Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids

21.6.17

Hepatitis / Lewerinfeksie

Hepatitis is 'n algemene, hoogs aansteeklike lewerinfeksie - meeste van die tyd het die pasiënt hepatitis C onder lede. Daar is verskeie tipes hepatitis wat op verskillende wyses oorgedra word.

Hepatitis A word oorgedra wanneer jy water of kos inneem wat met bakterieë besmet is. Die simptome kan behandel word en die lewer herstel gewoonlik vanself.

Hepatitis B en C word deur die bloed en liggaamsvloeistowwe oorgedra. Beide tipes is aansteeklik en moet deur ’n dokter behandel word, aangesien dit lewerkanker, lewerversaking of sirrose kan veroorsaak. Jy kan voorkom dat jy hierdie twee tipes hepatitis opdoen deur nie tandeborsels, skeermesse en naalde met ander mense te deel nie. Beoefen ook veilige seks en vermy veelvuldige seksmaats.

Sommige lyers toon geen simptome nie, terwyl ander geelsug ontwikkel, braak, ’n swak eetlus het, baie moeg is, maagseer of diarree het.

14.6.17

Skedelfrakture

Skedelfrakture kan tot skade aan die brein lei. Sulke beserings moet as baie ernstig beskou word.

Simptome en tekens
• Ooglopende beserings aan die kop
• Bloed of helder serebrospinale vloeistof wat uit die neus of oorvloei
• Een van die oë kan bloedbelope of later blou wees
• Pupille kan verskillende groottes wees
• Kort of gedeeltelike verlies van bewussyn

Kry die persoon sodra moontlik by ’n hospitaal.

8.6.17

Voedselallergieë

Ware voedselallergieë is eintlik baie skaars en word meesal geassosieer met neute of skulpvis.

As diegene wat sensitief is vir sekere voedsel daarmee in aanraking kom, kan dit anafilakse tot gevolg hê, of selfs die dood.

Adrenalien word gewoonlik gebruik vir behandeling en die lyer word gewoonlik opgelei daarom self toe te dien.

Minder ernstige voedselallergieë manifesteer gewoonlik as asma, migraine, diarree, naarheid of ’n velaandoening.

Dit spreek vanself dat die lyer sekere voedselsoorte moet vermy. Diagnose kan gewoonlik gedoen word deur ’n velprik-toets.

31.5.17

Allergiese reaksie op medikasie

Goed opgeleide verpleërs en ander mediese personeel sal normaalweg goeie voorsorg tref teen ’n moontlike allergiese reaksie op medikasie. Hoewel baie raar, kan allergiese reaksies kan egter steeds plaasvind, byvoorbeeld as gevolg van ’n oordosis of by ’n pasiënt wie se mediese geskiedenis nie bekend is nie.

Medikasie wat gewoonlik betrokke is in ’n teenreaksie is antibiotika, verdowingsmiddels, insulien en penisillien.

23.5.17

Tweede penis-oorplanting in Suid-Afrika uitgevoer

’n Man (40) wat 17 jaar gelede sy penis verloor het, het onlangs die tweede man in Suid-Afrika geword wat ’n penisoorplanting ondergaan.

Die skenkerpenis was dié van ’n wit man (29) wat oorgeplant is op die swart man. Om die kleurverskil te oorkom sal mediese tatoeëring – wat oor ses of agt maande uitgevoer word – daarop gedoen word.

Die man wat die penis ontvang het, het byna sy eie lewe geneem weens die trauma toe hy sy penis verloor het weens ‘n tradisionele besnydenis wat skeefgeloop het, het dr. André van der Merwe, hoof van die Universiteit Stellenbosch (US) se urologie-eenheid, wat die oorplanting, asook die vorige een gelei het, Maandag op ’n nuuskonferensie gesê.



22.5.17

Die algemene behandeling van frakture

Ongevalle moet glad nie beweeg word, tensy dit absoluut nodig is. Indien die persoon verskuif moet word, doen dit baie versigtig. Maak die persoon so gemaklik moontlik.

1. Ernstige bloeding, moeilike asemhaling en bewusteloosheid moet altyd eerste behandel word.
2. Behandel altyd ’n fraktuur in die posisie wat die persoon gevind is.
3. Hou die beseerde liggaamsdeel stil en ondersteun dit met die hand.
4. Indien die persoon gou by ’n hospitaal moet kom, ondersteun die beseerde deel versigtig en ondersteun die persoon tydens die vervoer.

15.5.17

Allergiese kontakdermatitis

Allergiese kontakdermatitis is ’n hipersensitiwiteit vir kontak met sekere stowwe. Die vel sal ’n allergiese reaksie hê op hierdie stowwe.

Daar is meer as 3 000 stowwe wat dit kan veroorsaak. Dit sluit in nikkel (in naelpolitoer, juweliersware), hars (in gom), sement, leer, rubber, kleurmiddels, rome (dink aan sonbrandroom, antibiotiese rome), lanolien en verskeie plante.

Diagnose moet deur ’n dokter gemaak word. Daar is ook ’n toets wat jy kan laat doen by ’n kliniek.

Simptome en tekens
• Jeuk
• Pyn
• Rooiheid
• Swelling
• Asook moontlik blasies op die vel

Die lyer moet die stowwe probeer vermy. Behandeling sluit in die gebruik van kortikosteroïede rome.