’n Dun straaltjie strooikleurige vloeistof uit die oor is die teken van 'n gebreekte skedel. Die strooikleur word veroorsaak deur bloed wat meng met helder serebro-spinale vloeistof - behandel die besering soos vir inwendige bloeding.
Oorpyn is in die algemeen meesal die gevolg van infeksie in of naby die oor.
Middeloorontsteking kom gewoonlik by kinders voor en word veroorsaak deur kieme wat van die keel na die middeloor versprei.
Theo skryf:
"Ons het ’n tweeling (seun en dogter) van 2maande. Ek vermoed hy het oorpyn/ontsteking agv die bottelvoeding met die melk wat in sy oortjie inloop. Wat kan ek gee daarvoor?"
"Ons het ’n tweeling (seun en dogter) van 2maande. Ek vermoed hy het oorpyn/ontsteking agv die bottelvoeding met die melk wat in sy oortjie inloop. Wat kan ek gee daarvoor?"
Antwoord:
As dit kom by babatjies moet die dokter liefs besluit oor die metode van behandeling. Ore is nie net daar vir hoor nie, maar is ook belangrike balansorgane. Talle probleme kan hier ontstaan.
As dit kom by babatjies moet die dokter liefs besluit oor die metode van behandeling. Ore is nie net daar vir hoor nie, maar is ook belangrike balansorgane. Talle probleme kan hier ontstaan.
Boereraat:
Vir oorpyn, sit heuning op ’n pluisie watte en steek dan in die seer oor.
♦♦♦
Vir oorpyn, meng ’n paar druppels brandewyn en 2 ml gliserien. Maak dit louwarm oor.
Gooi in die oor en sit ’n stukkie watte in. Herhaal indien nodig.
♦♦♦
Gooi warm soetolie in die oor en sit ’n pluisie in.
♦♦♦
Gooi skoon gliserien in die oor en sit ’n pluisie in.
♦♦♦
As jy ’n insek in die oor het, hou lig voor oor, die insek sal dalk uitkruip. Indien nie, gooi bietjie kookolie in die oor, die insek sal versmoor. Jy kan ’n insek ook probeer uitspoel met louwarm water.
Sien ook: Kruie vir kwale: Oorpyn