Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids

23.12.25

Dagga help vir laerug pyn

’n Nuwe studie toon dat dagga 'n effektiewe alternatief is vir die opioïede behandeling vir chroniese laerugpyn.

Die navorsing, wat in die joernaal Nature Medicine gepubliseer is, bevestig wat ons almal geweet het, dagga-ekstrak kan laerugpyn beduidend verminder.

22.12.25

Kruie vir kwale: Maagkanker

Laat jong takkies van ’n renosterbos trek in ’n bottel brandewyn. Drink soggens en saans sowat 30 mℓ hiervan. Dit help vir verskeie maagkwale, soos byvoorbeeld maagkanker.

♦♦♦

Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

18.12.25

Kruie vir kwale: Blaasinfeksie

Rooipeper kan gebruik word vir minder ernstige blaasprobleme. ‘n Kwart ‘n teelepel in water twee of drie maal daagliks.

♦♦♦

Boegoe-essens het bekendheid verwerf vir die behandeling van minder ernstige blaasprobleme. Die gewone dosis is een tot twee teelepels vol in ‘n glasie water drie maal daagliks.

♦♦♦

Sitroengras kan as 'n ligte diuretikum optree, wat urienproduksie verhoog. Dit kan help om gifstowwe uit die niere te spoel en die risiko van urienweginfeksies te verminder.

♦♦♦

Balsem-sulfuris is ‘n baie ou middel wat gebruik word vir blaasaandoenings. Neem 10 – 20 druppels twee of drie keer per dag op ’n bietjie suiker.

♦♦♦

Gooi ’n koppie kookwater oor ’n hand vol vars bergtee blare. Laat dit trek vir 5 minute. Drink dit dadelik. Gebruik dit vir pyne wat gepaard gaan met blaasinfeksie.

♦♦♦

Boegoeblare is goeie behandeling vir minder ernstige blaaskwale. Berei boegoetee voor deur 'n handvol blare by 500 ml kookwater te voeg. Laat dit vir 15 minute trek. Drink 200 ml tot 400 ml op 'n keer, 3 keer per dag. Boegoe-essens kan ook gebruik word. Meng 5 ml to 10 ml essens met 200 ml water. Drink dit drie keer per dag.

♦♦♦

Bosboegoe kan ook gebruik word. Voeg ’n paar bosboegoe-spruite by ’n bottel brandewyn. Laat staan vir ’n week en skud daagliks. ’n Eetlepel hiervan twee maal per dag.

♦♦♦

Bosbessiesap maak die uriene suur, wat die groei van bakterieë teenwerk en kan help om urienbaaninfeksies te voorkom.

♦♦♦

Tap vir jou genoeg louwarm water in die bad om in te sit. Voeg 5 druppels laventelolie by en sit in die water vir 15 minute.

♦♦♦

Drink ’n koppie kruisementtee as jy pyn op jou blaas het.

♦♦♦

Brandnetel is ´n wonderlike ding. Sy sap laat die sure in die bloed neerslaan. Die niere kan dan van die gemors ontslae raak. As daar te veel gemors gelyktydig by die niere aankom dan word die waterwerke verstop met al die modder. Burnet het reeds baie jare gelede vasgestel dat 5 druppels elke 2 uur net die ding is. Hoe om jou druppels te maak:
Pluk jong sappige groen brandnetel. Kap fyn en sit dit in ´n bottel. Bedek met alkohol, 26-30%.
(bydrae: Peter M von Maltitz)

♦♦♦

Meng 2 eetlepels kaneel en 1 teelepel heuning in 'n glas louwarm water en drink dit.

♦♦♦

Neem 10 – 30 druppels balsemkopiva daagliks, gedrup op suiker of saam met melk.

♦♦♦

Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

17.12.25

Kruie vir kwale: Mangels

Suurvye se blaarsap het antiseptiese eienskappe. Dit word met water gemeng en as 'n gorrelmiddel gebruik om mangelontsteking te verlig.

♦♦♦

Braai die blare van ´n olieboom in olie en sit dit op jou keel.

Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

16.12.25

Kruie vir kwale: Seer tepels

Skraap ’n bietjie dassiepis wat hard geword het af van ’n rots en maak dit baie fyn. Meng met ’n bietjie olyfolie en room (melk) en gooi ’n paar blaartjies kattekruid by. Smeer dit aan seer tepels.

♦♦♦


Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

15.12.25

Kruie vir kwale: Niere

Rooipeper kan gebruik word vir minder ernstige nierprobleme ‘n Kwart ‘n teelepel in water twee of drie maal daagliks.

♦♦♦
Boegoe-essens kan gebruik word vir die behandeling van minder ernstige nierkwale.

♦♦♦

Sitroengras kan as 'n ligte diuretikum optree, wat urienproduksie verhoog. Dit kan help om gifstowwe uit die niere te spoel en die risiko van nierstene te verminder.
Hoe om te gebruik:
Tee: Week 1-2 teelepels gedroogde sitroengras in warm water vir 5-10 minute. Beperk tot 1-2 koppies daagliks.

♦♦♦

Balsem-sulfuris is ‘n baie ou middel wat gebruik word vir nier-aandoenings.

♦♦♦

Boegoeblare is goeie behandeling vir minder ernstige nierkwale. Berei boegoetee voor deur 'n handvol blare by 500 ml kookwater te voeg. Laat dit vir 15 minute trek. Drink 200 ml tot 400 ml op 'n keer, 3 keer per dag. Boegoe-essens kan ook gebruik word. Meng 5 ml to 10 ml essens met 200 ml water. Drink dit drie keer per dag.

♦♦♦

Gooi ’n koppie kookwater oor ’n eetlepel wilde salie blare en laat dit trek vir 5 minute. Om dit meer drinkbaar te maak kan jy dit versoet met heuning en ’n skyfie suurlemoen byvoeg.
Die tee kan gedrink word vir nierinfeksie.

♦♦♦

Gooi ’n koppie kookwater oor ’n kwart koppie vars sewejaartjie-blare. Laat dit trek vir 5 minute.
Gooi deur ’n siffie en drink vir nierprobleme.

♦♦♦

Tee van suurlemoengras is goed vir oorwerkte niere.

♦♦♦

Grasuie is medisyne vir die niere. Eet gereeld hiervan.

♦♦♦

Kap 5 g bitterbos-blare fyn en laat 5 minute trek in ’n koppie kookwater. Drink drie maal per dag vir nierprobleme.

♦♦♦

Neem 10 – 30 druppels balsemkopiva gedrup op suiker of saam met melk, 3 keer per dag.

♦♦♦

Voeg ’n paar bosboegoe-spruite by ’n bottel brandewyn. Laat staan vir ’n week en skud daagliks. ’n Eetlepel hiervan twee maal per dag.


Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

10.12.25

Kruie vir kwale: Hartsiektes

Die Khoi het Europeërs meer as 200 jaar gelede geleer van die medisinale waarde van die muishondbos. Vandag word dit ook gebruik vir hartsiektes.
’n Kwart koppie vars blare word geweek in ’n koppie kookwater vir 5 minute. Dit moet daagliks geneem word.

♦♦♦

Gooi ’n koppie kookwater oor ’n kwart koppie vars sewejaartjie-blare. Laat dit trek vir 5 minute. Gooi deur ’n siffie en drink vir hartkwale.

♦♦♦

Voeg ’n kwart koppie kattekruid-blare by ’n koppie kookwater en laat trek vir 5 minute.
Gooi deur ’n sif en drink vir hartsiektes.

♦♦♦

Gekookte suurvye kan gebruik word vir hartsiektes.

♦♦♦

Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids