8.7.09
5.7.09
Pitswere / Bloedvinte / Karbonkels
'n Pitsweer is 'n hewige sweer waarvan die pit uitgedruk kan word as dit ryp is. Gewoonlik word dit veroorsaak deur die ontsteking van 'n haarwortel.
Etikette:
Bloedvinte
,
Karbonkels
,
Pitswere
1.7.09
30.6.09
Gastritis
Gastritis is die ontsteking van die maag, veral die maagslymvlies. Dit word normaalweg veroorsaak deur die oormatige gebruik van alkohol of anti-inflammatoriese middels.
29.6.09
Fibromialgie
Fibromialgie is ‘n toestand wat gekenmerk word deur moegheid en pyn in spiere en gewrigte.
Jy ly aan fibromialgie indien ten minste 11 spesifieke gedeeltes van jou liggaam met druk pynlik is en jy vir ten minste 3 maande pyn ervaar.
Jy ly aan fibromialgie indien ten minste 11 spesifieke gedeeltes van jou liggaam met druk pynlik is en jy vir ten minste 3 maande pyn ervaar.
24.6.09
Lewenspraatjies met ouers
Lewenspraatjies met ouers is ‘n boek wat elke ouer behoort te besit. Dit is relevant en takel alle probleme en vrae wat tieners mag hê. So sê die deskundiges.Die inhoud is goed nagevors en is verstaanbaar geskryf. Sommige onderwysers sê dat dit vir ouers voorgeskryf behoort te word! Die boek bied insig vir ouers en ‘n hele nuwe perspektief oor wat hedendaagse tieners moet deurmaak.
Gedurende hul kind se adolessensie kom ouers te staan voor onverwagte uitdagings wat veroorsaak word deur faktore soos veranderende hormone, swak selfbeeld, groepsdruk, boelies, alkohol, dwelms en seksuele eksperimentering, om maar net 'n paar te noem.
Daarmee saam worstel ouers ook met uitdagings van hul eie: lewensdruk, en huweliks-, finansiële en gesondheidsprobleme. Hierdie titel dien as noodsaaklike kommunikasiemiddel waarmee die generasiegaping oorbrug kan word.
In ons gejaagde lewe vol stres, bied dit die nodige emosionele en praktiese ondersteuning wat alle ouers van tieners nodig het.
Izabella Little is die skrywer van die topverkoper Lewenspraatjies met 'n dogter en Lewenspraatjies met 'n seun (met insette van Patrick Wilson). Albei boeke is in Afrikaans vertaal, sowel as Spaans, Portugees en Chinees. Op aandrang van lesers het Izabella die Life Talk Forum vir ouers en tieners begin. Sy werk nou bykans uitsluitlik in jeugvoorligting, en verskyn gereeld as gas op jeug- en ouerskapprogramme op radio en TV.
Thomas Burkhalter is 'n gekwalifiseerde opvoedkundige sielkundige wat hoofsaaklik in die privaat praktyk werk as beide psigoterapeut vir volwassenes en gesin/familie-konsultant. Hy is ook 'n gevallekonsultant by die Johannesburg Parent and Child Counselling Centre.
Etikette:
Boeke
22.6.09
Maagseer / Peptiese ulkus
'n Maagseer is die verswering van die maagslymvlies.
Boereraat:
'n Piesang verteer makliker en met minder pyn vir iemand wat 'n maagseer het.
Boereraat:
'n Piesang verteer makliker en met minder pyn vir iemand wat 'n maagseer het.
Subscribe to:
Comments
(
Atom
)
