Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids

28.2.11

Raad teen verkoues

Sink suigtablette word al jare gebruik ter verligting van hoes en keelseer, maar dis eers onlangs ontdek dat verskeie studies al bevind het dat dit dalk die beste behandeling vir verkoue is.

Sink kan hoes as gevolg van verkoue met soveel as die helfte verminder en die tydperk van die verkoue self ook met 40% + verminder.

Die geheim is om te begin sink neem sodra daar tekens van ’n verkoue is. En neem baie. 13 g elke drie tot vier uur gedurende die dag, vir 'n totaal van 50 - 65 mg per dag.

Wat maak sink so goed? Navorsers is nog nie seker nie en daarom moet ons maar versigtig wees met die gebruik daarvan.

Voor jy daaraan dink om dit op die proef te stel, raadpleeg asseblief eers hierdie Wikipedia blad oor die moets en moenies van die gebruik van sink.

8.2.11

Beroerte

Ons praat van ’n beroerte wanneer iemand duiselig word of sy of haar bewussyn verloor as gevolg van ’n breinobstruksie of -beskadiging.

Ander simptome kan insluit verwardheid, hoofpyn, onduidelike spraak, balansverlies, swakheid, inkontinensie en pupille wat nie ewe groot is nie.

Die meeste beroertes is as gevolg van hoë bloeddruk.

17.1.11

Volksgeneeskuns in Suid-Afrika: ’n Uitgebreide versameling boererate

Volksgeneeskuns in Suid-Afrika is ’n versameling van 8705 boererate en het die eerste keer in 1965 verskyn.

Vandag, 60 jaar later, lyk die mediese en farmakologiese landskap totaal anders. Daarom is dit so interessant – en soms lagwekkend – om te sien hoe vinnig ons mediese en farmakologiese kennis intussen gevorder het.

Die versameling bevat rate wat op bygeloof of tradisionele mondelinge oorlewering berus. Ander rate maak staat op veldkennis en die botaniese name van middels word verstrek.

Daar word raat uitgedeel vir kwale van asma tot ylhoofdigheid.

“Vermaaklike oomblikke is talryk vir die moderne leser – en die algemene gebruik van hondebloed, velle van pas geslagte katte, luislange en dies meer, laat ’n mens verbysterd – tot jy besef met hoeveel radeloosheid daar voor sekere siektes te staan gekom is.” Dr. Dione Prinsloo – geskiedkundige.

Volksgeneeskuns in Suid-Afrika is ’n “unieke kultuur-historiese skat”. Dr Kay de Villers, skrywer van Healers, Helpers and Hospitals.

22.11.10

Raoultella Ornitholytic

Marita Muller skryf:

"My seuntie, 5 jaar het `n abses in sy mond. `n Etter depper het gewys hy het die volgende gekweek: raoulultella ornitholytica. Ek wil graag weet wat dit is en waar hy dit kon gekry het."

Bedoel jy nie dalk Raoultella Ornitholytica nie? Raoultella Ornitholytica is redelik ongewone bakterieë wat met die asemhalingstelsel verbind word. So die beste persoon om te raadpleeg is jou dokter of 'n spesialis.

15.11.10

Koemelaat

Sy word in die strate herken as Dusty, Frankie, Patrys of sommer net daai girl van daai show op kykNET, maar Milan Murray is meer as net een van Suid-Afrika se bekende aktrises. Sy is ook ’n ma. ’n Rol wat sy aanvanklik met moeite moes vertolk. "Koemelaat" is haar tweejarige seun se woord vir ‘skoenlapper’. ’n Baie gepaste titel vir ’n boek waarin sy haar ma-wees reis begin as ’n skamele ruspe getronk in ’n papie. En deur die bladsye van hierdie ma-joernaal, wikkel Milan haarself stelselmatig los.

Jy sal giggel terwyl jy ’n traan pik, en baie keer wonder of sy dan by jou eie huis deur die venster geloer het. Enige ma sal hierdie boekie neersit met die versugting: ‘Dank Vader, ek is nie alleen nie!’

Milan Murray is ’n bekende aktrise, verhoogkunstenaar en TV-aanbieder wat in onder meer Isidingo, Transito, Binnelanders, Song vir Katryn en Egoli te sien was. Sy is tans die anker-aanbieder van Ontbytsake op KykNET. In hierdie boek vertel sy van haar reis as ’n nuwe ma op ’n besondere en pittige manier, en dit is by uitstek ’n verhaal wat by enige ma – ook toekomstige ma – groot byval sal vind.

Koop / Buy Koemelaat ...

8.11.10

Doppe

Anoniem skryf:

"My babas het altwee "cradle cup" gekry ... sulke doppe aan hulle koppies. Wat veroorsaak dit en wat kan mens doen om dit weg te kry?"


Suster:

Die oorsaak van "cradle cap" is nie bekend nie, maar daar word vermoed dat ´n tekort aan sink ´n invloed kan hê. As die probleem nie te erg is nie kan jy ´n 2% oplossing van koeksoda aansmeer om dit sag te maak en dan met ´n sagte sjampoe te was. In erger gevalle kan jy ook ´n salfie by jou apteker kry wat bestaan uit: liq. picis. carb. 2%, salicylic acid 2% en vaseline. Dit smeer jy in die oggend aan, was die hare en smeer weer aan na die was. Ek hoop die raad help!