Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



12.12.11

Vrae oor Duitse masels

Anoniem skryf: "Ek was nie imuun teen Duitse Masels nie, ek het vir my inspuiting gegaan en mag nou vir 3 maande lank nie swanger raak nie, wat sal gebeur indien ek wel binne die volgende 3 maande swanger raak, sal dit die baba affekteer?"

Antwoord: Ja, dit hou 'n wesenlike gevaar in vir die ongebore kind. In die ergste gevalle moet die fetus geaborteer word.



Yvonne Lessing vra: "Wanneer steek dit aan?"

Antwoord: Dit is baie aansteeklik wanneer die uitslag net begin wys, maar jy kan ook aansteek sewe dae voor en sewe dae na die uitslag.



Mariska Pool skryf: "My seuntjie is 9mnde en het tans duitse masels. Ek het dit gehad toe ek 8mnde oud was, kan ek dit weer kry?"

Antwoord: Indien jy dit een keer gehad het verseker dit gewoonlik lewenslange immuniteit.



Amari skryf : Wat is die verskil tussen masels en duitse masels?

Antwoord : Dit is twee verskillende siektes veroorsaak deur twee verskillende virusse. Duitse masels is 'n ligte uitslag en is selde skadelik vir kinders, hoewel dit uiters gevaarlik is vir vrouens tydens swangerskap. Masels is meer ernstig en duur langer. Oorinfeksie en longontsteking is moontlike komplikasies tydens masels.

26 comments :

  1. My dogtertjie het duitsemasels.Het vandag 3 keer n koors van 41 gekry.Ook die heeltyd n iriteerende droe hoesie.Dokter sê dat die masels klaar oor is en dat sy nou n boobste lugweg infeksie het asgevolg van die masels wat haar imuniteit afgebreek het.Voorgeskryf Auqmentin en myprodol.Klink dit reg.Want sy het al die simptome van masels en nie duitse masels.

    ReplyDelete
  2. Anonymous15/1/12 10:22

    My seuntjie is nou 15 maande oud en het duitse masels. Hoe lank vat dit voor dit oor is en kan aansteek, want ons probeer weer om swanger te raak maar is nog nie swanger nie. Moet ek n rukkie wag of sal dit oor wees teen die tyd wat ons swanger is.

    ReplyDelete
  3. Anonymous3/9/13 15:33

    My skoon sus kraam die 4de september en ek het verlede week duitse masels gehad moet ek weg bly van haar en baba af of mag ek kontak maak met haar

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous4/9/13 08:21

      Om veilig te wees sou ek 'n week wag.

      Delete
  4. Hi hoe kan jy aangesteek word

    ReplyDelete
    Replies
    1. Gaan kuier by iemand met Duitse masels. Jy steek aan 7 dae voor die uitslag verskyn, en sewe dae daarna.

      Delete
  5. Anonymous12/6/14 19:29

    My broer het al uitgeslaan sal n baba van 3 maande dit kry as hy een keer kom kuier het ek het dit al gehad sal ek dit weer kry

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous25/6/14 12:53

      Jou broer moet wegbly tot minimum 'n week nadat sy uitslag verdwyn het. Indien jy dit een keer gehad het verseker dit gewoonlik lewenslange immuniteit.

      Delete
  6. Anonymous16/9/14 10:00

    Indien jy imuun teen duitse masels is... kan dit steeds gevaar vir 'n swanger vrou inhou?

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous16/9/14 11:05

      Jy behoort veilig te wees indien jy imuun is, MAAR moet nie sommer aanvaar jy is imuun omdat jy ingeent is nie. Soms vat die inenting nie of dit werk uit na baie jare. As jy wil seker maak kan jou dokter 'n toets doen.

      Delete
  7. Anonymous2/11/14 09:09

    ek het duitse masels en dis nou die derde dag maar my polse en vingers is verskriklik seer en bietjie geswel. Hoelank sal dit so duur, want dis regtig seer?

    ReplyDelete
    Replies
    1. Daardie simptome kan gewoonlik tot 'n week lank aanhou.

      Delete
  8. Anonymous4/11/14 12:03

    My dogter het duitse masels nou vir 2 dae en 3 weke terug het haar dogtertjie van 5 jaar gewone masels gehad. Wat is die moontlikheid dat die dogtertjie nou duitse masels sal kry.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Sy kan wel aansteek. Dit hang ook af van die medikasie wat sy gekry het.

      Delete
  9. Anonymous5/8/15 21:15

    My skoonsus het masels. Haar dogtertjie van 5 het dit waarskynlik ook. Sy het ook i uitslag gekry. Ek wil weet of ek dit kan weer kan kry, indien ek dit as 'n baba gehad het. Ek is ook nie immune teen duitse masels nie.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Indien jy dit een keer gehad het verseker dit gewoonlik lewenslange immuniteit.

      Delete
  10. wat moet ek doen my vrou 12 weke swanger en my seun van 3 jaar het moontlik duitse masels

    ReplyDelete
  11. Hulle moet onmiddellik geskei word. Neem hom vir 'n ondersoek om seker te maak.

    ReplyDelete
  12. 3 weke terug het my 17 jarige seun duitse masels gehad. Nou het ek. Net kwaai uitslag en kliere is seer. En baie jik. Ek het hartversaking. En slaap apnea. Enige rede of ek dr toe moet gaan?

    ReplyDelete
  13. 3 weke terug het my 17 jarige seun duitse masels gehad. Nou het ek. Net kwaai uitslag en kliere is seer. En baie jik. Ek het hartversaking. En slaap apnea. Enige rede of ek dr toe moet gaan?

    ReplyDelete
  14. Anonymous9/2/23 22:32

    Hoe lank na uitslag kan ek weer bad?


    ReplyDelete
  15. Anonymous13/2/23 12:27

    Daar is geen spesifieke beperking op bad nie, maar terwyl jy siek voel en 'n koors het, mag dit dalk die beste wees om bad te vermy totdat jy beter voel. Dit is egter belangrik om goeie higiëne te handhaaf gedurende die siekte, deur dikwels jou hande te was en om nie persoonlike items soos handdoeke te deel nie.

    ReplyDelete
  16. Anonymous16/8/23 09:37

    Mag mens bad as jy duitse masels het ?

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous17/8/23 11:53

      Daar is geen spesifieke beperking op bad nie, maar terwyl jy siek voel en 'n koors het, mag dit dalk die beste wees om bad te vermy totdat jy beter voel. Dit is egter belangrik om goeie higiëne te handhaaf gedurende die siekte, deur dikwels jou hande te was en om nie persoonlike items soos handdoeke te deel nie.

      Delete
  17. Kan ouer mense duitse masels kry

    ReplyDelete
    Replies
    1. Ja, hulle kan. Hulle kan ernstige koors ontwikkel weens die siekte.

      Delete