Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



22.6.09

Maagseer / Peptiese ulkus

'n Maagseer is die verswering van die maagslymvlies.

Boereraat:

'n Piesang verteer makliker en met minder pyn vir iemand wat 'n maagseer het.

71 comments :

  1. My kerel se pa is baie siek. Hy het 3 jaar terug 4 hartomlynings gehad en van daar af was hy nog nooit gesond nie. Op die oomblik het hy 3 maagsere en blykbaar is 2 van hulle baie ernstig. Hy het spatare in sy slukderm wat ook baie ernstig is. Hy staan eintlik met een voet in die graf en die ander op die rand van die gat. Hy gaan aanmekaar na die dokters toe en hulle stop hom vol pille wat ek dink nie baie goed is nie, want a.g.v. sekere pille het sy gesondheid meer agteruitgegaan. Ons weet nie meer wat om te doen of na wie toe te gaan nie. Dit is baie ernstig en die raad en tyd raak minder. Ek wil net weet of die pille wat hy drink hom nie vererger nie, hy raak vinnig moeg, lam en geen krag en lighooftig.

    ReplyDelete
  2. Anonymous22/6/09 08:55

    'n Maagseer (peptiese ulkus) is 'n rou seertjie wat in die voering van die maagwand of die boonste deel van die dunderm voorkom. 'n Maagpyn en 'n brandsensasie is gewoonlik 'n aanduiding van 'n maagseer. Braking kan voorkom, veral in die aand.
    Maagsure wat deur die beskermde slymvlies van die maag vreet veroorsaak die pyn en medikasie wat die afskeiding van die maagsuur blokkeer bring gewoonlik net tydelike verligting aangesien die maagseer weer terugkeer. Navorsing toon dat dit die Helicobacter pylori bakterie is wat die maagwand irriteer en uiteindelik so verswak dat 'n maagseer ontstaan. Die bakterie veroorsaak 90% van alle maagsere. Die ander 10% word veroorsaak deur anti-inflammatoriese middels soos aspirien.
    'n Kursus van antibiotiese middels behoort normaalweg die maagseer te genees.
    Wat julle kan doen is om sy dieet te wysig sodat hy die optimale voeding kry wat sy immuniteit sal opstoot. Praat ook met sy dokter/s oor aanvullings sodat julle hom nie iets gee wat teen sy medikasie sal inwerk nie. Indien bakterieë sy maagseer veroorsaak het moet hy kos vermy wat ryk is aan yster. Dit help bakterieë om voort te plant. Knoffel, Sint Janskruid, avokado en vinkel bevat almal antibakteriële middels. Die kruid Echinacea is 'n algemene antibiotiese middel en molslaai het ook antibiotiese eienskappe.

    ReplyDelete
    Replies
    1. mkore . wil hoor , iemand het gese ek moet n halwe pakkie bicarbonate soda meng met 500 ml wtr en die heeldag som sip sip dit werk vir maagsweer . is dit waar en as dit doen hoe moet n mens dit reg meng vir drink .

      Delete
  3. Anonymous22/6/09 08:55

    Ek het spastiese kolon en daar is gediagnoseer dat ek kroniese infeksie van maag wand en ook blase op my dikderm en is daar enige dieet wat daarvoor kan help.

    ReplyDelete
  4. Anonymous22/6/09 08:57

    Dit is altyd moeilik met 'n kombinasie van probleme. Jy sal kan voordeel trek uit die raad wat hier onder gegee word, maar die aanbeveling is dat jy 'n dieetkundige gaan spreek. Dit sal wys wees as jy jou dokter toestemming gee om met jou dieetkundige oor jou toestand te praat.

    ReplyDelete
  5. Kan u asb. vir my ‘n dieet stuur vir ‘n peptiese ulkus – ek het verlede week ‘n gastroskopie gehad en die dokter se dit is ‘n groot ulkus wat diep en penetrerend is – hy het my op ‘n 2 maande behandeling gesit waarna ek weer ‘n gastroskopie moet ondergaan.

    Ek het baie pyn en ongerief.

    ReplyDelete
  6. Anonymous8/9/09 08:41

    Ek is 'n 49 jarige dame en sit met die maag probleem. Die afgelope twee weke kan ek niks eet of drink in die aande na 5 uur nie. Ek voel vreeslik opgeblaas en voel asof ek my ooreet het en of die kos in my keel vassit. Ek gooi baie op in die aande al het ek niks geeet nie. Al drink ek net tee of water voel ek ongemaklik en moet gaan opgooi. Ek moet my onderklere ook los maak want dit voel asof ek doodgedruk word. In die dag is dit nie so erg nie. Ek drink my maag pille gereeld, maar deesdae help dit nie. Moet ek bekommerd wees en maar weer die dokter gaan sien. Ek val ook gewig af.

    Het u enige raad vir my.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Hi daar ek stel voor jy gaan sien n dr so gou as moontlik. Andersins moet jy jou dieët verander. Skryf neer elke keer wanr jy iets in jou mond sit.
      Wat ook help is om so na n etet te kyk hoe jou liggaam riageer skryf dit onder daardie ete neer so sal jy begin agter kom hoe jou liggaam met jou praat.

      Delete
    2. Anonymous2/5/22 05:45

      Ek het n maagsweer van dat ek my een blikkie kondenmelk en een bottel turleton gemeng het en elke oggend n eetlepel van dit ek voel somer baie beter op my maag los in die yskas vermy koffie eet gesond as jou maag seer voel vermy eers melk brood kool ens jy sal beter voel

      Delete
  7. Anonymous11/1/10 15:18

    Ek is 29 jaar oud en is gediagnoseer met n maagseer,enige dieet of dinge wat n mens ni kan eet,ek weet gaskoeldranke is uit en enige groente wat suur bevat is uit,wat is baie goed en n vinnige geneesheer?

    ReplyDelete
  8. Jaco Barnard23/6/10 13:40

    EK IS OP SOEK NA N DIEET PROGRAM VIR MAAGSEER/SLUKDERM SPATARE.

    ReplyDelete
  9. Anonymous24/7/10 08:43

    Ek is ook opsoek na wat mens mag eet of nie mag eet as jy n maagseer het? Kan iemand asb help?

    ReplyDelete
  10. Mari Viljoen17/9/10 11:46

    Ek is 30 jaar oud en het 'n maagseer (peptiese ulkus) al van skool dae af. Ek het al alle medikasie op die mark gebruik na my gastroskopie, maar niks help nie. Tot nou toe het net die "Ballistol" (geweer olie) kapsules vir my gewerk. Daar is geen newe effekte nie en as dit baie erg is kan jy tot 2 kapsules elke 2 uur of so drink, andersins 3 keer op 'n dag. Saam met dit Rooibos tee (swart met maks 1 tl suiker), Marmite toast en piesang het ook baie gehelp. Iemand het vanoggend vir my vertel dat Balsem Kopiva (van die Lennon medisyne reeks) gemeng met kondensmelk 'n ou boere raat is wat hulle gekry het, wat ook help.

    Ek is egter nou op soek na iemand wat weet van dié rate en vir my kan laat weet hoe ek dit moet aanmaak, bedoelende die verhouding van Balsem Kopiva en kondensmelk.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Een blik kondensmelk en een bottel Lennon balsem koiva of Turlington gemeng. Gebruik 3 keer per dag. Die werk beslis.

      Delete
    2. Anonymous28/4/22 17:24

      Hello jy kan balsem kopiva kondensmelk en tarulton dit help vir maagsweer my man het ook n maagsweer en dit help definitief

      Delete
  11. 1 blikkie kondensmelk met 20ml (1 botteltjie) balsem kopiva en 1 botteltjie turlington. Meng goed en hap 1 eetlepel vol 3keer per dag.

    ReplyDelete
  12. andersins koop PawMac (poeier) by jou apteek. dit werk fantasties vir die behandeling van maagsere! (die aanmaak aanwysings met bietjie water is op die houer )

    ReplyDelete
  13. Ek is 22 en is gediagnoseer met 'n maagseer, ek het kort kort kos nodig want my maag voel leeg en brand verskriklik. Het iemand vir my raad?

    ReplyDelete
  14. Ek het n rouseer in die maag. Kan u asb vir se of daar sekere kosse is wat ek nie mag eet nie.
    Ek is mang ek eet verkeerd.

    ReplyDelete
  15. Anonymous14/2/11 10:56

    Kaatjie.
    Enige sterk gegeurde kosse, rissies ens. mag jy nie eet nie. Volg 'n sagte neutrale dieet.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Ek het n bloeiende maagsweer gehad. Ekt op n rou rissie dieet gegaan. Dit het my maagsweer weggebrand. Daars geen teken van n maagsweer nie. Rissies voorkom kanker ook en is baie goed vir baie kwale.

      Delete
  16. Anonymous4/3/11 09:35

    Watse simptome is tekens van maagseer?

    ReplyDelete
  17. Anonymous7/3/11 10:56

    Simptome van 'n maagseer sluit in 'n brandgevoel en maagpyn. Jy kan ook opgooi, veral in die nag.

    ReplyDelete
  18. Hi,Ek is heeltemal raadop. Ek sukkel nou al twee jaar met pyn voor lings onder die ribbes en op die krop self.
    Ek raak vreeslik opgeblaas en bring baie wind op (nie meer nie) ek sukkel nie regtig met sooibrand nie net as ek iets eet wat nie met my liggaam saam stem nie, ek weet al watse kosse om te vermy.
    Die pyn het verlede jaar so erg geraak dat hulle my uiteindelik gestuur het vir n’ gscope om te kyk vir n’ maagseer, bygese ek drink nou al twee jaar Nexiam 40,in die begin het dit verligting gebring maar help nou nie meer veel nie. Dr het nie n’ maagseer gevind nie maar wel Helicobacter Pylori waarvoor hy my behandel het. Ek is na n’ maand terug en dis toe hy besluit om n’ CT Scan te doen van my (abdominal area) alles was normaal net n’ “slightly bulky spleen” hy het niks daarvan gese nie en my toe teater toe gestuur vir n’ Diagnostic Laparoscopy. Hy het toe vir my gese my milt is omtrent 3 van my vuiste groot en dat (adhesions) my maag en dikderm aan die milt vas gegroei is en dat hy dit los gemaak het. Hy het my getoets vir Leukaemia en dit was normaal. My huis toe gestuur ek was vir 2wke afgebook en het eers begin na die 3de week bietjie beter begin voel en my maag ook so ook die opgeblaasheid, die wind op bring was amper heeltemal weg. n Maand later voel ek so moeg ek kan nie my oe oop hou nie en wil net die heeltyd slaap ek is nogals n’ aktiewe mens nie sports gewys nie maar altyd aan die gang ek kon absoluut niks doen nie en wou ook nie ek was dood, dood moeg. Ek is toe terug na my GP toe wat my toe weer stuur vir n’ klomp bloedtoetse en my yster aangesien ek al n’ jaar sukkel met my yster wat laag is (ek was op Ferimed en Scorbex). Alles was weer normaal maar my yster weer laag my Ferritin was 4 gewees, sy het my toe gestuur na n’ Hemateloog en hulle het beenmurg toetse gedoen, nog voor ek die uitslag kon kry begin ek sukkel om diep in te asem ek dink ek het angstig geraak en dit het die asemhaling vererger, ek is dadelik na my Gp toe, sy het my toe dadelik laat opneem onder die Hematoloog vir moontlike hart versaking agv ystergebrek. Die beenmurg het net gewys my ysterstore was depleted en dok se daar was niks kwaadaardig nie. Hy het my gestuur terewyl ek in die hospital was vir n’ hartsonar en n’ longfunksie toets wat albei normaal was. Hy het toe nog bloedtoetse gedoen vir viruses en weer n’ yster profile. Al die bloedtoetse was normaal behalwe die yster en hy het wel n’ CM virus wat nou dormant is opgetel wat natuurlik die vergroote milt veroorsaak het. Ek moet ook noem ek het binne n’ maand 8kilos verloor ek is klein ek het 58kg geweeg en toe hulle my opneem was ek 50kg. Toe laat hy n’ sigiater my kom sien en die het my op kalmeer pille gesit wat ek alreeds gebruik om te kan slaap 1mg Xanor. Dit het die asem halings probleem net ligter gemaak. Ek is nou op Chela –Fer en Vit C en kan n’ klein verskil voel wat die moegheid betref. Maar die pyn agter links in my rug en voor is erger, die asemhaling is nie weg en ek sukkel elke dag om diep in te asem en moet partykeer gaap om die satisfaksie te kan kry partykeer raak ek angstig daaroor en dan raak dit erger. Ek voel nie elke dag angstig nie en ek glo nie dit is die probleem vir die asemhaling nie. Dit voel of dit van my maag of die abdominal area uit kom. Ek het weer al 8kilos wat ek verloor het opgetel. Ek was n’ maand terug vir bloed toetse en my ferrtitin is al op na 20 toe en die hemaglobin is nog steeds normaal 13. Ek gaan weer in Junie vir die bloedtoetse aangesien ek op 6maande se behandeling is vir die yster. Ek is weer GP toe en ons probeer maar kyk of dit my spatiese kolon is wat my die probeme veroorsaak. Ek moet ook noem my galblaas (galstene) is so twee jaar teug verwyder juis toe pyn begin het. Ek drink ook nogsteeds Nexiam 40 en Lp299v vir die kolon.
    (vervolg ...)

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous13/4/21 11:37

      hi ek het ook erge Anemia ontwikkel asgv my siekte Psorisis en artheritis en my milt en lewer is vergroot asgv medikasie genaamd methotraxate, so my lewer en milt sukkel om yster te bou, laas maand 2dae voor my verjaarsdag moes my ma my in jaag hospitaal toe omdat ek nie kon behoorlik asem haal nie en was besig om in hart en lewer versaking in te gaan, hulle moes my 4 bloed oortappings gee om my yster tot op 7 te kry want dit was op 3. my maag het bloed gewerk ook wat die situasie vererger het. hulle die bloedding gestop maar kry nie die oorsaak nie was deur g en c scope op eendag gewees... kry vir jou Moringa capsule by a health shop, dit is baie goed vir jou help om yster te bou en nog ander related derm kwale te beheer, dit vat so 3maande vir die resultate om te begin wys.. sterkte vir jou.

      Delete
    2. Sjoe dit klink presies hoe ek voel, ook gediagnoseer met maagsere en bulky milt, kan jy vir my vertel wat verder gebeur het, al die simptome soos jy,

      Delete
  19. (... vervolg)

    Ek is raadop ek wil net weer my self voel ek is 32 en het twee klein kinders van 4 en 9. My man het Melanoom kanker wat na sy longe versprei het. Hy is oor die algemeen baie gesond en ons hanteer sy kanker heel goed ons is baie positief en leef al 6 jaar met dit. Ek voel dokters hoor van my situasie en dan as hulle niks fout vind nie dan plaas hulle dit op anxiety en omdat ek in die verlede al n’ anxiety probleem gehad het en agv van my man se kanker. Ek is glad nie depresief nie daarvoor is ek te positief. Maar om elke dag nie lekker te voel nie is ook nie lekker nie. Kan dit wees dat die dokter my seer gemaak het toe hy die laparoscopy gedoen het is daar iets wat ons mis. As mense my vra hoe gaan dit nou sal ek se goed want ek is nou al mooi moeg gekla en het nooit gedink ek sal op die internet vir raad soek nie. ASB help!!

    ReplyDelete
  20. Anonymous19/5/11 11:18

    Jy behoort stelselmatig saam met 'n dokter deur die probleme te werk. Die feit dat julle nie dadelik 'n oplossing kry nie, beteken nie die dokter weet nie wat hy / sy doen nie. Dit vat tyd om alle moontlike oorsake te elimineer.

    ReplyDelete
  21. ek het n maagseer maar het seer in my sye dis baie seer ek voel op geblaas . ek gebruik nou pantocid 40 mg en vomidon maar ek weet nie waarvoor dit werk nie en of dit my gaan beter maak nie .en nou is my borste ook seer wat kan dit wees.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous20/2/12 10:36

      Eerstens sou ek 'n dokter gaan spreek. Die vomidon is waarskynlik om te help dat jou voedsel gouer verteer word. Probeer kleiner porsies eet - eet meer gereeld. Maar ek sou beslis 'n dokter gaan sien.

      Delete
    2. Anonymous1/5/16 20:15

      ek het raad wat miskien vir diegene gaan help wat n maagseer het. Bly weg van kerriekos,tamatie kos of blikkie tamatie sardientjies.Eet groen groente.Vermy vetterige kosse.Moenie melk,jogurt,swart tee.Bly weg van alles wat suur smaak soos mayonaisse slaaie,bly veral weg van droe vrugte en peanut butter,bly weg van toast brood dt gee erge maagbrand.As jou maag begin brand drink n koppie kook water dit verlig en smeer n biekie die maagseer. Eet gekookte gesonde kosse,eet tuna vis,hoender wat ontvel is,lamsvleis,afval,mossels feitlik enige seekos. n baie goeie dokters voorskrif is MEBEVERINE EN ALTOSEC. Ander medikasie wat ook goed is wat jy by enige apteek of clicks kan koop is LENAMET OF HEXAMAX OF SANDOZ CIMITIDINE. Try dit miskien help dit vir jou ook maar dit help regtigwaar vir my. Veral as ek Mebeverine en altosec gebruik want jy kan so nou en dan mayonaisse slaaie eet of n mild kerrie sonder om enige maag brand agterna te kry.DIE MEDIKASIE IS BAIE GOED

      Delete
  22. Enige iemand wat dalk my kan help...
    Ek het 7maande terug my galblaas laat verwyder en van daar af is dit asof my maag net elke dag meer en meer opblaas.
    Dit lyk as of ek 8maande swanger is. Ek kry al so skaam dat ek al klere koop wat of los hang of te groot is. Ek wil net weet of daar iemand anders is met die selfde probleem...

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous14/8/12 11:03

      Vir 'n klein persentasie mense werk die operasie ongelukkig nie soos verwag nie.

      Delete
  23. Anonymous5/1/12 18:44

    my man kla vreeslik van n pyn op die krop van sy maag en partykeer n brandgevoel. hy het Desember 2010 twee hart aanvalle gehad. Hy raak ook vreeslik gou moeg en voel pap.

    ReplyDelete
  24. Anonymous22/2/12 13:36

    Ek is onlangs gediagnoseer met die volgende: groot mantelvliesbreuk, inflammasie, maagseer, candida en blasies op die dikderm. Na 'n maand se medikasie voel ek nog nie beter nie. Wat is dit wat my so naar maak?

    ReplyDelete
  25. Kan u asb vir my ‘n aanduiding gee watse dieet plan sy kan volg, sy is eerste jaar LLB Student.
    Met dank

    ReplyDelete
  26. Mareshell12/6/12 10:37

    goeie more

    ek is 29 jaar oud ek het so maand terug in die hospitaal balnd met die vreeslikste pyn in my bors en my linker sy en my rug, hulle het my lewer galblaas en my niere getoets en alles was skoon toe het ek die kamera gesluk en die dokter het my in kennis gestel dat ek seertjies op my maag wand bo het, hy het my medisyne gegee en gese dit sal met tyd weggaan, en ook by gelas dat as so iets weer gebeur ek myself maar weer moet kom in boek by die hospitaal, ek gebruik cv 100 hart disprin om my bloed te verdun want ek sukkel met bloedklonte is dit dit wat die seer veroorsaak want dit het weer begin en is daar iets anders wat ek kan gebruik behalwe waferin om te voorkom dat ek die seertjies op my maagwand kry en hoe lank vat dit om gesond te word asseblief help ek is al raad op,
    dankie

    ReplyDelete
  27. MENG 1 X BOTTELTJIE BALLISTOL MET 1 X TURLINGTON EN 1 X BOTTELTJIE BALSEM KOPIVA MET 1 BLIKKIE KONDENSMELK. DIT WERK VIR MEESTE MAAGSEER EN MAAGWAND PROBLEME, DIT HELP OOK OM SUUR UIT TE WERK.

    ReplyDelete
  28. Anonymous20/2/13 20:48

    Sal balsem kopiva en turlington nie teen "waferin" werk nie? Soos Vit K - groen groentes spinasie ens maak weer die bloed dik wanneer 'n mens "waferin" gebruik.

    ReplyDelete
  29. Anonymous17/3/13 14:53

    Ek is 16 en is gediagnoseer met 'n maagseer, ek het kort kort kos nodig want my maag voel leeg en brand verskriklik en is die heeltyd naar. Het iemand vir my raad? ASB!!!!

    ReplyDelete
  30. Anonymous1/8/13 22:04

    Vandag gediagnoseer met 'n maagseer. Voel heeltyd moeg en naar. Die brandgevoel laat my maag leeg voel en ek bly moeg en pap voel. Ek is 38 jaar oud en het 3 jong kinders wat my nodig het. Help asb.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous5/8/13 08:39

      Dit sal genees word. Wat jy kan doen is om te kyk na jou dieet en leefstyl. Lees deur die raad hier bo vir idees.

      Delete
  31. Anonymous20/9/13 08:55

    Ek het wat voel soos n bloukol op d krop van my maag/ribbekas, soms voel dit of iemand tou om bors gebind het. Behalwe vir erge moegheid het ek geen ander simptome nie. My yster is 12.4, skenk gereeld bloed. Ek gebruik kaneel/heuning/kookwater mengsel elke dag. Is dit simptoom van maagseer/breuk?

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous20/9/13 09:11

      Die simptome wat jy beskryf kan verskeie oorsake hê. Probleme met die spysverteringstelsel is net een, dit kan ook spier-, long- of hartprobleme wees. Probeer by 'n dokter kom vir 'n diagnose.

      Delete
  32. Anonymous9/12/13 20:06

    Goeie dag

    Ek is 'n jaar terug gese ek het 'n maagseer,mantelvliesbreuk, spastiese kolon. Ek het my 6 maande medikasie sikluus voltooi en ek was oraait. Deesdae staan ek naar op ek slaap maar as ek opstaan is ek dood moeg, Sooibrand vreet my op dat ek nie weet of ek kom of gaan nie. En dan sit ek met bloukolle wat ek soms nie kan verduidelik nie. As ek net my liggaam te hard teen iets stamp is dit dan die volgende dag blou.. Ek bly dinge vergeet.

    Kan jy dalk help om te verstaan wat met my aangaan want die dinge maak my bang...

    ReplyDelete
    Replies
    1. Dit is belangrik dat jy jou ouderdom noem. Intussen moet jy kyk na jou leefstyl. Sooibrand is soms die gevolg van 'n swak dieet. Probeer 'n aanvulling van yster vir jou moegheid.

      Delete
  33. Anonymous25/2/14 17:34

    Ek het die seerste maagpyn het geen eetlus braak af en toe en my maag is so seer kan nie op dit le nie wat kan dit wees

    ReplyDelete
  34. Anonymous25/2/14 17:39

    Ek het die seerste maagpyn het geen eetlus braak af en toe en my maag is so seer kan nie op dit le nie wat kan dit wees

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous6/5/14 08:43

      Dit is iets wat 'n dokter moet diagnoseer.

      Delete
  35. Hi ek n maagseer wat nou gebloei het en ek so 2 pinte bloed verloor en nou kruip ek ek duislig en baie dronk my kop ek eet darem alwee met wat dok my gegEe het pille ens maar bly maar baie moeg en dronk

    ReplyDelete
  36. Anonymous5/4/14 18:34

    Eet baie kool rou of gaar Papaja is verskriklik goed vir die maagwand Die kondensmelk, balsem kopiva en turlington werk regtig my rouseer is genees Probeer minder stres

    ReplyDelete
  37. Anonymous10/3/15 12:41

    ek w il net hoor wat kan jy iemand gee wat vaste kosse betref my man het suiker lyer ok en meeste van die kosse wat hy eet bevat suiker ek gee mash en eier maar wat kan ek nog gee vir hom

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous15/4/15 16:44

      Piesang, knoffel, avocado, vinkel, marmite toast, rooibos-tee en kool. En onthou die vitamienaanvullings.

      Delete
  38. Anonymous14/3/15 03:33

    Ek moet n knievervanging kry en het ongelooflik baie pyn en seer, want dis been op been..... Ek drink baie coxflam en pynpille, Tramadol, , maar veral coxflam, cataflam, en Arcoxia en ander inflammatoriese middels...... Ek kry n geweldige brandpyn op my maag wat my wakker maak snags. Dis so 1 minuut uitmekaar..... Bedags ook, maar veral snags..... Ek het n idee dis al die inflammatoriese middels en pynpille. Wat kan ek daarvoor gebruik? Baie dankie.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous15/4/15 16:52

      Eet iets soos piesang wat sag is op die maag. En eet iets wat die maag se flora help herstel; knoffel werk goed hiervoor.

      Delete
  39. Anonymous7/5/15 21:24

    Wat kan ek en my dogter eet wat taamlik goedkoop is? Ons altwee het maagsere? Sy slaap ook baie en het nie baie krag nie.��

    ReplyDelete
    Replies
    1. Ongelukkig is 'n gebalanseerde diet de regte ding vir mens se gesondheid.

      Delete
  40. Anonymous1/2/16 13:20

    Volgens al die simptome wat bespreek word, het ek beslis 'n maagseer. Ek gaan nou die kondensmelk-raat probeer. My ander probleem is dat my maag elke keer werk wanneer ek toilet toe gaan. Dit is nou al so vir 'n hele paar maande. Ek word glad nie
    naar nie. Ek was al by die dokter en het antibiotika ook gebruik. Is nou weer besig met antibiotika en al drie weke op'n reeks ander
    pille. My maag gaan nog steeds. Ek weet nie of ek vir nog toetse moet gaan nie?

    ReplyDelete
  41. Anonymous1/5/16 20:25

    Dus baie ongesond dat jou maag elke dag elke dag werk.n Mens se maag net 2 tot 3 dae werk.Drink coke en eet n appel wat gerasper is maar dit moet eers bruin trek nadat jy dit gerasper het.

    ReplyDelete
  42. hi my ma le nou tans in witbank hospitaal .ek dink sy het n maagseer ,sooibrand kan nie al die kose eet nie .sy gooi op soms is haar maag hard soms spoel hy net .sy word baie maar sy weeg nou 27 kg ..hul het haar nou op aarvoeding .en doen heeltyd bloed toetse ...en in tussen word sy net slegter .haar voete lyk of dit wil bars ....asseblief het iemand raad wat kan ons doen .

    ReplyDelete
  43. Hi ekt kanker in my derms wat kan ek gebruik om die naarheid en suur en winde in my maag te gebruik

    ReplyDelete
  44. Hi ek is 23jr oud ekt 7 maande terug n peptiese maagsweer ontwikkel ek kan niks eet of drink ni dan brand my maag en pyn ook dieselfde tyd. Ek drink glad nie enige alkhol nie en rook ook glad ni. Ek het al alles probeer maar ek word nie gesond ni. Kan enige iemand vir my raad gee asb. Dankie

    ReplyDelete
  45. Anonymous24/7/20 21:52

    Eet Marie koekies, elke uur n koekie, probeer altyd om iets te eet. As jou maag leeg is sal n maagseer dit laat pyn.

    ReplyDelete
  46. 1 EETLEPEL Olyfolie een tot drie maal per dag speel klaar met maagsere.

    ReplyDelete
  47. Hello almal Ek sit ok met n pyn Onder my linker rib weetnie wat dit is ok Nie hsp my gese is n alser dit eers in middel begin toe kry Ek n steek pyn in die linker Kant net Onder my rib as Ek sit dit baie seer en as Ek le voel dit Dan Onder my rib mar sit voel dit op my Maag weet Ok Nie Meer wat is wat Nie hul my 1 ste op noser 20mg gesit en toe verander hul dit Na laserloc toe en Na 2 dag Ek baie siek geraak naar kopseer Maag werkings en kopseer stywe nek ens dit helps drink Nou weer die 1 ste mar dit bly pyn en Ek sit die Meer pyn

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous2/8/21 00:05

      3 jaar gelede het ek ook met ñ pyn gesukkel ook links net onder die rib in. Altyd op dieselfde plek. Dit was baie seer en knaend. Het baie ongemak gehad. Ek het vermoed dat dit ñ maagseer is en is dokter toe. Die dokter het my toe ook op die PPI medisyne gesit. Die pyn het maar net voortgeduur. Slippery Elm druppels het bietjie vetligting gegee soms. ñ Jaar en ñ half later, wys ñ Gastroskopie dat daar geen maagseer was nie.
      Iewers het die lig opgegaan dat dit dalk verband kan hou met GLUTEN INTOLLERANSIE.
      Sny onmiddelik enige winkelbrood uit. So ook pastas en droë gis as suurdeeg. Dit is nou al ñ jaar en ñ half later, en daardie pyn is nogstees weg. Ek eet wel nog tuisgebakte brood gemaak van Eureka meel (stonegrind). Die suurdeeg is die 'nat suurdeeg by winkels se brood afdeling. Verfynde meel (en byvoegings?) was in my geval die sondebok. Dit sluit alle gebak ook in. Die dr glo tot vandag toe dat die suuronderdrukker PPI die maagseer ' genees het. Sterkte. Hoop dit help vir jou ook.

      Delete
  48. Hotnotsvy eet 3 keer n dag = 3 x vingers dit werk. dit kan my ouma en ek vir julle se nie lekker nie maar werk 100% vir maagseer.

    ReplyDelete
  49. Ek wil vra oor Hotnotvy vir maagsweer moet jy alles eet of net sap uitkou. Groot asb

    ReplyDelete
  50. Raad oor Hotnotvy eet jy alles of net sap groot asb

    ReplyDelete
  51. Hi ek is 8 weke swanger en het n maagseer en ongemak in die maag water ander raad is daar anders as gaviscon ?

    ReplyDelete
  52. My ouma het n maagseer ek wil hoor sy is n diabetes en het gegaan vir n hardomleding wat kan sy dan eet

    ReplyDelete