Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



8.6.09

Baarmoeder

Die baarmoeder is 'n orgaan van 'n vrou waarin die baba leef tot by geboorte.
(Leonardo da Vinci se skets van die baarmoeder.)

48 comments :

  1. Anonymous8/6/09 08:05

    Hoe word ´n gebarste sist in jou baarmoeder of eierstokke gewoonlik behandel? My dr het slegs vir my pynpille voorgeskryf, wat in elk geval nie gewerk het nie. Hoe verhoed ek ´n sist in die toekoms?

    ReplyDelete
  2. Suster Barbara Pelser8/6/09 08:05

    As die sist eers gebars het, kan daar niks meer aan gedoen word nie, want die probleem het homself opgelos. Pynpille is maar die enigste behandeling. Ongelukkig is daar geen manier om dit te voorkom nie. Dit gaan gepaard met hormone en sommige vroue is maar net meet geneigd om dit te kry.

    ReplyDelete
  3. My meisie sukkel die afgelope tyd met ´n pyn in haar baarmoeder se omgewing, maar vanaand was dit regtig erg. Sy kon amper nie asem haal nie. Sy sê dit gebeur gewoonlik so min of meer 2 weeke na haar laaste period, maar die keer was dit die ergste. Enige raad sal waardeer word.

    ReplyDelete
  4. Suster Barbara Pelser8/6/09 08:07

    Dit is moeilik om te sê wat die oorsaak van die pyn kan wees, aangesien daar heelwat moontlikhede is. Ouderdom en swangerskap speel ook ´n rol. Wat dit wel kan wees is endometriose, ´n sist op ´n eierstok, infeksie, ens. ens. Die beste sal wees om dokter toe te gaan sodat die regte diagnose gemaak kan word en behandeling kan begin. Sterkte.

    ReplyDelete
  5. Ek is 19 weke swanger en kry nou en dan krampe op my maag. Partykeer is dit in my sy. Omdat dit my eerste swangerskap is, weet ek nie regtig wat om te verwag nie. Ek het my ginekeloog hieroor gevra maar hy sê ek moet nie bekommerd wees nie aangesien dit net my baarmoeder is wat vergroot

    ReplyDelete
  6. Suster Barbara Pelser8/6/09 08:08

    Dit is moontlik dat dit jou baarmoeder is wat vergroot. Die ander moontlikheid is dat dit die ligamente by jou pelvis of bekken is wat rek. Dit gebeur a.g.v. die hormoon progesteroon. Meeste swanger vroue sukkel met hierdie probleem en dit is heeltemal normaal. Hou dit in elke geval dop. Indien jy pyne begin kry wat kom en gaan of 'n afskeiding het, is dit beter om jou dokter te gaan sien.
    Sterkte met jou swangerskap, en hoop om weer van jou te hoor.

    ReplyDelete
  7. Ek het in die week uit gevind my baarmoeder lê agteroor soos die dr. dit noem. Nou wil ek net graag weet, sal ek swanger kan raak, want ek sukkel al meer as twee jaar on swanger te raak. As daar net vir my raad is dan sal ek ook al beter voel. Moet ek bekommerd wees ...

    ReplyDelete
  8. Anonymous8/6/09 08:09

    Dit is die geval met omtrent 15% van alle vroue. Normaalweg veroorsaak dit nie probleme met swangerskap nie. Vra jou dokter om alle moontlike oorsake vir jou gesukkel te ondersoek.

    ReplyDelete
  9. Joey Botha8/6/09 08:10

    Ek het 'n historektomie gehad a.g.v kanker. Ek wil weet hoe en wat om te doen om uit te vind van 'n baarmoederoorplanting.

    ReplyDelete
  10. Magriet Walker8/6/09 08:10

    Ek weet dat 'n histerektomie 'n permanente verwydering van die baarmoeder is. Is dit enigsins moontlik om 'n nuwe baarmoeder oorplanting te kry, of 'n ander alternatief om weer swanger te word? Met vandag se tegnologie en hartoorplantings wonder ek net of iemand al 'n baarmoeder oorplanting gehad het met enige suksesse van swangerskap.

    ReplyDelete
  11. Anonymous8/6/09 08:11

    Die eerste baarmoederoorplanting is nog in die fase van beplanning.

    ReplyDelete
  12. Hallo ek will net weet ek is 37 en kry gereeld vergrooisels in my baarmoeder twee jaar terig het my dokter dit verwyder ek het weer gekry het twee kinders dokter se dit help nie om dit weer te verwyder nie wat is die volgende opsie wat ek het. Wat is die Engelse woord vir baarmoeder?

    ReplyDelete
  13. Anonymous8/6/09 08:13

    Die Engels vir baarmoeder is "womb".

    ReplyDelete
  14. Anonymous8/6/09 08:14

    Ek wil graag meer inligting kry. Ek het van my ginikoloog verneem dat my baarmoeder agteroor le. Dit het egter vir my gelyk asof sy nie baie bekommerd is daaroor nie. Sy het my meegedeel om na gemeenskap op my maag te le, ten einde die sperms in die regte rigting te stuur.



    Ek het egter met mense gepraat wat dieselfde probleempie het. Een dame het reeds 4 miskrame gehad, asook ‘n buis swangerskap wat haar vir 4 maande in die bed gehad het. Die ander dame het met ‘n operasie haar baarmoeder laat herstel en toe wel een kind gehad met kunsmatige bevrugting. Die laaste dame het nooit swanger geraak nie.



    Ek kan nie help om effe bekommerd te wees nie. Ek en my man is nou onlangs getroud, en wil ons nie noodwendig dadelik begin met kinders nie. Maar ek wil bitter bitter graag kinders he.



    Ons het besluit om van die pil af te klim en te probeeer swanger raak, sodat ons tyd het vir operasies, kunsmatige bevrugting of aanneming indien ek nie kan swanger raak nie, asook sodat ek nog ‘n jong liggaam kan he vir ingeval die swangerskap moeilik is.



    Ek het egter ook pas my eie prokureurs praktyk geopen en is my moeder derhalwe nie ten gunste van ons poging om swanger te raak nie. Sy is bekommerd dat ek sal moet weg wees van my kantoor vir lank, en derhalwe my besigheid op die spel sit.



    My gevoel is net om eerder vroeer te begin probeer as later, veral omdat dit blyk dat ons dalk mag sukkel.



    Is daar dalk iemand wat ek kan kontak of ‘n website wat ek kan besoek, waar ek meer inligting kan kry. Ek verneem tussen 7% en 18% van die bevolking se vrouens het hierdie “probleem”.

    Byvoorbaat dankie

    ReplyDelete
  15. Anonymous5/8/09 17:25

    Hi. Ek het die mirena ingehad vir 2 jaar en ek het hom nou al vir 4 maande laat uithaal. Ek het nie geovuleer nie en my dokter het my Fertomid pille voorgeskryf. Maand een het die eiersel op dag 10 gebars maar het ons dit nie geweet nie en nie gemeenskap gehad in die tyd nie. Maand 2 het die eiersel glad nie gebars nie en vermoed die ginekoloog dat dit 'n sist is. Wat is 'n sist? Hoe word dit gevorm? Wat is die kanse vir swanger raak en wat is die oorsaak van 'n sist? Op watter website sal jy meer oor dit kry en ook prente wat dit vir jou makliker verduidelik en alles wys.

    ReplyDelete
  16. Mev Botha15/9/09 09:06

    Ek is amper 8 weke swanger. Het het krampe op my maag gehad gister. Die dokter se dat ek moet wegbly van kool,uie en goed wat winde maak. Dit is vir my so snaaks want dis my 2de swangerskap. My eerste swangerskap kon ek eet wat ek wil. Elke swangerskap is seker anders. Ek hoop al die swanger vroue het n lekker dag vandag!

    ReplyDelete
  17. Meisie Botha,

    Dis nooit dieselfde nie. Vat dit van iemand wat al vier keer swanger was.

    Geniet dit, mens kan nie 'n beter ding aan jouself doen nie.

    ReplyDelete
  18. Anonymous30/1/10 14:30

    Ek het omtrent 15jaar gelede 'n histerektomie gehad (my eierstokke is behou). Ek is in die tussentyd weer getroud & wil graag nog 'n baba he. Is baarmoederoorplanting moontlik & waar begin ek navraag doen?

    ReplyDelete
  19. Antoinette26/2/10 15:17

    Ek wil graag uitvind wat dit beteken as die ginekoloog se daar is ‘n verdikking in die baarmoederwand. Hy het ook gese die baarmoeder is besig om toe te groei. Is daar behandeling vir die toestand of is ‘n histerektomie die enigste uitweg?

    ReplyDelete
  20. Nell
    Daar is geskiedenis van baarmoeder kanker in ons familie , hoe weet ek of ek dit ok sal kry en wat is die simtome daarvan ....ek het soms 'n bruin afskeiding wat regtig nie goed ruik nie .....en ek voel te skaam om langs mense te sit die reuk kleef aan my . WAt kan dit wees....

    ReplyDelete
  21. Anonymous5/7/10 12:51

    kan ek swanger raak as my baarmoeder vergroot is? My dogtertjie is al 1 jaar 2 maande oud en my baarmoeder is nog steeds vergroot en tog het ek geborsvoed.

    ReplyDelete
  22. Anonymous10/8/10 13:22

    My dogter is nou 20 ek het haar laas week by n ginekeloog gehad oor die baarmoeder wat ook om gedraai lê, die beste wat hy voorgestel het is om vir n klein operasie te gaan, hulle draai glo die baarmoeder terug na sy regte posisie, jy is glo af vir 4 weke ma die dokter sê dit is die moeite werd

    ReplyDelete
  23. Haai, ek is 11 weke swanger en die was by my ginekeloog, volgens hom het ek 'n ligte infeksie in my baarmoeder? Wat beteken dit alles en hoe hanteer ek dit?

    ReplyDelete
  24. Anonymous8/9/11 15:46

    Himy suster is nou 1 tot 2 weke swanger sy het baie seer gehad op eierstokke toe sy gaan vir n sonar toe wys dit daar is geen babba in die baar moeder nie maar haar bloedtoets wys sy is swanger maar sit nou met n groot sust op vroue dele so groot soos n tennius bal die dokters e hulle sal die baba nou moet soek omdat daar geen teken van swangerskap is in haar baar moeder nie kan u my raad gee hulle se die dis nie n buisskap swangerskap nie maar wa is die baba dan nou kan u my raad gee ASB

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous5/3/12 09:40

      wel ek dink dis n buis swangerskap n dokter het vir my al gese as jou toets wys jy is swanger en daar is niks is dit n buis swangerskap of dit kan moontlik n skuin swangerskap wees gaan vir n twede opienie sterkte

      Delete
  25. Anonymous19/9/11 19:23

    Hi daar, Ek en my man sukkel nou al 6jaar vir my 2de kind. My Dr sê alles is normaal by my, ek voel ook self wanneer ek ovuleer, gaan gepaard met 'n pyn, en menstureer gereeld 28 - 30 dag. Ek is 32 jaar oud en is nou al desperaat. Moet ek dalk 'n ginekoloog gaan sien?

    ReplyDelete
  26. Anonymous20/9/11 10:40

    Ek was by die Dr en het hy knoppe op my baarmoeder gevoel. Hy het 'n toets laat doen [papsmeer] en vir my anti-biotika solank gegee. Ek het omtrent die heeltyd seer.


    MOET EK "WORRY" want ek doen???

    ReplyDelete
  27. Anonymous21/9/11 10:55

    Dit kan wees dat jou suster bevrug is, maar dat die swangerskap nooit ontwikkel het nie. Die dokters behoort die probleem op te spoor.

    ReplyDelete
  28. Anonymous22/9/11 10:49

    Gaan spreek 'n ginekoloog, dit kan jou net goed doen.

    ReplyDelete
  29. Anonymous3/1/12 12:19

    hi ek is 4 weke swanger met n sist, het enige een al so iets gehad, kan iemand my raad gee, dis my eerste swangerskap, gee raad asb, my dr se mens kan niks doen nie, net wag.

    ReplyDelete
  30. Anonymous5/3/12 09:31

    ek was 26 jaar oud toe ek n hestorektomie gehad het. ek sukkel nou vreeslik met buik pyn ens. en soms het ek n reuk waarvan ek nie hou nie. die reuk het gekom net na my hestorektomie. almal het gese as jy n hestorektomie kry gaan jy jou man ook nie kan uit los nie ek wil meer n warmmer vrou wees. wat is die rede van dit. dan wil ek ook net n doem vraag vra. ek het gehoor van n vrou se baarmoeder en eierstokke wat terug geegroei het kan dit gebeur

    ReplyDelete
  31. Anonymous21/3/12 15:17

    hi ek was n week gelede by n ginikiloog, my baarmoeder le ook agteroor, maar ek het n verskriklike brandpyn wat voel of daar n kool vuur binne in my is, ek het al verskeie medikasie gebruik, maar niks maak dit beter nie, kan enige iemand my dalk help wat om te doen om dit gesond te kry!

    ReplyDelete
  32. hi kan n man ook geknoop word om nie kinders te kry nie m,a wil later in die lewe probeer

    ReplyDelete
  33. Anonymous7/3/13 17:00

    Hallo, ek het 2 jaar terug historektomie gehad agv kanker. Nou het ek 'n klein knoppie in my regter bors, wat is die kans dat dit weer kanker kan wees?

    ReplyDelete
  34. Anonymous23/4/13 15:06

    Hallo, Ek het 3 jaar gelede 'n historektomie gehad nou ondervind ek ek gedurig pyne of die regterkant of die linkerkant van my eierstokke pyne kry dat ek nie kan beweeg nie. Soms kry ek 'n afskeiding so af en toe ek is regtig bekommerd daaroor. Wat kan dit wees?

    ReplyDelete
  35. Anonymous18/9/13 06:20

    Hi
    Ek is 'n 20jarige jong dame ,'n roker en wil graag 'n storie vertel en 'n paar vrae vra.Ek het my maandstonde op die ouderdom van 11 gekry.die ouderdom van 14 het ek my eerste omgang gehad,ek was 16 toe ek voorbehoedmiddels begin en gebruik het.Ek het inspuitings gebruik vir 'n jaar,en op 17 het ek niks gebruik nie,maar het ook nie my maandstonde gekry nie.Ek het gedink dis normaal en my maag het begin en swel en gedink ek is swanger ,die toets wat hule geneem het was positief,soos ek vermoed het was ek 3maande swanger ek het al die swangerskap pille gekry en gedrink. Die derde maand het my maag weer plaat geword ,sonder dat daar enige iets of bloed afgekom het.Daardie jaar het verby gegaan en op my 18de jaar het ek weer soos normaal weg my "periods"gekry,soos ek gegaan het vir dood gewone ondersoeke by die kliniek ,het die susters wat daar was my bemoedig om weer voorbehoedmiddels te gebruik,weens die jong mense van vandag sommer net swanger word,in tussen het ek weer gewig op getel.Ek het dan inspuitings gebryk miskien vir 2maande ,dan die pil,die laaste paar maande het ek ophou dit gebruik en wou he die ou-bloed moes uit vloei.In daardie tyd het ek my ou ontmoet en het van die begin van ons verhouding vir 2maande gevloei,ek het maer geword en my linkerkAnt se bors het gepyn,seker van die vloei,ons twee het ook seks gehad in die tyd wat ek gevloei het.Sy anties het gese dat ek moet iets gebruik om die bloeding te stop en ek het kliniek toe gegaan en die suster het gese dis normaal,en het sommer op die pil gegaan.Toe ek by my skoonmense kom het hule aangedring dat ek die inspuiting moet gebruik,want hul jong suster het swanger geword terwyl sy die pil gebruik het.Ek het toe maar die inspuiting gebruik om net die vrede te bewaar,later toe los ek en gebruik toe weer en daarna weer gelos,vir 'n maand of so.Toe besluit ek genoeg is genoeg want my bloed kry ni meer kans om yt te kom nie en gebruik sommer weer die pil en na dit het ek begin en vloei.Dit het normaal gebloei die eerste keer na 'n jaar,en daarna het ek gevloei vir 'n dag in 'n maand,dan skip ek weer 'n maand dan weer 'n dag ,tot nou nog toe.Verlede week het ek mangels gehad en pyn in my linkerkant se bors ,ek was nie dokter toe nie.Die mangels was so seer dat daar wit goed op was,ek verneem dit was bakteria ,ek het maar die oumense se raad gevolg en die webwerf se raad en dit het toe beter geword.Na alles het my maag begin pyn en moes elke 5minute toilet toe hardloop,alles wat ek eet dan moet ek gaan,net Maandag toe kry ek my periods,seker na 2maande.Terselfde tyd het ek myself ondersoek en bekyk en sien toe dat my linkerkant se bors ,tussen die raam en tepel geswel is en dit is verskriklik baie seer,en my periods het alweer opgehou.Voor ek vergeet my borste is van die ouderdom van 11jaar oud ook baie groot,soos 'n groot vrou sin,soos iemand wat al 'n kind het.Daar is so baie wat ek wil se ,in die tyd wat ek en my ou bymekaar is,dis nou al 1jaar en 9maande,ons is bje getrou aan mekaar sal weet wanneer iets verkeerd is,kry ek verskriklik baie infeksies.Moet my nie verkeerd verstaan nie maar ni een van ons het al rond geslaap of rond gekyk ni,want ons is van dag 1af saam,slaap en bly.OH ja,en as ek enige snaakse toilet papier gebruik dan swel my anes soos 'n klier,en dit is baie baie seer.Die dokter het gese dis 'n gewone ding,wat kom en gaan,dit was 'n staat dokter.My vraag is ,is dit moontlik dat ek kanker kan he in my borste of baar? Dankie vir u geduldheid maar ek moes reg verduidlik sodat u kan verstaan.!

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous18/9/13 08:20

      Wat jou borste betref, moet jy oorweeg om te gaan vir 'n mammogram. Wat die res betref moet jy 'n ordentlike mediese ondersoek oorweeg. Om net periodiek 'n dokter te sien help nie altyd nie.

      Delete
    2. Myne amper dieselfde net nie so baie problme nie net na werk en begin van vrouetyd dans dit baie seer

      Delete
  36. Hi jammer om tepla ek het 1kind na geboorte kon ek vir 2 weke nie loop nie dus 6jaar later wil graag preggies word het inspuitings onlangs gelos maar nie seker nie kry n aanhoudinde pyn in my buise wat veroorsaak dit as die rooi lig nader kom dan gebeur dit elke keer wat kan dit wees ek is n besige vrou maar my vroudele is iets veskrikliks

    ReplyDelete
  37. Anonymous19/5/15 11:14

    Hi
    Ek het Endiometriose in baarmoeder, kan ek kinders kry nadit dit verwyder is, ek weet dit groei weer terug maar deur wie kan ek gaan het nie medies nie. Wie kan ek kontak by Kimberley Staats Hospitaal.

    ReplyDelete
  38. Soek raad om swanger te raak as it n agteroor baarmoeder het

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous4/1/18 08:56

      Hi Mrs A, Die agteroor baarmoeder op sigself is nie 'n probleem nie. Jy kan normaalweg swanger raak, MAAR daar mag 'n onderliggende probleem wees wat dit veroorsaak en swangerskap kan bemoeilik. Om dit uit te vind sal jy vir 'n mediese ondersoek moet gaan.

      Delete
  39. Soek raad om swanger te raak as it n agteroor baarmoeder het

    ReplyDelete
  40. Hlo ek het verskriklike baar pyn dan ganit oor na my nure dis baie seer en my oner deele ook al seer en en skei bietjie bloed af wat kan dt wees ek bekommert

    ReplyDelete
  41. Hlo ek het verskriklike baar pyn dan ganit oor na my nure dis baie seer en my oner deele ook al seer en en skei bietjie bloed af wat kan dt wees ek bekommert

    ReplyDelete
  42. Hi ek wil nt weet ek nog laas die 20ste oktober my menstrusie gekry was by sonar geen teken van baba ht al 7swangerskap toetse gedoen almal positief bloed wys ook positief vir swangerskap hulle sien niks in my baar hulle praat van buis baba maar ek twyfel kan enige iemand vir my raad gee e as dt i buis baba is moet hle ditni kan optel in bloed

    ReplyDelete
  43. Anonymous2/2/23 16:24

    Is dit normaal as n vrou se baarmoeder af wys en kan sy weer swanger raak.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous8/2/23 12:11

      Dit word gewoon as 'n normale varaiasie van die gewone posisie beskou. Jy is nog steeds vrugbaar. 'n Dokter mag dit wel in ag neem indien jy sukkel om swanger te raak.

      Delete