Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



11.2.10

Buikswelling

Buikswelling gebeur wanneer gasse in die maag en ingewande opbou. Dit is in meeste gevalle pynlik.

Die hoofoorsaak is normaalweg vetterige kosse. Vet veroorsaak dat kos stadiger verteer en dit laat jou vol voel.

Buikswelling kan ook veroorsaak word deur stres of angs, 'n blokkasie in jou ingewande of waar jou ingewande sukkel om sekere soorte kosse of dele daarvan te verteer.

Vermy vetterige kos en kos wat bekend is daarvoor dat dit gasse laat opbou. Onder laasgenoemde tel brokkoli, bone, kool, blomkool, slaai, gaskoeldrank, kougom en harde lekkers.

Spreek jou dokter indien jy alles probeer, maar sonder enige verligting.

9 comments :

  1. Anonymous18/1/11 22:49

    Baie dankie vir die raat van vetterige kos. Ek het 'n baie groot probleem met buikswelling en gebruik allerhande rate daarvoor. dis uiters ongemaklik en onooglik. ek gaan beslis vetterige kos uit my dieet uitsny en dan kyk hoe ditr werk .baie dankie!

    ReplyDelete
  2. Goeie dag

    Ek het vir 2 weke al n opgeswelde maag met my naeltjie wat al hoe rooier en teer raak hy is ook die laaste 2dae baie warm

    Kan julle my asse blief enige raag gee of sal ek n DR moet gaan sien

    Dankie

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous4/12/13 11:25

      Ja, jy moet 'n dokter sien. Dit kan verskeie dinge wees, bv. 'n breuk, infeksie, spierprobleme. Sommige is minder ernstig, maar daar kan ook iets ernstig fout wees.

      Delete
  3. hi daar
    ek het sondag sommer koors gehad van my naltjie wat baie seer is dit voel of iemand my met n mes gesteek het en reg rondom het dit ook seer geword, later het my maag geswel en het ek buik pyne ook gekry, ek kon nie eet nie en was naer. Ek ondervind gereeld probleme met my naeltjie somtyds bloei dit ook. wat staan my te doen?

    ReplyDelete
  4. hi daar
    ek het sondag sommer koors gehad van my naltjie wat baie seer is dit voel of iemand my met n mes gesteek het en reg rondom het dit ook seer geword, later het my maag geswel en het ek buik pyne ook gekry, ek kon nie eet nie en was naer. Ek ondervind gereeld probleme met my naeltjie somtyds bloei dit ook. wat staan my te doen?

    ReplyDelete
    Replies
    1. Dit kan 'n breuk, infeksie of spierprobleme wees. Gaan sien asseblief 'n dokter, dit kan ernstig wees.

      Delete
  5. Anonymous8/9/19 22:47

    Hi... Ek het nou al vir amper 3 weke n harde geswelde maag nie rerig seer nie ekt al gedink eks moontlik swanger want my borste het begin gevoelig raak en het selfs al beweging in my maag gevoel maar het 3 toetse gevat verskillende dae en al 3 was negatief... Enige raad groot asb?

    ReplyDelete
  6. HI..Ek het onlangs 'n volledige abdominale historektomie gehad. 8weke na die operasie het my buik net begin swel. Ek het nie seer of enigiets nie, maar is onooglik, ongemaklik. Dit is nou al 16 weke na die operasie. My klere sit baie styf

    ReplyDelete
  7. Anonymous30/1/22 19:44

    Hi daar. My maag dwel ook baie ongemaklik..dis nie gas nie..amper elke dag..dit raak so seer reg van onder my botste lang my ribbes tot in my rugspiere....dis baie ongemaklik..hoe gemaak

    ReplyDelete