Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



Showing posts with label Gastritis. Show all posts
Showing posts with label Gastritis. Show all posts

7.10.19

Bewyse dat gemmer effektief is vir die behandeling van braking by kinders

Meeste kinders sal in hul eerste drie lewensjare aan gastro ly. Braking kom voor by driekwart van dié kinders – wat ’n gevaar vir dehidrasie inhou. Terwyl die kinders gewoonlik suksesvol behandel word, beland ’n groot persentasie in die hospitaal.

Onlangse navorsing het bevind dat gemmer effektief gebruik kan word vir die behandeling van braking by kinders met akute gastro. Daar is bevind gemmer kan die duur en die erns van braking verminder.

Die navorsing was ’n gesamentlike poging van die European Laboratory for the Investigation of Food Induced Diseases en die Universiteit van Napels in Italië.

30.6.09

Gastritis

Gastritis is die ontsteking van die maag, veral die maagslymvlies. Dit word normaalweg veroorsaak deur die oormatige gebruik van alkohol of anti-inflammatoriese middels.