Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



29.6.09

Fibromialgie

Fibromialgie is ‘n toestand wat gekenmerk word deur moegheid en pyn in spiere en gewrigte.

Jy ly aan fibromialgie indien ten minste 11 spesifieke gedeeltes van jou liggaam met druk pynlik is en jy vir ten minste 3 maande pyn ervaar.

12 comments :

  1. Ek is so 'n jaar gelede gediagnoseer met fibromialgie. Het u asseblief enige raad vir die pyn en probleme?

    ReplyDelete
  2. Anonymous29/6/09 08:38

    Die toestand veroorsaak pyn in die spiere, gewrigte, ligamente en senings. Daar is medikasie vir die probleem, raadpleeg asseblief jou dokter daaroor. Die medikasie werk ook nie sommer oornag nie. Aanvanklik voel jy sleg in die oggend, maar na so ses tot ag weke behoort jou toestand te verbeter.
    Ligte oefening help ook om jou simptome te verlig. Swem of oefening met masjiene wat geen impak vereis nie is die beste. Begin stadig met so min as drie minute per dag en vermeerder dit stelselmatig tot een uur. Oefen ten minste vier keer per week. Dan kan jy oefeninge soos draf en stap begin aandurf.
    'n Goeie nagrus is ook belangrik en hou jou stresvlakke so laag as moontlik.

    ReplyDelete
  3. Anonymous29/6/09 08:39

    Ek wil graag weet wat Fibromialgie veroorsaak. Ek lewe al 30 jaar onder slegte omstandighede,
    teleurstellings, Woede, is my grootste probleem. kan dit my siekte se oorsaak wees?

    ReplyDelete
  4. Anonymous24/7/09 14:54

    Twyfel of dit wel die oorsaak kan wees, volgens 'n bekende professor en kenner op die gebied, is daar nog geen absolute oorsaak daarvoor geidentifiseer nie. Die woede kan wel spanning veroorsaak wat die simptome verseker vererger.

    ReplyDelete
  5. Anonymous29/7/09 22:08

    Fourie - dogters
    ons is ses susters en 3 van ons het dieselfde seer. ek is die jongste en van ek kan onthou het my moeder gekla van 'n seer lyf. mens voel soos een wat hewige koors het en met spiergriep gediagnoseer gaan word. tog makeer jy niks. ek kan nie se wat die aktiveer nie en kan ook nie se watter medikasie wel help nie.

    ReplyDelete
  6. Anonymous15/4/12 15:37

    Fibromyalgia
    http://www.niams.nih.gov/Health_Info/Fibromyalgia/default.asp
    Ek is 20jr terug gediagnoseer. Simptome is werklik, alhoewel sommige mense dink dis sielkundig. 'n Ingeligte, Spesialis Internis kan beslis help. Dieet- en medikasie verandering (met natuurlik baie gebed) het my lewe totaal verander. 'n Gesonder, meer pyn-vrye kondisie is beslis moontlik. Ek hoop dit help!!

    ReplyDelete
  7. hello
    wil graag weet ek is gediagniseer met fibromialgie gaan al klaar beter maar word in die oggend wakker met vingers wat styf is en baie pynlik enige raad

    ReplyDelete
    Replies
    1. Doen die vingeroefening wat hulle vir artritis voorskryf. Wanneer is jy gediagnoseer en op watter medikasie is jy? Is jou vingers geswel?

      Delete
  8. Ek ly al 3jaar aan fibromalgia. My skouers is al weggevreet. Rug en arms pyn vreeslik.wat kan ek gebruik

    ReplyDelete
  9. Ek ly al 3jaar aan fibromalgia. My skouers is al weggevreet. Rug en arms pyn vreeslik.wat kan ek gebruik

    ReplyDelete
  10. Ons vermoed my man ly aan fibriomialgie. Ons was by verskeie dokters om die oorsaak van sy pyne vas te stel maar loop ons teen 'n muur vas. Volgens hulle makeer hy niks en het hy artritis. Hulle wil 'n artroskopie op sy linker skouer doen maar huidiglik sukkel hy meer met sy regterskouer en sy toestand versleg weekliks. Hy het permanent pyn en kan byna nie sy arms gebruik nie. Hy slaap die grootste gedeelte van die nag in 'n Lazyboy. Is daar medikasie wat sal help of kan iemand 'n dokter aanbeveel wat ons kan gaan sien.

    ReplyDelete
  11. Asb ek wil ook weet watse medikasie. Ek kan nie eers my arm optel nie. My rug en nek spier trek ook styf en soms pyn in my heup bene.

    ReplyDelete