1.11.10
25.10.10
Wat om met stres te maak
30 punte wat jou sal help om stres te hanteer.
Wees positief - sien probleme as geleenthede.
Beoefen 'n sportsoort.
Praat oor jou probleme met iemand.
Vind uit wat presies jou stres veroorsaak en probeer dit elimineer.
Oefen en word fiks.
Balanseer werk en familie.
Geniet jou vrye tyd.
Kry genoeg slaap.
Rus genoeg.
Leer 'n paar ontspanningstegnieke.
Gun jouself tyd om na te dink voor jy besluite neem.
Ken jou beperkinge. Leer om nee te sê.
Maak jou pas stadiger.
Bekommer jou net oor dit wat jy kan verander. Aanvaar dit wat jy nie kan verander nie.
Gebruik jou verbeelding om jou stres te verminder. Wees kreatief.
Moenie tuis aan werk dink nie.
Eet gesond.
Beplan jou tyd beter.
Aanvaar ander se beperkinge.
Dink aan hoe jy jou werk meer kan geniet.
Gee ander krediet en wees positief.
Leer om te aanvaar en te vergewe.
Vermy onnodige kompetisie. Jy kan nie in alles die beste wees nie.
Leer om ander te vertrou.
Aanvaar ander persoonlikhede.
Aanvaar dat alles wat vir jou belangrik is nie noodwendig vir ander belangrik is nie.
Delegeer
Leer hoe om stres te sien aankom.
Aanvaar dat nder jou van hulp kan wees.
En maak nie saak hoe swak jou situasie is nie ...
Glo in jouself en jou skepper / heelal. Iewers is daar 'n plan vir jou lewe.
bydrae: Craig Lock
Medisinale gebruike van kruie
Kruiegids

Etikette:
Stres
11.10.10
20.9.10
16.8.10
Speekselkliere
Wanneer jy eet vloei daar speeksel uit die speekselkliere en maak eet makliker, wanneer jy slaap omtrent niks. Die res van die tyd hou dit die mond vogtig en maak dit praat makliker. Dit bevat ook stowwe wat skadelike bakterieë in die mond vernietig. Die funksionering van die kliere raak met ouderdom minder effektief. Ouer persone se monde sal veral snags droër voel.
Daar is drie groot speekselkliere. Die oorspeekselklier kan jy met die vingers voel as dit opgeswel is. Die onderkaakspeekselklier kan jy ook soms voel. Die ondertongspeekselklier is op die bodem van jou mond.
Siektes van die speekselklieren kom af en toe voor. Sommige afwykings is 'n deel van' n algemene siekte.
Veral die oorspeekselklier is sensitief vir enige verandering in die liggaam. Dit kan opswel met diabetes, probleme met die lewer, skildklierafwykings, die misbruik van alkohol of met eetversteurings soos anorexia nervosa.
Hartprobleme of algemene probleme met die bloedsomloop kan speekselafskeiding beïnvloed en die samestelling van speeksel verander.
Speekselafskeiding is gesinchroniseer met sluk en die sluit van die lippe. Wanneer daar probleme hiermee is, sal ’n pasiënt kwyl. Mens sien dit veral met gestremde kinders en persone met Parkinsons.
Die gebruik van sekere medikasie kan ook speekselproduksie beïnvloed.
Gaan spreek onmiddellik ’n dokter indien jy vermoed jou speekselkliere is ontsteek.
(foto Klaus D. Peter)

9.8.10
Servikskanker
Servikskanker is die tweede grootste kanker, naas borskanker, wat gediagnoseer word by vroue jonger as 45. Wêreldwyd sterf daar elke jaar sowat 270 000 vroue aan servikskanker.
Servikskanker kom voor wanneer infeksie met gewasse by die ingang van die baarmoeder (menslike papilloomvirus) chronies raak en dan oorgaan tot kanker. Meeste seksueel aktiewe vroue sal waarskynlik in hul leeftyd ’n menslike papilloomvirus-infeksie opdoen. Sommige vorms van die virus kan genitale vratte veroorsaak, maar ander kan tot servikskanker lei.
Daar is ’n entstof genaamd Cervarix wat die infeksies wat servikskanker veroorsaak voorkom. Hierdie entstof sal die infeksies wat servikskanker in vroue veroorsaak, voorkom en wêreldwyd duisende lewens red. Die entstof is ’n groot deurbraak vir wetenskaplikes én vroue wêreldwyd. Tot 23% van kankersterftes in Suid-Afrika is weens servikskanker. Cervarix is duur en sal die regering miljoene kos as hy sou besluit om die entstof gratis aan alle vroue beskikbaar te stel.
Die foto is van die papilloomvirus.

2.8.10
Skouerontwrigting
´n Verskuiwing van die boonste gedeelte van die arm kan ontstaan as die skouer aan ´n hewige slag blootgestel word.
Soek onmiddelik mediese hulp.
Soek onmiddelik mediese hulp.
Subscribe to:
Comments
(
Atom
)