17.7.25
Kruie vir kwale: Rugpyn
♦♦♦
Boegoeblare blyk baie goed te wees vir die behandeling van minder ernstige rugpyn.
Berei boegoetee voor deur 'n handvol blare by 500 ml kookwater te voeg. Laat dit vir 15 minute trek. Drink 200 ml tot 400 ml op 'n keer, 3 keer per dag. Boegoe-essens kan ook gebruik word. Meng 5 ml to 10 ml essens met 200 ml water. Drink dit drie keer per dag.
♦♦♦
Balsem-sulfuris is ‘n baie ou middel wat gebruik word vir lendepyn.
♦♦♦
Neem 2 tot 4 kankerbossie-blare en week dit 3 minute in ’n koppie kookwater. Volgens die Khoi kan jy hierdie flou tee kan jy drink vir rugpyn.
♦♦♦
Gooi ’n koppie kookwater oor ’n kwart koppie vars sewejaartjie-blare. Laat dit trek vir 5 minute.
Gooi deur ’n siffie en drink vir rugpyn.
♦♦♦
Gooi ’n koppie kookwater oor ’n hand vol vars bergtee blare. Laat dit trek vir 5 minute. Drink dit dadelik. Gebruik dit vir rugpyn.
♦♦♦
Was die aangetaste dele van jou lyf met bosboegoe-blare en die fyngedrukte bolle van wildeknoffel.
♦♦♦
Neem 10 – 30 druppels balsemkopiva daagliks, gedrup op suiker of saam met melk.
♦♦♦
Die Tswana-mense hang die bolle van die blouberglelie op om uit te droog. Hulle moet 5 maande lank hang. Die bolle word dan verpoeier en gesmeer aan die rug en polse om dit te help herstel.
Medisinale gebruike van kruie
Kruiegids
16.7.25
Kruie vir kwale: Vergiftiging
♦♦♦
Medisinale gebruike van kruie
10.7.25
Kruie vir kwale: Immuniteit
♦♦♦
Die vars blare van die kransaalwyn word gekap of fyngemaak en dan in water gekook om 'n tee of aftreksel te maak.
Dit word gedrink om immuniteit te versterk.
Medisinale gebruike van kruie
3.7.25
Kruie vir kwale: Slym
♦♦♦
Sny ’n wit ui in dun skyfies en strooi bruinsuiker daaroor. Laat die staan sodat dit ’n stroop kan trek. Gee dan 5 mℓ van die stroop elke uur. Dit sal help teen die slym.
♦♦♦
LET WEL: Wynruit moet slegs onder toesig van ’n dokter of ander kundige persoon gebruik word. Dit het giftige eienskappe en sommige mense se velle is uiters sensitief daarvoor.
Vir slym op die bors by kinders kook jy ’n hand vol wynruit saam met ’n hand vol boegoe in 2.25 liter water. Laat dit kook tot die water met die helfte verminder het.
Gooi dit deur ’n sif en behou die vloeistof. Gooi dit terug in die kastrol.
Gooi 500 g suiker by en kook stadig terwyl jy aanhoudend roer, tot die suiker opgelos is.
Gee die kind 5 mℓ van hierdie stroop 4 maal per dag.
Medisinale gebruike van kruie
Kruiegids
11.6.25
Vrae oor 'n aneurisme
"Wat is 'n aneurisme?"
Antwoord:
Wanneer 'n arterie in die brein begin lek kan dit 'n beroerte veroorsaak. Die lekkasie kan as gevolg van hoë bloeddruk wees of 'n aneurisme, 'n swak plek in die arteriewand.
Cerenne van Deventer skryf:
"My suster van 45 het verlede Oktober 'n aneurisme gehad. Sy was verlam aan haar regterkant en het haar spraak verloor. Fisies het sy sedertdien baie verbeter, maar emosioneel gaan sy agteruit. Dit is asof sy geen kort-termyn geheue het nie en kry woede uitbarstings. Sy weier om te eet, want volgens haar het sy elke ete klaar geeet. Sy het ook haar dag en nag omgeruil. Ek kry nerens op internet enige inligting om te sien wat al die dinge veroorsaak en ons kan nie verdere toetse laat doen nie aangesien sy geen medies of inkomste het nie. Kan julle my dalk raad gee of laat weet waar ons meer kan lees oor al die simptome en 'oplossings'. "
Antwoord:
Haar gedrag klink na tipies die van iemand wat 'n aneurisme gehad het. Op hierdie stadium is daar ongelukkig nie behandelings hiervoor wat baie suksesvol is nie. Meeste toetse na 'n aneurisme bestudeer slegs die beserings. Van haar selle kan genees en julle het al waarskynlik dit agtergekom. Meeste genesing vind gewoonlik kort na die aneurisme plaas, maar dit kan ook maande neem. Belangrikste nou is om te verhoed dat sy 'n tweede aanval kry. Julle kan die volgende doen: Haar soutinname moet beperk word. Sout speel 'n rol in die oorsake van 'n aneurisme. 'n Laevet-hoëvesel-dieet behoort gevolg te word. Sy moet haar inname van alkohol beperk. Die beste is geen alkohol. Gereelde oefening is ook belangrik. 'n Daaglikse dosis aspirien (150 - 300 mg) kan voordelig wees. Let Wel: Bespreek dit asseblief eers met 'n geneesheer. Familie en vriende speel nou 'n sleutelrol. Help haar om beweeglik te wees en alledaagse take te verrig. Moet asseblief tog nie die persoon soos 'n invalide behandel nie, hulle intelligensie en herinneringe is steeds daar. Positiewe aanmoediging en ondersteuning is nou uiters belangrik.
5.6.25
Varkgriep / A/H1N1-virus

Varkgriep is ‘n respiratoriese griep wat hoofsaaklik deur die tipe A/H1N1- griepvirus veroorsaak word. Varkgriep het in die verlede geredelik tussen varke uitgebreek. Intussen het die virus ook by mense begin voorkom. Die eerste gevalle is laat Maart begin April 2009 gerapporteer. Hierdie gevalle het in Suid-Kalifornië en Texas in Amerika voorgekom. Die virus versprei tans van mens tot mens en daarom kan dit oor die hele wêreld voorkom.
Die simptome van varkgriep is soortgelyk aan die normale simptome van menslike griep.
Algemene varkgriep simptome
Seer keel
Hoes
Koors (Kinders het gewoonlik ook ‘n uitslag)
Moeilike asemhaling (Kinders het 'n vinnige en moeilike asemhaling)· Kortasem
Hoofpyn
Die hele liggaam kan pyn
Skielike duiseligheid
Diarree en naarheid word ook gerapporteer
Dit wil voorkom varkgriep met dieselfde metodes versprei as seisoenale griep. Dit word normaalweg van persoon tot persoon versprei op een van die volgende maniere:
Hoes en nies
Aanraking
Die volgende voorkomende stappe kan geneem word:
Was jou hande gereeld met seep en water
Probeer om nie aan jou oë, neus en mond te vat nie
Hou jou liggaam so gesond as moontlik
Slaap genoeg
Drink baie vloeistowwe (veral water)
Eet gesond
Probeer om nie oppervlaktes aan te raak wat dalk met die virus besmet kan wees nie
Vermy kontak met persone wat siek is
Sekere virusse kan langer as twee ure leef op byvoorbeeld, deurknoppe, tafels, ens.
Bly by die huis indien jy met die virus besmet is. Vermy sovêr moontlik naby kontak met ander mense. Bedek jou mond en neus met ‘n snesie wanneer jy hoes of nies. Gooi dit daarna onmiddellik in die asblik. Was jou hande met seep en water.
Indien of jou gesin simptome toon van varkgriep moet jy onmiddellik na jou huisdokter, naaste kliniek of hospitaal gaan.
Hoe lank duur varkgriep?
Die duur van varkgriep kan van persoon tot persoon verskil. Oor die algemeen duur die siekte gewoonlik ongeveer 7 tot 10 dae. Die erns en duur van simptome kan egter afhang van verskeie faktore, insluitend die individu se algemene gesondheid, ouderdom en enige onderliggende mediese toestande.
Vir hoe lank is varkgriep aansteeklik?
Vanaf 'n dag voor die eerste simptome verskyn tot omtrent 4 dae daarna.
4.6.25
Wat help vir kouekoors / koue koors?
Kouekoors word gewoonlik veroorsaak wanneer ’n siekte die liggaam se temperatuur beïnvloed. Jou liggaam voel dat die temperatuur moet hoër wees en dit laat jou voel asof jy koud kry.
Dit word gewoonlik meegebring deur virale of bakteriële infeksies. Bakteriële infeksies word met antibiotika behandel, virale infeksies moet hul gang gaan.
Wat help vir kouekoors?
Daar is ’n paar dinge wat jy kan doen om jou simptome te verlig en beter te voel:
Bly gehidreer: Drink baie vloeistowwe, soos water, kruietee of warm sop, om te help om jou liggaam gehidreer te hou.
Rus: Kry baie rus om jou liggaam te help om die infeksie te beveg en energie te bespaar.
Oor-die-toonbank medikasie: Oor-die-toonbank pynstillers soos ibuprofen kan help om koors en ander simptome te verlig.
Stoom inaseming: As jy stoom uit ’n bak warm water of ’n warm stort inasem, kan dit help om benoudheid te verlig en asemhaling te vergemaklik.
Gorrel: Gorrel met warm soutwater. Dit kan help om 'n seer keel te verlig.
Bly warm: Hou jouself warm en gemaklik deur warm klere te dra en jouself met komberse toe te maak.
Vermy die verspreiding van die infeksie: Bedek jou mond en neus wanneer jy hoes of nies, en was jou hande gereeld om te verhoed dat die virus na ander versprei word.
As die volwassene se koors onder 38ºC bly hoef jy nie bekommerd te wees nie. Kinders kan egter koorsstuipe kry by hierdie temperatuur.
Kry mediese hulp indien die koors gepaard gaan met ernstige bewing, rukbewegings, klappertand of indien dit wissel tussen kouekoors en sweetaanvalle.
(Foto: Alex Greene)





