Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



8.5.09

Alkoholmisbruik

Die volgende is tekens van alkoholmisbruik:

• Beheptheid met alkohol
• Angstig oor alkohol
• Vertel leuens
• Spog oor die hoeveelheid wat hy drink
• Asem ruik na drank
• Drankies word vinnig gedrink
• Dink aan verskonings om te drink
• Ontken drankprobleem
• Skuldgevoelens oor drank
• Gebruik asemverfrissers
• Lei aan naarheid, eetverlies en vomering
• Oggendhoofpyne

bydrae: Karen

7.5.09

Mantelvliesbreuk - vol gevoel, sooibrand, hoes - mantelvlies breuk

Jy het gereeld 'n vol gevoel op jou maag al het jy nie veel geëet nie. Jy sukkel ook met sooibrand en kan selfs aanhoudend hoes. Dit is alles simptome van 'n mantelvliesbreuk.

Jy kan medikasie soos Lancap 15 mg probeer. Jy kan die medisyne koop. As medikasie nie werk nie gaan jy egter 'n operasie moet probeer.

6.5.09

Kunsmatige inseminasie

Die mees algemene vorme van kunsmatige inseminasie is:

Intra-uterien inseminasie: die manlike sperm word direk in die baarmoeder ingespuit. Dit is veral geskik waar daar probleme is met die man se sperm.

In vitro bevrugting: die vroulike eisel word in 'n laboratorium met die manlike sperm bevrug en teruggeplant in die vrou.

28.4.09

Ménière-siekte

Ménière-siekte is 'n aandoening van die balansorgaan in die middeloor. Die gevolge hiervan wissel van balansversteuring, gehoorverlies, abnormale gehoor, drukking in die oor en tinnitus. Indien jy enige van die simptome ervaar moet jy jou dokter gaan spreek.

Ons weet nog nie rerig wat die oorsake van Ménière-siekte is nie. Dit kom voor asof dit te doen het met 'n abnormale hoeveelheid vloeistof in die middeloor of 'n abnormale samestelling van die vloeistof. Wat die verandering in die vleoistof meebring weet ons nog nie. Normaalweg ontstaan die siekte net in een oor.

Daar is nog nie medikasie wat suksesvol gebruik kan word vir Ménière-siekte nie. Gewoonlik skryf dokters medikasie voor vir die balansversteuring.

Verminder jou soutinname en vermy voedsel wat sogenaamde MSG's bevat. Eet ook kleiner porsies op 'n slag, versprei dus jou etes oor die dag. Dit help jou liggaam om die vloeistowwe beter te reguleer. Vermy drankies en voedel wat kafeïen bevat en moet nie rook nie.

20.4.09

Migraine

Ek het die briewe gelees van die lesers wat met migraine sukkel en kry hulle baie jammer, wat ek kry dit al 24 jaar elke maand. Dit is definitief hormonaal en kos speel ook 'n faktor. Ek sou graag wil hê as dit toelaatbaar is om vir die lesers te noem dat "Maxalt RPD 10" wafers my lewe verander het. Ek kry dit nog steeds, maar ek gaan nie meer vir inspuitings nie, raak nie meer naar nie, en kan weet normaal funsioneer. Dit is duur, maar elke sent werd. U weet seker self dat dit onder die tong gesit word, en binne 'n halfuur tot 'n uur is daar nie teken van die migraine nie. Daar is geen newe effekte nie, net dat ek 'n bietjie moeg voel. bydrae: Marianna

9.3.09

Verskonings Verskonings

WAARSKUWING!! Gaan spreek altyd eers jou dokter voor jy verandering aan jou dieet maak en / of begin met 'n oefenprogram.

Met die vinnige pas van die lewe vind ons dit moeilik om by die gimnasium uit te kom. Ek is seker jy hoor gereeld mense sê: "Daar is net nie genoeg tyd in die dag nie." Dit is die nommer een verskoning wat meeste mense gee indien hulle gevra word hoekom hulle nie oefening kry nie.

99% van hierdie verskonings is nie geldig nie. Indien jy ernstig is oor jou liggaam, indien dit 'n prioriteit is, sal niks in jou pad staan nie. Indien jy iets werklik graag wil hê is dit wonderlik hoe ver jy bereid sal wees om te gaan om dit te kry. Hier is 'n paar dinge wat jy kan doen om meer tyd te kry vir oefening.

1. Staan 'n uur vroeër op of bly saans 'n uur langer wakker. Oefen in hierdie tyd. Feit: Meeste mense slaap meer as wat nodig is. Ag ure slaap kan wonderlik wees, maar is nie broodnodig vir jou gesondheid of om goed te voel nie.

Persoonlik vind ek dit makliker om 'n uur vroeër op te staan om twee redes. Oefening so vroeg in die oggend help met jou metabolisme en bly kalorieë verbrand regdeur die dag. 'n Ander rede is dat dit moeiliker is om oefening af te stel. Die laaste ding wat jy normaalweg aan die einde van die dag wil doen is oefen. Oefening sal jou energievlakke verhoog en jou beter laat voel deur die dag. Dit bied 'n gevoel dat jy iets vermag het en laat jou met mening in die res van jou dagtake inklim met 'n glimlag.

Ek is seker daar is ten minste een "oggendpersoon" wat nou dink, "'n Uur vroeër opstaan, hy is seker mal!" Selfs al staan jy 'n halfuur vroeër op is dit drie en 'n halwe uur se oefening ekstra per week. Met slegs 'n halfuur per dag kan jy vinnige, merkbare resultate sien.

2. Skep jou eie oefenprogram indien jy nie by 'n gimnasium kan uitkom nie. Jy het minder as 'n duisend rand nodig vir 'n paar gewigte, 'n bankie en 'n vloermat vir maagoefeninge. Dit is beslis beter as niks. Basiese oefeninge soos push-ups, sit-ups, en 'n ent se draf kan wonderlike resultate lewer. Onthou om aan te hou en jouself aanhoudend te dryf na nuwe hoogtes.

Indien geld 'n probleem is kan jy jou wend tot jou DVD-speler. Daar is honderde DVD's wat geskik is vir goeie spiertonis en die verbranding van vet. Indien jy nie die gimnasium wil besoek nie kan jy oefening in die privaatheid van jou voorkamer doen.

Al hierdie DVD's het musiek in die agtergrond. Musiek is 'n wonderlike hulpmiddel as dit kom by oefening. Dit laat mens altyd beter voel en maak jou meer entosiasties. Wanneer jy na musiek luister is joy ook nie gepla met die tyd nie en dit voel altyd of die oefening baie gou verby is.

Oefen met musiek waarvan jy hou. Indien jy van gevegkuns hou kan tae bo DVD's probeer.

Indien jy in goeie vorm is en hou van dansmusiek stel ek voor jy probeer Paula Abdul se Shut Up And Dance - Dance Mixes.

Deur hierdie eenvoudige elemente deel te maak van jou daaglikse roetine maak dit baie makliker om by die oefenprogram te hou, jou gesondheid te verbeter en om fiks te raak.

- Dr. Robert Osgoodby

Oor die skrywer:
Dr. Osgoodby was 'n finalis in die EAS Body for Life-kompetisie. Maak 'n draai by sy webwerf by bestbodyever.com om sy voor en na foto's te sien of om op sy nuusbrief in te teken.

28.2.09

Opgeruimd en Vrolik - hoe om jouself op te beur

Die stygende brandstofprys, politiek en probleme met elektrisiteit en water is genoeg om meeste mense depressief te maak. Indien jy bietjie depressief voel kan jy hierdie tien dinge probeer om die huppel terug te sit in jou stap.

Beplan iets prettig Raadpleeg die Net of jou plaaslike koerant oor wat in jou area gebeur. Maak 'n punt daarvan om een of twee goed te doen. Nooi iemand saam. Indien daar niks in jou area gebeur nie kan jy op 'n uitstappie gaan na die naaste dorp.

Wees kreatief Het jy al ooit probeer verf? Koop vandag nog vir jou verf en kwaste en laat waai, maak nie saak hoe dit lyk nie. Of dalk kan jy 'n mooi fotoalbum maak. Haal uit jou videokamera en probeer 'n 5 minute-fliek maak.

Buiten toe Vars lug was nog nooit sleg nie. Gaan stap langs 'n rivier, vlieg 'n vlieër, maak groentetuin of ry fiets.

Musiek vir jou siel Sit jou gunsteling musiek aan en sing of trek die gordyne toe en dans, dans kaal. Wat van 'n musiekinstrument leer speel? Of probeer karaoke.

Stap met 'n hond Jou hond sal baie bly wees. Indien jy nie 'n hond het nie kan jy die buurman s'n leen. Die DBV sal ook honde hê waarmee jy kan stap.

Wees 'n vrywilliger Daar word altyd vrywilligers iewers benodig. Ervaar die genot van ander help.

Verander jou huis Knap 'n vertrek self op of rangskik die meubels net anders. Gooi alles weg wat jy nie meer gebruik nie.

Hou 'n partytjie Jy hoef nie eens 'n rede te hê nie. Dink 'n tema uit vir jou partytjie.

Kry 'n massering Indien jy nog nooit die waarde van 'n goeie massering ontdek het nie is dit nou die tyd. Laat sommer ook jou hare sny.

Bel 'n vriend Verkieslik een waarmee jy lanklaas kontak gehad het. Besoek 'n bejaarde familielid of stuur 'n kaartjie aan iemand wat ver bly.


Boereraat:

Eet 'n piesang. Dit bevat 'n proteïn wat die liggaam omskakel in 'n stof wat jou laat ontspan.