Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



15.1.14

Noodhulp: Resussitasie

As 'n persoon nie asemhaal nie en die hart klop nie, moet jy die funksie van asemhaling en sirkulasie oorneem sodat die brein voldoende suurstof kry.

Onthou die noodsaaklike behoeftes:

1) Maak seker die lugweg is oop.
2) Haal vir die persoon asem deur die longe met lug te vul deur kunsmatige asemhaling.
3) Sirkuleer die bloed deur die borskas saam te druk.

Die persoon sal so aan die lewe gehou word tot professionele hulp opdaag.

Resussitasie moet aangepak word, al twyfel jy of die persoon bygebring kan word. Hou aan tot die persoon self begin asemhaal en daar 'n polsslag is; of tot 'n professionele persoon by jou kan oorneem.

No comments :

Post a Comment