koliek word gebruik om gevalle te beskryf waar babas lank aaneen luidkeels en onophoudelik huil. Daar word algemeen aanvaar dat koliek babas maagpyn en -ongemak verduur, maar die oorsaak kan nie bepaal word nie. Normaalweg klaar hierdie toestand op sodra die baba 3 tot 4 maande oud is.
Probeer baba op sy/haar gemak stel sonder om die roetine te versteur. Draai haar snoesig toe, hanteer haar sagkens en sus vertroostend. Probeer skerp lig en lawaai vermy. Konstante vibrasies het ook ´n kalmerende uitwerking.
Indien dit nie na 6 maande opklaar nie, indien die baba aan diarree of braking ly, indien bloed in die stoelgang voorkom of indien die baba bleek en pap raak moet jy onmiddellik jou dokter kontak.
(foto: Greta Hoffman)

Subscribe to:
Posts
(
Atom
)