Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



9.5.23

Lewer

Dit was 'n lang vakansie, vra maar jou lewer. Meeste van ons besef nie die belangrikheid van hierdie orgaan nie. Wanneer ons uitvind daar is iets fout is dit gewoonlik te laat en die skade is onherstelbaar. Deur na jou lewer te kyk kan die verskil tussen lewe en dood beteken.

Die lewer is jou liggaam se chemiese fabriek. 'n Ongesonde lewenstyl vernietig jou fabriek se selle. Driekwart van hierdie selle kan vernietig word voor jou lewer ophou funksioneer. Ongelukkig is ons selde bewus van enige skade voor dit te laat is.

So hoe hou ek my lewer gesond? Volg net hierdie maklike stappe:

Hou matigheid voor oë! Vir 'n gesonde lewer behoort jy nie meer as een glas wyn (125 ml vir vroue, 250 ml vir mans) per dag te drink nie.

Drink baie water.

Eet baie groente en vrugte. Jou lewer is versot op antioksidante uit die bronne. Ruil ook jou normale kookolie in vir ekstra suiwer olyfolie wat ryk is aan vitamien E en ander antioksidante.

Eet eiers, knoffel en uie. Dit help met lewerfunksie.

Jou dieet moet 'n lae glukemiese lading hê. Vermy suiker en verfynde koolhidrate.

Verloor gewig indien jy oorgewig is.

Dit is 'n goeie idee om nou bietjie meer as normaal by bogenoemde eetgewoontes te hou. Dit sal jou lewer help om te herstel na die vakansie.

23 comments :

  1. Wil graag weet wat veroorsaak 'n vergrote lewer en wat kan daar gedoen word om dit te verbeter. My lewer is vergroot en die dokter se dit is agv pynpille wat ek drink aangesien ek in 2005 vyf verskillende operasies gehad het en in 2009 het ek vir 2mnde met 'n vrot wond geloop daar is ook toetse gedoen wat wys daar is nie vergroeisels in die lewer nie.

    ReplyDelete
  2. Elbie Swanepoel19/5/11 11:09

    Goeienaand,

    Ek wil graag meer inligting he.

    My Ma is 65 jaar oud (word in Aug 66), sy het gehoor dat haar milt en lewer vergroot is en dat dit blyk dat daar vet in haar lewer inloop.

    Wat kan die oorsaak wees en watse mediese toestande kan sulke simptome he?

    Ek waardeer u antwoord baie.

    BAIE dankie,

    ReplyDelete
  3. Wat kan 'n persoon eet en drink wanneer hy hepatitis A het? Is dit aansteeklik en kan mens in aanraking met ander mense kom.

    ReplyDelete
  4. Anonymous16/4/12 09:14

    Hepatitis is 'n hoogs aansteeklike lewerinfeksie, in die geval van hepatitis A word dit veroorsaak deur die hepatitis A-virus. Dit veroorsaak dat jou lewer nie heeltemal reg funksioneer nie.

    Vermy kontak met persone wat die infeksie het, hoewel meeste nooit enige simptome sal toon nie. Ander mag wel voel asof hulle griep het.

    Dit versprei deur die besmetting van kos, water en ontlasting. Sorg dus dat jou vlak van persoonlike higiëne baie hoog is.

    Vir hepatitis A moet jy gesond eet en sterk drank vermy. Jy sal waarskynlik vind dat jy sop en jogurt die maklikste inkry.

    ReplyDelete
  5. Goeie More

    Ek wil asseblief weet wat my ma kan eet sy het na 'n lang siekbed met twee beroertes en drie bloetklonte deur die long 'n baie siek lewer gekry met twee siste in nie lewer. Sy kan glad nie eet nie is baie siek die kos kom uit aanmekaar sy hou niks in nie. Kan iemand my help met wat sy kan eet of kan doen om die lewer te herstel.

    Elsie Wepener
    elsie.weppener@medicross.co.za

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous13/1/23 08:17

      More ek het lewer infeksie wat Kan ek gebruik of drink

      Delete
    2. Anonymous13/1/23 08:38

      Lees die stappe wat in die artikel hier bo gegee word. Dit sal beslis help.

      Jy kan die plant Eclipta Alba gebruik. Kyk daarvoor by gesondheidswinkels en apteke. Gebruik dit vir so 'n maand en kyk of dit 'n verskil maak.
      Gebruik ook borrie gereeld. Drink dit sommer daagliks saam met melk of koeldrank.

      Delete
  6. Anonymous7/4/17 23:10

    Ek wil asseblief weet wat kan ek eet en drink, my lewer het 2 groot siste op, en dit laat my ongemaklik voel as ek verkeerd eet of drink, wat kan ek gebruik om die siste te verwyder en weer 'n normale lewer te he.

    ReplyDelete
  7. gRAAG WIL EK WEET OF DIT GEVAARLIK KAN WEES VIR MY DOGTER WAT N DIABEET IS. SY HET N VERGROTE MILT EN LEWER WAT BETEKEN DIT VIR HAAR AS DIABEET.

    ReplyDelete
  8. Goeie dag.
    Wat moet mens alles vermy wat nadelig vir jou lewer is?
    Dankie

    ReplyDelete
    Replies
    1. Ek wil net weet ek ht infeksie in my lewer wat Kan ek eet of drink asb

      Delete
    2. Hi ek ht lewer infeksie wat Kan ek gebruik

      Delete
    3. Lees die stappe wat in die artikel hier bo gegee word. Dit sal beslis help met herstel.

      Delete
    4. Anonymous15/1/23 09:34

      Hi ek wil net weet is galpille gesond vi lewer infeksie

      Delete
    5. Anonymous16/1/23 07:43

      Dit kan wel help met sekere lewerprobleme.

      Delete
  9. Hello. Ek is gediagnoseer met Leukemia en my milt en lewer is aangetas. Volgens Drs is my milt en lewer erg vergroot. Hulle praat van massas. Dit lyk of ek 9 maande swanger is.Ek is n vrou van 64 en wil net weet of dit behandel kan word. Ek sien Dr eers weer in Maart. Ek is baie bekommerd. Het ook biopsie gedoen aangesien hulle Leukemia Cutis vermoed. Is daar iets wat ek solank kan doen? Miskien 'n spesiale dieët? Enigiets wat jy kan voorstel asb en dankie.

    ReplyDelete
  10. Anonymous7/2/22 07:21

    kan n mens n beskadigde lewer weer herstel?

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous6/4/22 08:46

      Ja, onder sekere omstandighede is dit. Die lewer kan ook soms self herstel.

      Delete
    2. Lees die stappe wat in die artikel hier bo gegee word. Dit sal beslis help met herstel.

      Delete
  11. Wil ook graag weet wat kan ek doen vir lewer verkalking

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous6/4/22 08:51

      Lewerverkalking is op sigself nie 'n siekte nie. Dit is 'n gevolg van 'n ander onderliggende probleem. Die letsels op die lewer self kan soms verwyder word, maar 'n dokter moet hieroor besluit. Indien jy weet wat die verkalking veroorsaak, moet jy fokus om daardie siekte/probleem te oorwin.

      Delete
  12. Anonymous9/12/22 08:55

    Hi ek het lewer infeksie wat Kan ek gebruik of drink

    ReplyDelete
    Replies
    1. Lees die stappe wat in die artikel hier bo gegee word. Dit sal beslis help.

      Delete