Loading

Onderwerpe

A/H1N1-virus Aambeie Aandagtekort-hiperaktiwiteitsversteuring Aknee Akupressuur Allergieë Anemie Aneurisme Anorexia Nervosa Artritis Asma ATHV Atleetvoet Baarmoeder Baba Babalaas Beroerte Blaar Blaasinfeksie Blase Bleeksiekte Bloedarmoede Bloedsomloop Bloedvinte Boeke Borste Bosluiskoors Brandwonde Brein Breinontsteking Breinvliesontsteking Brongitis Buikloop Buikswelling Bulimia Nervosa Candida albicans Cholesterol Dehidrasie Depressie Diabetes Diarree Dieet Dismenoree Divertikulitis Doppe Duitse masels Eierstokke Ekseem Endometriose Ensefalitus Epilepsie Fallopiusbuis Fibromialgie Galblaas Galstene Gastritis Geboorte skenk Geboortebeperking Geelsug Gesplete verhemelte Gilles de la Tourette-sindroom Griep Grierson-Gopalan sindroom Groeipyne Haaslip Hardlywigheid Hare Hartsiektes Hipertensie Hoes Hoofpyn Hormoonvervangingsterapie Hoë bloeddruk HVT Inkontinensie Insekbyt Insomnia Insulien Jappiegriep Jig Kalium Karbonkels Keel Klierkoors Koliek Koors Krampe Kroniese Moegheid Sindroom Kunsmatige inseminasie Lewer Lippe Longontsteking Luieruitslag Maagpyn Maagseer Malaria Mangels Mantelvliesbreuk Masels Medisyne Meningitis Menstruasie Migraine Mioom Miskraam Moesies Mondhigiëne Ménière-siekte Naarheid Naels Nek Niere Oefening Oggendnaarheid Omlope Ontwatering Onvrugbaar Oogprobleme Osteoporose Outisme Ovaria Ovulasie Pampoentjies Parasiete Peptiese ulkus Pernio Pitswere Plooie Pre-eklampsie Prikkelbare-dermsindroom Prostaat Prostatitis Psoriase Psoriatiese artritis Puisies Raoultella Ornitholytica Ringwurm Rook Rubella Rugpyn Rumatoiede artritis Rustelose bene Seekosallergie Seks Senuwees Servikskanker Sinusitis Skildklier Skilfers Skisofrenie Skouerontwrigting Skurfsiekte Slaaploosheid Slaapversteurings Snork Snye en skrape Sooibrand Spastiese kolon Spatare Speekselkliere Spierpyn Spierverrekking Spondilitis sportbeserings Sproei Sterilisasie Stink asem Stres Stuipe Suikersiekte Swaminfeksie Swangerskap Sweet Tande Tandvleisontsteking Tendonitis Tenniselmboog Testis Tinea Tinnitus Tong Tourette-versteuring Trigomoniase Troshoofpyn Tuberkulose Uretritis Urienweginfeksie Vaginale infeksies Varkgriep Vasektomie Vel Verbygaande iskemiese aanval Vergiftiging Verkalkte are Verkoue Verrekking Verslawing Verstuiting Verswik Vet VIA Vingers Vitamiene Voeding Voedselvergiftiging Voete Voetskimmel Voorbehoedmiddels Vratte Vriesbrand Vrugbaarheid Vrugwater Waterblaas Waterpokkies Werwelontsteking Wind Wingerdgriep Wintershande Wintersore Wintersvoete Woedeuitbarstings Wurms

8.6.09

Baarmoeder


Die baarmoeder is 'n orgaan van 'n vrou waarin die baba leef tot by geboorte.

(Leonardo da Vinci se skets van die baarmoeder.)

29 vrae / kommentaar:

  1. Hoe word ´n gebarste sist in jou baarmoeder of eierstokke gewoonlik behandel? My dr het slegs vir my pynpille voorgeskryf, wat in elk geval nie gewerk het nie. Hoe verhoed ek ´n sist in die toekoms?
    ReplyDelete
  2. Suster Barbara PelserJun 7, 2009 11:05 PM
    As die sist eers gebars het, kan daar niks meer aan gedoen word nie, want die probleem het homself opgelos. Pynpille is maar die enigste behandeling. Ongelukkig is daar geen manier om dit te voorkom nie. Dit gaan gepaard met hormone en sommige vroue is maar net meet geneigd om dit te kry.
    ReplyDelete
  3. My meisie sukkel die afgelope tyd met ´n pyn in haar baarmoeder se omgewing, maar vanaand was dit regtig erg. Sy kon amper nie asem haal nie. Sy sê dit gebeur gewoonlik so min of meer 2 weeke na haar laaste period, maar die keer was dit die ergste. Enige raad sal waardeer word.
    ReplyDelete
  4. Suster Barbara PelserJun 7, 2009 11:07 PM
    Dit is moeilik om te sê wat die oorsaak van die pyn kan wees, aangesien daar heelwat moontlikhede is. Ouderdom en swangerskap speel ook ´n rol. Wat dit wel kan wees is endometriose, ´n sist op ´n eierstok, infeksie, ens. ens. Die beste sal wees om dokter toe te gaan sodat die regte diagnose gemaak kan word en behandeling kan begin. Sterkte.
    ReplyDelete
  5. Ek is 19 weke swanger en kry nou en dan krampe op my maag. Partykeer is dit in my sy. Omdat dit my eerste swangerskap is, weet ek nie regtig wat om te verwag nie. Ek het my ginekeloog hieroor gevra maar hy sê ek moet nie bekommerd wees nie aangesien dit net my baarmoeder is wat vergroot
    ReplyDelete
  6. Suster Barbara PelserJun 7, 2009 11:08 PM
    Dit is moontlik dat dit jou baarmoeder is wat vergroot. Die ander moontlikheid is dat dit die ligamente by jou pelvis of bekken is wat rek. Dit gebeur a.g.v. die hormoon progesteroon. Meeste swanger vroue sukkel met hierdie probleem en dit is heeltemal normaal. Hou dit in elke geval dop. Indien jy pyne begin kry wat kom en gaan of 'n afskeiding het, is dit beter om jou dokter te gaan sien.
    Sterkte met jou swangerskap, en hoop om weer van jou te hoor.
    ReplyDelete
  7. Ek het in die week uit gevind my baarmoeder lê agteroor soos die dr. dit noem. Nou wil ek net graag weet, sal ek swanger kan raak, want ek sukkel al meer as twee jaar on swanger te raak. As daar net vir my raad is dan sal ek ook al beter voel. Moet ek bekommerd wees ...
    ReplyDelete
  8. Dit is die geval met omtrent 15% van alle vroue. Normaalweg veroorsaak dit nie probleme met swangerskap nie. Vra jou dokter om alle moontlike oorsake vir jou gesukkel te ondersoek.
    ReplyDelete
  9. Ek het 'n historektomie gehad a.g.v kanker. Ek wil weet hoe en wat om te doen om uit te vind van 'n baarmoederoorplanting.
    ReplyDelete
  10. Magriet WalkerJun 7, 2009 11:10 PM
    Ek weet dat 'n histerektomie 'n permanente verwydering van die baarmoeder is. Is dit enigsins moontlik om 'n nuwe baarmoeder oorplanting te kry, of 'n ander alternatief om weer swanger te word? Met vandag se tegnologie en hartoorplantings wonder ek net of iemand al 'n baarmoeder oorplanting gehad het met enige suksesse van swangerskap.
    ReplyDelete
  11. Die eerste baarmoederoorplanting is nog in die fase van beplanning.
    ReplyDelete
  12. Hallo ek will net weet ek is 37 en kry gereeld vergrooisels in my baarmoeder twee jaar terig het my dokter dit verwyder ek het weer gekry het twee kinders dokter se dit help nie om dit weer te verwyder nie wat is die volgende opsie wat ek het. Wat is die Engelse woord vir baarmoeder?
    ReplyDelete
  13. Die Engels vir baarmoeder is "womb".
    ReplyDelete
  14. Ek wil graag meer inligting kry. Ek het van my ginikoloog verneem dat my baarmoeder agteroor le. Dit het egter vir my gelyk asof sy nie baie bekommerd is daaroor nie. Sy het my meegedeel om na gemeenskap op my maag te le, ten einde die sperms in die regte rigting te stuur.



    Ek het egter met mense gepraat wat dieselfde probleempie het. Een dame het reeds 4 miskrame gehad, asook ‘n buis swangerskap wat haar vir 4 maande in die bed gehad het. Die ander dame het met ‘n operasie haar baarmoeder laat herstel en toe wel een kind gehad met kunsmatige bevrugting. Die laaste dame het nooit swanger geraak nie.



    Ek kan nie help om effe bekommerd te wees nie. Ek en my man is nou onlangs getroud, en wil ons nie noodwendig dadelik begin met kinders nie. Maar ek wil bitter bitter graag kinders he.



    Ons het besluit om van die pil af te klim en te probeeer swanger raak, sodat ons tyd het vir operasies, kunsmatige bevrugting of aanneming indien ek nie kan swanger raak nie, asook sodat ek nog ‘n jong liggaam kan he vir ingeval die swangerskap moeilik is.



    Ek het egter ook pas my eie prokureurs praktyk geopen en is my moeder derhalwe nie ten gunste van ons poging om swanger te raak nie. Sy is bekommerd dat ek sal moet weg wees van my kantoor vir lank, en derhalwe my besigheid op die spel sit.



    My gevoel is net om eerder vroeer te begin probeer as later, veral omdat dit blyk dat ons dalk mag sukkel.



    Is daar dalk iemand wat ek kan kontak of ‘n website wat ek kan besoek, waar ek meer inligting kan kry. Ek verneem tussen 7% en 18% van die bevolking se vrouens het hierdie “probleem”.

    Byvoorbaat dankie
    ReplyDelete
  15. Hi. Ek het die mirena ingehad vir 2 jaar en ek het hom nou al vir 4 maande laat uithaal. Ek het nie geovuleer nie en my dokter het my Fertomid pille voorgeskryf. Maand een het die eiersel op dag 10 gebars maar het ons dit nie geweet nie en nie gemeenskap gehad in die tyd nie. Maand 2 het die eiersel glad nie gebars nie en vermoed die ginekoloog dat dit 'n sist is. Wat is 'n sist? Hoe word dit gevorm? Wat is die kanse vir swanger raak en wat is die oorsaak van 'n sist? Op watter website sal jy meer oor dit kry en ook prente wat dit vir jou makliker verduidelik en alles wys.
    ReplyDelete
  16. Ek is amper 8 weke swanger. Het het krampe op my maag gehad gister. Die dokter se dat ek moet wegbly van kool,uie en goed wat winde maak. Dit is vir my so snaaks want dis my 2de swangerskap. My eerste swangerskap kon ek eet wat ek wil. Elke swangerskap is seker anders. Ek hoop al die swanger vroue het n lekker dag vandag!
    ReplyDelete
  17. Meisie Botha,

    Dis nooit dieselfde nie. Vat dit van iemand wat al vier keer swanger was.

    Geniet dit, mens kan nie 'n beter ding aan jouself doen nie.
    ReplyDelete
  18. Ek het omtrent 15jaar gelede 'n histerektomie gehad (my eierstokke is behou). Ek is in die tussentyd weer getroud & wil graag nog 'n baba he. Is baarmoederoorplanting moontlik & waar begin ek navraag doen?
    ReplyDelete
  19. Ek wil graag uitvind wat dit beteken as die ginekoloog se daar is ‘n verdikking in die baarmoederwand. Hy het ook gese die baarmoeder is besig om toe te groei. Is daar behandeling vir die toestand of is ‘n histerektomie die enigste uitweg?
    ReplyDelete
  20. Nell
    Daar is geskiedenis van baarmoeder kanker in ons familie , hoe weet ek of ek dit ok sal kry en wat is die simtome daarvan ....ek het soms 'n bruin afskeiding wat regtig nie goed ruik nie .....en ek voel te skaam om langs mense te sit die reuk kleef aan my . WAt kan dit wees....
    ReplyDelete
  21. kan ek swanger raak as my baarmoeder vergroot is? My dogtertjie is al 1 jaar 2 maande oud en my baarmoeder is nog steeds vergroot en tog het ek geborsvoed.
    ReplyDelete
  22. My dogter is nou 20 ek het haar laas week by n ginekeloog gehad oor die baarmoeder wat ook om gedraai lê, die beste wat hy voorgestel het is om vir n klein operasie te gaan, hulle draai glo die baarmoeder terug na sy regte posisie, jy is glo af vir 4 weke ma die dokter sê dit is die moeite werd
    ReplyDelete
  23. Haai, ek is 11 weke swanger en die was by my ginekeloog, volgens hom het ek 'n ligte infeksie in my baarmoeder? Wat beteken dit alles en hoe hanteer ek dit?
    ReplyDelete
  24. Himy suster is nou 1 tot 2 weke swanger sy het baie seer gehad op eierstokke toe sy gaan vir n sonar toe wys dit daar is geen babba in die baar moeder nie maar haar bloedtoets wys sy is swanger maar sit nou met n groot sust op vroue dele so groot soos n tennius bal die dokters e hulle sal die baba nou moet soek omdat daar geen teken van swangerskap is in haar baar moeder nie kan u my raad gee hulle se die dis nie n buisskap swangerskap nie maar wa is die baba dan nou kan u my raad gee ASB
    ReplyDelete
  25. Hi daar, Ek en my man sukkel nou al 6jaar vir my 2de kind. My Dr sê alles is normaal by my, ek voel ook self wanneer ek ovuleer, gaan gepaard met 'n pyn, en menstureer gereeld 28 - 30 dag. Ek is 32 jaar oud en is nou al desperaat. Moet ek dalk 'n ginekoloog gaan sien?
    ReplyDelete
  26. Ek was by die Dr en het hy knoppe op my baarmoeder gevoel. Hy het 'n toets laat doen [papsmeer] en vir my anti-biotika solank gegee. Ek het omtrent die heeltyd seer.


    MOET EK "WORRY" want ek doen???
    ReplyDelete
  27. Dit kan wees dat jou suster bevrug is, maar dat die swangerskap nooit ontwikkel het nie. Die dokters behoort die probleem op te spoor.
    ReplyDelete
  28. Gaan spreek 'n ginekoloog, dit kan jou net goed doen.
    ReplyDelete
  29. hi ek is 4 weke swanger met n sist, het enige een al so iets gehad, kan iemand my raad gee, dis my eerste swangerskap, gee raad asb, my dr se mens kan niks doen nie, net wag.
    ReplyDelete