’n Studie wat die maand gepubliseer is in die Annals of Internal Medicine het bevind dat masseringsterapie help vir probleme met die lae rug. Die studie verwys spesifiek na die “Swedish massage”.
Die masserings help die pasiënt om beter te funksioneer.
25.7.11
18.7.11
Anti-depressante en outisme
’n Nuwe studie het bevind dat die blootstelling aan anti-depressante tydens swangerskap die risiko van outisme moontlik verhoog.
Die studie is gepubliseer in die Archives of General Psychiatry.

11.7.11
Nek
M Strydom vra :
"Hoe lank is die gemiddelde hersteltydperk (as mens jou goed gedra!) na 'n suksesvolle laminektomie/foramenotomie tussen C6/C7?"
Die hersteltydperk is lank. Jy spandeer 'n paar dae in die hospitaal en daarna kyk jy na so ses weke en langer. Indien jy 'n korter hersteltydperk soek moet jy jou dokter vra oor nuwe alternatiewe operasies waarvan mens vinniger herstel.

Etikette:
Nek
4.7.11
Akupressuur
A3 skryf :
"Mens het seker drukpunte onder jou voete, wat van toepassing is op seker plekke op jou liggaam. Kan jy my daarmee help."
Antwoord :
Jy verwys na akupressuur. Akupressuur is veronderstel om te genees deur die vloei van innerlike energie te herbalanseer. Die duime en vingerpunte word gebruik om die vloei van energie (die chai) te stimuleer. Om dit behoorlik te kan doen moet jy 'n goeie kennis hê van die menslike anatomie en tradisionele Chinese geneeskunde. Dit is veral geskik vir die selfbehandeling van hoofpyn, verkoue, moegheid en hardlywigheid. Die meeste akupunte lê in natuurlike holtes van die liggaam tussen bene en spiere. Jy kan meer leer by http://www.shen-nong.com/eng/treatment/massage_practice.html

20.6.11
Sardyne vir asma
Duisende mense wat sukkel met asma staan lank tou in Indië om ‘n eienaardige behandeling te ontvang: lewendige sardyne, met kruie besmeer.
Indië: Sardyne 'genees' asma
Indië: Sardyne 'genees' asma
Etikette:
Asma
7.6.11
Tiener swangerskappe
Elke jaar is daar duisende tieners wat swanger raak. Heelwat van hierdie kinders se toekomsdrome word oornag verpletter.
Ouers moet op die volgende let:
• Weet jy wat jou kind na skool doen en waar hy of sy is?
• Kinders raak seksueel aktief op 'n vroeë ouderdom.
• Weet jy watter druk op jou kind geplaas word deur die groep waarin hy/sy haar bevind?
Die druk van maats se kant af is een van die grootste faktore wat 'n bydrae het tot tiener swangerskappe. Kinders is van nature nuuskierig en meisies sal seks hê net om te voel hoe dit is, maar heelwat meisies gee in onder die druk wat hul maats op hul plaas om seks te hê. Hulle is ook onkundig oor seks omdat hul ouers nie maklik met hulle praat hieroor nie. Verder veroorsaak drank en dwelmmiddels dat kinders heelwat makliker betrokke raak by seksuele speletjies.
In Suid-Afrika se arm gemeenskappe raak tieners met opset swanger sodat hulle die paar rand (gewoonlik minder as R200) per maand kindertoelaag kan kry.
Praat met jou kinders oor seks. Stres die belangrikheid van kondome in seksuele verhoudings. Moet nie verwag dat die skool dit vir jou gaan doen nie.
Tieners of ouers wat meer hulp soek kan die volgende organisasies kontak:
Loveline 0800 121 900
Childline 0800 055 555
Child Protection 0800 111 213
Child Emergency 0800 123 321
HIV/AIDS Helpdesk 0800 012 322
Crime Stop 0860 010 111
Women's Advice Desk 0800 150 150
Suicide Helpline 0800 567 567

23.5.11
Cholesterol
Adel Wise skryf:
"Ek drink elke oggend 'n eetlepel appelasyn. Ek het hoor dit help met gewigsverlies en hoë cholestrol. My cholestrol is +-6.7. Wat is die voor- en nadele van appelasyn?"
Antwoord:
Die geneeswaarde van appelasyn ten spyte, daar is nie 'n wonderkuur vir cholesterol nie.
Gewigsverlies is belangrik om jou cholesterolvlakke af te bring. Kyk mooi na wat jy eet. Kies gesonde opsies. Olyfolie is byvoorbeeld 'n baie gesonder opsie as gewone kookolie. Vermy kitskos en gebraaide en gebakte produkte by die supermark. Verminder jou inname van rooivleis, eiergeel en drink net vetvrye melk. Koop volgraanprodukte en gebruik bruinrys in plaas van wit. Maak vars vrugte jou happies tussen maaltye. Eet baie vis wat ryk is aan omega-3 vette. Byvoorbeeld tuna, salm, makriel en haring.
Oefening is baie belangrik. Begin stadig en bou op. Stap, swem, ry fiets. Jy kan later selfs begin draf.
Indien jy rook hou op en gebruik alkohol verantwoordelik.
Bespreek cholesterolmedikasie met jou dokter, maar onthou dat dit nie die oplossing is nie, maar net 'n hulpmiddel om jou op die regte pad te help.

Subscribe to:
Comments
(
Atom
)