Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



16.4.14

Die Holger Nielsen-metode vir kunsmatige asemhaling

Dit is nie altyd moontlik om mond-tot-mond-asemhaling te gebruik nie. Daar is dalk ernstige beserings aan die persoon se gesig, die persoon is dalk met die gesig na onder vasgepen, gooi dalk herhaaldelik op, of is vergiftig.

Borskassamedrukking kan nie in die posisie gedoen word nie.

Die persoon lê dus op sy/haar maag. Verkieslik kan jy die persoon op ’n harde oppervlakte laat lê. Plaas die persoon se hande een op die ander onder die kop. Draai die kop na die kant toe, sodat die wang op die boonste hand rus. Kantel die kop terug en trek die kakebeen vorentoe sodat die lugweg oop is.

Kniel op een knie by die persoon se kop en met jou ander voet by die punt van een van die elmboë. Plaas jou hande op die persoon se rug, bo-op die skouerblaaie. Jou duime moet aan weerskante van die ruggraat wees.

Hou jou elmboë reguit en wieg vorentoe tot jou arms min of meer vertikaal is. Druk vir ongeveer twee sekondes op die persoon. Pasop vir te veel druk!

Wieg terug en terselfdertyd beweeg jy jou hande opwaarts en uitwaarts by die arms lank tot by die elmboë. Lig die persoon se arms tot jy weerstand voel. Hou dit vir ongeveer 3 sekondes – dit help met inaseming.

Laat sak die persoon se arms en beweeg jou hande terug na die rug. Herhaal. Doen dit teen ’n tempo van ongeveer 12 keer per minuut.

Toets vir ’n hartklop na elke vier keer. Gaan voort indien daar ’n hartklop is. Indien nie, draai die persoon om en doen borskassamedrukking en daarna die Silvester-metode van kunsmatige asemhaling.

Sodra die persoon normaal asemhaal plaas jy hom/haar in die herstelposisie.

No comments :

Post a Comment