Die lewer is jou liggaam se chemiese fabriek. 'n Ongesonde lewenstyl vernietig jou fabriek se selle. Driekwart van hierdie selle kan vernietig word voor jou lewer ophou funksioneer. Ongelukkig is ons selde bewus van enige skade voor dit te laat is.
So hoe hou ek my lewer gesond? Volg net hierdie maklike stappe:

Drink baie water.
Eet baie groente en vrugte. Jou lewer is versot op antioksidante uit die bronne. Ruil ook jou normale kookolie in vir ekstra suiwer olyfolie wat ryk is aan vitamien E en ander antioksidante.
Eet eiers, knoffel en uie. Dit help met lewerfunksie.
Jou dieet moet 'n lae glukemiese lading hê. Vermy suiker en verfynde koolhidrate.
Verloor gewig indien jy oorgewig is.
Dit is 'n goeie idee om nou bietjie meer as normaal by bogenoemde eetgewoontes te hou. Dit sal jou lewer help om te herstel na die vakansie.
Wil graag weet wat veroorsaak 'n vergrote lewer en wat kan daar gedoen word om dit te verbeter. My lewer is vergroot en die dokter se dit is agv pynpille wat ek drink aangesien ek in 2005 vyf verskillende operasies gehad het en in 2009 het ek vir 2mnde met 'n vrot wond geloop daar is ook toetse gedoen wat wys daar is nie vergroeisels in die lewer nie.
ReplyDeleteGoeienaand,
ReplyDeleteEk wil graag meer inligting he.
My Ma is 65 jaar oud (word in Aug 66), sy het gehoor dat haar milt en lewer vergroot is en dat dit blyk dat daar vet in haar lewer inloop.
Wat kan die oorsaak wees en watse mediese toestande kan sulke simptome he?
Ek waardeer u antwoord baie.
BAIE dankie,
Wat kan 'n persoon eet en drink wanneer hy hepatitis A het? Is dit aansteeklik en kan mens in aanraking met ander mense kom.
ReplyDeleteHepatitis is 'n hoogs aansteeklike lewerinfeksie, in die geval van hepatitis A word dit veroorsaak deur die hepatitis A-virus. Dit veroorsaak dat jou lewer nie heeltemal reg funksioneer nie.
ReplyDeleteVermy kontak met persone wat die infeksie het, hoewel meeste nooit enige simptome sal toon nie. Ander mag wel voel asof hulle griep het.
Dit versprei deur die besmetting van kos, water en ontlasting. Sorg dus dat jou vlak van persoonlike higiëne baie hoog is.
Vir hepatitis A moet jy gesond eet en sterk drank vermy. Jy sal waarskynlik vind dat jy sop en jogurt die maklikste inkry.
Goeie More
ReplyDeleteEk wil asseblief weet wat my ma kan eet sy het na 'n lang siekbed met twee beroertes en drie bloetklonte deur die long 'n baie siek lewer gekry met twee siste in nie lewer. Sy kan glad nie eet nie is baie siek die kos kom uit aanmekaar sy hou niks in nie. Kan iemand my help met wat sy kan eet of kan doen om die lewer te herstel.
Elsie Wepener
elsie.weppener@medicross.co.za
More ek het lewer infeksie wat Kan ek gebruik of drink
DeleteLees die stappe wat in die artikel hier bo gegee word. Dit sal beslis help.
DeleteJy kan die plant Eclipta Alba gebruik. Kyk daarvoor by gesondheidswinkels en apteke. Gebruik dit vir so 'n maand en kyk of dit 'n verskil maak.
Gebruik ook borrie gereeld. Drink dit sommer daagliks saam met melk of koeldrank.
Ek wil asseblief weet wat kan ek eet en drink, my lewer het 2 groot siste op, en dit laat my ongemaklik voel as ek verkeerd eet of drink, wat kan ek gebruik om die siste te verwyder en weer 'n normale lewer te he.
ReplyDeletegRAAG WIL EK WEET OF DIT GEVAARLIK KAN WEES VIR MY DOGTER WAT N DIABEET IS. SY HET N VERGROTE MILT EN LEWER WAT BETEKEN DIT VIR HAAR AS DIABEET.
ReplyDeleteGoeie dag.
ReplyDeleteWat moet mens alles vermy wat nadelig vir jou lewer is?
Dankie
Ek wil net weet ek ht infeksie in my lewer wat Kan ek eet of drink asb
DeleteHi ek ht lewer infeksie wat Kan ek gebruik
DeleteLees die stappe wat in die artikel hier bo gegee word. Dit sal beslis help met herstel.
DeleteHi ek wil net weet is galpille gesond vi lewer infeksie
DeleteDit kan wel help met sekere lewerprobleme.
DeleteHello. Ek is gediagnoseer met Leukemia en my milt en lewer is aangetas. Volgens Drs is my milt en lewer erg vergroot. Hulle praat van massas. Dit lyk of ek 9 maande swanger is.Ek is n vrou van 64 en wil net weet of dit behandel kan word. Ek sien Dr eers weer in Maart. Ek is baie bekommerd. Het ook biopsie gedoen aangesien hulle Leukemia Cutis vermoed. Is daar iets wat ek solank kan doen? Miskien 'n spesiale dieët? Enigiets wat jy kan voorstel asb en dankie.
ReplyDeletekan n mens n beskadigde lewer weer herstel?
ReplyDeleteJa, onder sekere omstandighede is dit. Die lewer kan ook soms self herstel.
DeleteLees die stappe wat in die artikel hier bo gegee word. Dit sal beslis help met herstel.
DeleteWil ook graag weet wat kan ek doen vir lewer verkalking
ReplyDeleteLewerverkalking is op sigself nie 'n siekte nie. Dit is 'n gevolg van 'n ander onderliggende probleem. Die letsels op die lewer self kan soms verwyder word, maar 'n dokter moet hieroor besluit. Indien jy weet wat die verkalking veroorsaak, moet jy fokus om daardie siekte/probleem te oorwin.
DeleteHi ek het lewer infeksie wat Kan ek gebruik of drink
ReplyDeleteLees die stappe wat in die artikel hier bo gegee word. Dit sal beslis help.
Delete