Die die B-afdeling van Boererate.com se Mediese Woordeboek en Gids is hierdie week voltooi.
Daar is inskrywings van A tot Z in die lys wat deurlopend bygewerk word. A en B is voorlopig voltooi.
Behalwe mediese terme is daar ook skakels wat lei na natuurlike middels, soos byvoorbeeld basielkruid.
Gebruik van hierdie Afrikaanse naslaanbron is gratis.
Boererate.com het ook ’n handige Kruiegids wat verskeie kwale kan help genees en handige inligting oor Noodhulp.
Ps. Batofobie is dieptevrees.
6.2.17
1.2.17
31.1.17
30.1.17
Harsingdruk
’n Uiters ernstige toestand waar druk op die brein uitgeoefen word deur bloed wat in die skedel versamel of deur die been weens ’n fraktuur.
Harsingdruk kan op harsingskudding volg en kan tot 48 uur later ontwikkel, nadat ’n persoon skynbaar herstel het van harsingskudding.
Simptome en tekens
• Asemhaling word raserig
• Temperatuur kan styg – die gesig word blosend maar bly droog
• Pols is vol en bonsend, maar stadig
• Die pupille kan verskillende groottes hê
• Die een kant van die lyf kan swak voel of verlam wees

25.1.17
23.1.17
Die voordeel van oefening tydens swangerskap
Navorsers aan die Thomas Jefferson Universiteit in Amerika het besluit om weer die onderwerp van oefening tydens swangerskap onder oë te neem.
Hulle bevinding was dat dit nie net veilig is nie, maar ook voordelig is vir ’n swanger vrou om oefening te doen. Nie net verminder dit die kanse dat die baba vroeg gebore word nie, maar die verlaag ook die kanse dat ’n keisersnee sal nodig wees om die baba te verlos.
Nog ’n bevinding was dat vrouens wat oefen tydens swangerskap se bloeddruk geneig is om meer normaal te wees.
Die studie is gepubliseer in die Journal of Obstetrics & Gynecology as “Exercise during pregnancy in normal-weight women and risk of preterm birth: a systematic review and meta-analysis of randomized controlled trials”.

18.1.17
Die behandeling van harsingskudding
Harsingskudding is ’n tydelike breinversteuring. Dit word ook soms “konkussie” genoem.
1. In minder ernstige gevalle moet jy die persoon net gereeld monitor en voorstel dat julle ’n 1. dokter gaan spreek/2 dokter besoek.
2. Behandel vir skok indien nodig.
3. Kyk gereeld na die persoon se asemhaling, pols en bewussynsvlak. Kyk ook vir tekens van harsingdruk.
4. As daar enige twyfel is oor die persoon se toestand, sorg dat die persoon na ’n hospitaal geneem word.

Subscribe to:
Posts
(
Atom
)