Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids

14.10.25

Aambeie

Mense wat baie sit en swanger vroue kry dikwels aambeie, dit word ook veroorsaak deur hardlywigheid en verrekking. Bykans een uit elke drie mense ly aan aambeie in een of ander stadium van hulle lewe.

Wat is aambeie? Dit word veroorsaak deur geswelde are in of buite die anus en dit is gewoonlik nie ernstig nie, maar kan uiters ongemaklik wees. Simptome is ´n gejeuk en pyn en soms anale bloeding.

Voorkom aambeie deur genoeg rukosse te eet en drink baie vloeistowwe om hardlywigheid te verhoed. Behandeling bestaan uit lakserende voedsel, pynstillende en versagtende salf en setpille vir inwendige aambeie. Daar is pille vir aambeie, maar dit is slegs setpille wat eintlik 'n inwendige salf is. Let ook daarop dat vaseline nie soseer help vir aambeie nie. Dit maak moontlik die vloei van stoelgang makliker, maar behandel nie die aambei nie.

Spreek jou dokter as anale bloeding voorkom of as daar ´n sorgwekkende verandering in jou opelyf is. Klein aambeie kan deur ´n dokter behandel word met inspuitings. ’n Operasie mag nodig wees vir pasiënte met uitgebreide aambeie of interne aambeie.

Ons het verskeie boererate vir aambeie.


Op die grafiese voorstelling kan jy sien hoe lyk aambeie.

Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

13.10.25

Vaginale infeksies

Infeksies word gewoonlik veroorsaak deur besmetlike stowwe wat via die vagina in die inwendige organe beland. Jy kan begin jeuk weens te warm of stywe klere, of weens uitdroging van te veel was met seep. Wees veral versigtig om te veel met geparfumeerde seep te was.

Vaginitis is ´n tipe infeksie wat veroorsaak word deur ´n geelgroen of rooierige afskeiding wat onaangenaam ruik. Dit gaan gewoonlik gepaard met ´n jeukirigheid en brandpyn.

Candida kan voorkom sonder om ´n infeksie te veroorsaak, maar as dit baie vermeerder kan dit ontsteking veroorsaak wat gepaard gaan met ´n witterige afskeiding.

Vee altyd van voor na agter af. Drink ook bosbessiesap. Dit maak die urine suur, wat die groei van bakterieë teenwerk. Vir Candida kan jy ´n tampon in jogurt doop en dan in die vagina plaas. Eet ook so gereeld as moontlik bioaktiewe jogurt. Vermy die oormatige inname van alkohol en eet minder suiker. Daar is verskillende swamteenmiddels beskikbaar om die infeksie te behandel. Dit behoort na sowat twee weke te werk.

Besoek dadelik jou dokter indien jy vermoed jy het Vaginitis.


Boereraat:

Raad vir infeksie by vrouens:

Belinda van Wijk: Los ongeveer 2 opgehoopte eetlepels koeksoda op in 'n warm bad water en sit 'n ruk, 20 min, daarin (bad dan soos gewoonlik). Dit help vir vaginale infeksie (jeukerigheid en branderigheid).

♦♦♦

Belinda van Wijk: Smeer voor slaaptyd redelik baie "gewone joghurt" (ongegeur) aan die seer gedeelte (sit net 'n pantyliner in jou broekie want dit mors baie), gaan slaap dan so en was dit môre oggend weer af. Herhaal totdat die toestand beter is.


Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

9.10.25

Blaasinfeksie / Urienweginfeksie

Blaasinfeksies word dikwels veroorsaak deur besmetlike stowwe wat in die inwendige organe beland. Moegheid, koue en bloedarmoede kan jou weerstand teen infeksies verswak.

Raadpleeg jou dokter dadelik indien jy vermoed dat jy ´n blaasinfeksie het want urienweginfeksies is relatief maklik om te behandel. Normaalweg word antibiotikavoorgeskryf op grond van jou infeksie en die tipe bakterieë wat in jou urinemonster gevind is. Hierdie behandelings is gewoonlik effektief, en die infeksie verdwyn vinnig.

Boereraat:

Drink 'n bietjie koeksoda in gekookte water.

♦♦♦


Sien ook Kruie vir kwale: Blaasinfeksie

2.10.25

Kruie vir kwale: Oorpyn

Jy kan ’n afkooksel maak van wildeals blare deur dit vir 10 minute te kook. Dit kan gebruik word om jou ore te was.

♦♦♦

Gebruik vars wildeals blare vir oorpyn, met ’n opgerolde blaar in die oor.

♦♦♦

Hou ’n bedekte warmwatersak teen die aangetaste kant van die gesig.

♦♦♦

Gebruik 'n spuit of iets soortgelyks om 2 tot 4 druppels warm olyfolie in die oor van ’n klein kindjie, 2 jaar en ouer, of 5 tot 10 druppels in ’n volwassene se oor.

♦♦♦

Drup een druppel warm amandelolie en een druppel knoffelolie in die oor. Plaas ’n pluisie watte in die oor.

♦♦♦

Vir oorpyn, skil ’n groot ui en sny dit in die helfte. Maak ’n helfte versigtig warm in ’n mikrogolfoond en draai dit toe in ’n lappie. Hou dit met die plat kant teen, of so naby as moontlik, aan jou oor. Pasop vir brand. Die aroma van die ui het antibakteriële eienskappe en die hitte help vir die pyn.

♦♦♦

Drup ’n paar druppels uiesap in die oor.

♦♦♦

Drup ’n paar druppels knoffelsap in die oor.

♦♦♦

Bind ’n teelepel peper toe in ’n lappie. Week die lappie in naeltjieolie en druk dit dan in die oor.

♦♦♦

Braai 'n heel knoffelhuisie in klapperolie. Laat die olie afkoel en gooi dan in oor.

♦♦♦

Druk 'n stukkie tabak in jou oor vir oorpyn.



Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

22.9.25

Kruie vir kwale: Wonde

Jy kan ’n afkooksel maak van wildeals blare daardeur vir 10 minute te kook. Dit kan uitwendig aangewend word vir die behandeling van letsels.

♦♦♦

Sommige mense maak ’n eksterne wasmiddel met kankerbossie vir wonde. Hiervoor gebruik jy 4 hande vol blare van die kankerbossie, ’n fyngedrukte bol wildeknoffel en 4 hande vol kruidjie-roer-my-nie se blare. Alles saam word in kookwater getrek vir 30 minute. Die lyf word gewas terwyl die mengsel nog warm is en die pasiënt moet ook 125 mℓ van die mengsel drink. Die 125 mℓ moet egter afgetap word na 15 minute se trek. As dit te sterk is, kan dit die persoon laat opgooi. Hoe bitterder ’n kankerbossie-mengsel is, hoe sterker is dit.

♦♦♦

Die kruisbessie is ’n belangrike plant in tradisionele medisyne en word vir ’n verskeidenheid doeleindes gebruik. Gekneusde bas wat in warm water geweek is, word gebruik om wonde te behandel.

♦♦♦

Plaas 20 g vars, gekapte wildewingerd-blare in 1 koppie kookwater en laat trek vir 5 minute.
Gebruik dit vir die behandeling van wonde.

♦♦♦

Maak ’n badmengsel deur 40 g wildeals-blare te bedek met 2 liter kookwater. Laat dit staan vir 2 uur.
Gooi deur ’n sif en botteleer.
Voeg die mengsel by jou badwater om te help met wonde. Jy kan die geaffekteerde plekke liggies daarmee afspons.

♦♦♦

Gousblomblare kan gebruik word om die inflammasie te behandel en enige wonde te help herstel. Week ’n hand vol blomblare in ’n koppie warm water vir 15 minute. Laat dit dan afkoel en plaas dit in die yskas vir 30 minute. Week dan ’n waslap in die aftreksel en hou dit op die geaffekteerde plek vir 5 minute. Doen dit ’n paar keer elke dag.

♦♦♦

Die blare van die maagpynbossie bespoedig die herstelproses as jy dit aan wonde smeer.
Trek 10 g blare in ’n koppie kookwater vir 5 minute.

Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

16.9.25

Kruie vir kwale: Herpes

Jy kan ’n afkooksel maak van wildeals blare deur dit vir 10 minute te kook. Dit kan uitwendig aangewend word vir die behandeling van herpes. Jy kan dit ook gebruik om liggaamsdele in te bad.


Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

11.9.25

Kruie vir kwale: Geswelde kliere

Jy kan teeboom-olie (tea tree oil) probeer. Smeer gereeld ’n druppel aan die area.

♦♦♦

Jy kan ’n afkooksel maak van wildeals blare daardeur vir 10 minute te kook. Dit kan uitwendig aangewend word vir die behandeling van klierontsteking.


Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids