’n Nuwe otoskoop wat met jou slimfoon werk kan gebruik word om oorinfeksie te diagnoseer.
Dié instrument bied duidelike beelde van die die trommelvlies (timpaniese membraan) en kan dalk kort voor lank sorg dat jy nie meer die dokter hoef te besoek vir oorinfeksie nie. Jy kan slegs die foto’s aan jou dokter stuur vir ’n vinnige diagnose.
23.4.14
16.4.14
Die Holger Nielsen-metode vir kunsmatige asemhaling
Dit is nie altyd moontlik om mond-tot-mond-asemhaling te gebruik nie. Daar is dalk ernstige beserings aan die persoon se gesig, die persoon is dalk met die gesig na onder vasgepen, gooi dalk herhaaldelik op, of is vergiftig.
Borskassamedrukking kan nie in die posisie gedoen word nie.
Die persoon lê dus op sy/haar maag. Verkieslik kan jy die persoon op ’n harde oppervlakte laat lê. Plaas die persoon se hande een op die ander onder die kop. Draai die kop na die kant toe, sodat die wang op die boonste hand rus. Kantel die kop terug en trek die kakebeen vorentoe sodat die lugweg oop is.
Kniel op een knie by die persoon se kop en met jou ander voet by die punt van een van die elmboë. Plaas jou hande op die persoon se rug, bo-op die skouerblaaie. Jou duime moet aan weerskante van die ruggraat wees.
Hou jou elmboë reguit en wieg vorentoe tot jou arms min of meer vertikaal is. Druk vir ongeveer twee sekondes op die persoon. Pasop vir te veel druk!
Wieg terug en terselfdertyd beweeg jy jou hande opwaarts en uitwaarts by die arms lank tot by die elmboë. Lig die persoon se arms tot jy weerstand voel. Hou dit vir ongeveer 3 sekondes – dit help met inaseming.
Laat sak die persoon se arms en beweeg jou hande terug na die rug. Herhaal. Doen dit teen ’n tempo van ongeveer 12 keer per minuut.
Toets vir ’n hartklop na elke vier keer. Gaan voort indien daar ’n hartklop is. Indien nie, draai die persoon om en doen borskassamedrukking en daarna die Silvester-metode van kunsmatige asemhaling.
Sodra die persoon normaal asemhaal plaas jy hom/haar in die herstelposisie.

14.4.14
Oorerflike cholesterol gereeld nie gediagnoseer nie
Oorerflike hoë cholesterol word wêreldwyd oor die hoof gesien en dit lei tot voortydige hartsiektes. Dit is 'n groot probleem aangesien dié siekte lewensgevaarlik is vir die gesondheid. Dit terwyl die siekte maklik is om te diagnoseer en te behandel.
Oorerflike cholesterol (familiële hipercholesterolemie) is maklik om te diagnoseer. ’n Eenvoudige cholesterol-toets met ’n uitslag van cholesterol-vlakke bo 8 mmol / L in volwassenes en bo 6 mmol / L in kinders is 'n sterk aanduiding van die toestand. Die toestand kan bevestig word deur 'n genetiese toets.
Familiële hipercholesterolemie kan veroorsaak word deur mutasies (genetiese defekte) in drie proteïene, wat almal 'n rol speel in die verwydering van cholesterol-deeltjies uit die bloed deur die lewer. Hierdie mutasies beïnvloed die lewer se LDL-reseptor. Dit reseptor help om vlakke van LDL (lae - digtheid lipoproteïen) te beheer - die vet deeltjies wat die meeste van die cholesterol in die bloed vervoer.
Heterosigoties familiale hipercholesterolemie beteken dat die persoon een genetiese defek van een van sy of haar ouers geërf het.
Homosigoties familiële hipercholesterolemie beteken dat die persoon twee genetiese defekte geërf het, dit wil sê een uit elk van sy of haar ouers.
Mense met familiale hipercholesterolemie het hoë cholesterolvlakke dwarsdeur hulle lewe. Indien onbehandeld, ontstaan 'n baie hoë risiko vir hartsiektes en voortydige dood. Indien die toestand nie behandel word nie sal mans en vroue met 'n genetiese defek tipies 'n cholesterolvlak van 8-15 mmol / L hê en waarskynlik hartsiektes ontwikkel voor die ouderdom van 55 - 60 jaar. Die baie ongelukkige mense wat twee genetiese defekte geërf het sal 'n cholesterolvlak van 12-30 mmol / L hê, indien onbehandel sal hulle waarskynlik hartsiektes ontwikkel en sterf voor die ouderdom van 20.
Familiële hipercholesterolemie word hoofsaaklik behandel met statins en 'n verlaging van ’n cholesterol- dieet. As cholesterol vlakke nie voldoende verlaag nie, kan ’n cholesterol absorpsie inhibitor toegedien word. Die mense met die hoogste cholesterol vlakke, diegene wat ly aan homosigotiese familiële hipercholesterolemie, kan ook nog behandel word met LDL cholesterol aferese, 'n proses soortgelyk aan nierdialise.
Die inligting is verkry uit ’n onlangse verslag gepubliseer in die mediese joernaal European Heart Journal.

9.4.14
Noodhulp, Veiligheid eerste
In situasies waar daar ongevalle is, kan daar ook ’n risiko wees vir jouself en ander omstanders. Die volgende riglyne is belangrik:
Verkeersongelukke
Vra iemand om die verkeer te reël en vêr van die beseerdes en die wat hulle help te hou. Pasop vir petrol wat lek en aan die brand kan slaan. Sorg dat alle motors afgeskakel is.
Gas en gif
Probeer die toevoer afsny.
Elektriese kontak
Verbreek die kontak en probeer die kragtoevoer afsny.
Brand en geboue wat ineenstort
Sorg dat alle beseerdes sodra moontlik ba veiligheid gebring word.

7.4.14
’n Goeie nagrus belangrik
’n Goeie nagrus bly maar belangrik, volgens ’n nuwe studie wat aan die University of Rochester Medical Center gedoen is. Die studie gee ons ’n beter idee oor die biologiese funksie van slaap en hoe ons dit kan gebruik om sekere neurologiese probleme die hoof te bied.
De brein het ’n unieke metode van “vullisverwydering”, wat aktief is wanneer ons slaap. Die proses is verantwoordelik vir die verwydering van gifstowwe wat ’n rol speel in Alzheimer’s en ander neurologiese probleme. Wanneer jy slaap verklein die breinselle, sodat die gifstowwe meer effektief verwyder kan word.

Etikette:
Alzheimer’s
,
Brein
2.4.14
Noodhulp, beheer bloedverlies deur indirekte drukking
Indien dit nie moontlik is om bloeding te beheer deur direkte drukking nie, byvoorbeeld ’n wond wat te groot is, kan jy ’n ander toepaslike punt kry om die bloeding te beheer. Dié metode werk net vir slagaarbloeding.
Die slagaar kan teen ’n nabygeleë been gedruk word om te keer dat die bloed daar verby vloei. Hierdie metode is slegs ’n laaste uitweg en moet nie langer as 15 minute gebruik word nie, aangesien dit bloeding na die ander weefsel ook afsny.
Daar is twee algemene drukpunte wat gebruik word:
Die dyslagaar gaan die onderste ledemaat binne by ’n punt wat met die middel van die liesvou ooreenstem en loop aan die binnekant van die dy. Laat die persoon lê en buig die knie. Vind die slagaar in die lies en druk dit met jou vuis of jou hand teen die rand van die bekken.

- Die bo-armslagaar in die arm
- Dyslagaar in die dy
Die dyslagaar gaan die onderste ledemaat binne by ’n punt wat met die middel van die liesvou ooreenstem en loop aan die binnekant van die dy. Laat die persoon lê en buig die knie. Vind die slagaar in die lies en druk dit met jou vuis of jou hand teen die rand van die bekken.
31.3.14
Vroulike dokters beter as manlike dokters?
’n Navorsingspan aan die Universiteit van Montreal het bevind dat die kwaliteit sorg van vroulike dokters beter is as die van hul manlike kollegas. Die groep het ook bevind dat manlike dokters meer produktief is as vroulike dokters.
Die bevinding van die studie was dat ’n manlike dokter tans sowat 1 000 prosedures meer per jaar uitvoer as ’n vroulike dokter. Die studie wys egter daarop dat hoewel produktiewe dokters op die oog af meer “winsgewend” sou lyk vir ’n hospitaal, hulle “produktiwiteit” oor die langtermyn implikasies inhou vir hulle en die pasiënte.
Vroulike dokters spandeer oor die algemeen meer tyd met hul pasiënte en sorg dat hulle die korrekte medikasie bekom en gereelde ondersoeke ondergaan. Hospitale moet dalk herbesin oor kwaliteit sorg versus laer produktiwiteit.

Subscribe to:
Posts
(
Atom
)