Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



8.2.17

Die behandeling van harsingdruk

Met harsingdruk is dit belangrik om te weet dat die persoon se bewussynsvlak afneem soos die druk op die harsings ontwikkel.

Die persoon moet sodra moontlik by ’n hospitaal kom. Die toestand het dringende mediese behandeling nodig.

Intussen kan jy die persoon hanteer soos jy enige bewustelose ongeval.

6.2.17

B is vir batofobie

Die die B-afdeling van Boererate.com se Mediese Woordeboek en Gids is hierdie week voltooi.

Daar is inskrywings van A tot Z in die lys wat deurlopend bygewerk word. A en B is voorlopig voltooi.

Behalwe mediese terme is daar ook skakels wat lei na natuurlike middels, soos byvoorbeeld basielkruid.

Gebruik van hierdie Afrikaanse naslaanbron is gratis.

Boererate.com het ook ’n handige Kruiegids wat verskeie kwale kan help genees en handige inligting oor Noodhulp.

Ps. Batofobie is dieptevrees.

30.1.17

Harsingdruk

’n Uiters ernstige toestand waar druk op die brein uitgeoefen word deur bloed wat in die skedel versamel of deur die been weens ’n fraktuur.

Harsingdruk kan op harsingskudding volg en kan tot 48 uur later ontwikkel, nadat ’n persoon skynbaar herstel het van harsingskudding.

Simptome en tekens
• Asemhaling word raserig
• Temperatuur kan styg – die gesig word blosend maar bly droog
• Pols is vol en bonsend, maar stadig
• Die pupille kan verskillende groottes hê
• Die een kant van die lyf kan swak voel of verlam wees

26.1.17

Kruie vir kwale: Slym

Sny ’n wit ui in dun skyfies en strooi bruinsuiker daaroor. Laat die staan sodat dit ’n stroop kan trek. Gee dan 5 mℓ van die stroop elke uur. Dit sal help teen die slym.

♦♦♦

LET WEL: Wynruit moet slegs onder toesig van ’n dokter of ander kundige persoon gebruik word. Dit het giftige eienskappe en sommige mense se velle is uiters sensitief daarvoor.
Vir slym op die bors by kinders kook jy ’n hand vol wynruit saam met ’n hand vol boegoe in 2.25 liter water. Laat dit kook tot die water met die helfte verminder het.
Gooi dit deur ’n sif en behou die vloeistof. Gooi dit terug in die kastrol.
Gooi 500 g suiker by en kook stadig terwyl jy aanhoudend roer, tot die suiker opgelos is.
Gee die kind 5 mℓ van hierdie stroop 4 maal per dag.


Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids