Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids

10.2.17

Albinisme: As die son jou vyand is ...

Rowan de Vos is maar 13, maar ken reeds die gevaar van skadelike sonbrand al te goed. Hy is een die Athlone Skool vir Blindes in Bellvile-Suid se sowat 80 leerders wat albinisme het.

Mense met albinisme se kans om velkanker te kry, is 1 000 keer meer as dié van mense met normale velpigmentasie – en dit is meer as genoeg rede om alles moontlik te doen om dit te voorkom.

Só het prof. Willie Visser, hoof van die afdeling dermatologie aan die Universiteit Stellenbosch (US) se Fakulteit vir Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe en van die Tygerberg-hospitaal, op ’n besoek aan die Athlone Skool vir Blindes gesê.

Hy en ’n groep dokters het sonskerm wat deur Eucerin geborg is, aan leerlinge met albinisme geskenk.

Dr. Riëtte Burger van die US se departement van stralingsonkologie sê omdat ’n groot aantal van die skool se leerlinge albinisme het, was dit ’n goeie beginpunt om bewusmaking oor velsorg na jong mense te bring.

8.2.17

Die behandeling van harsingdruk

Met harsingdruk is dit belangrik om te weet dat die persoon se bewussynsvlak afneem soos die druk op die harsings ontwikkel.

Die persoon moet sodra moontlik by ’n hospitaal kom. Die toestand het dringende mediese behandeling nodig.

Intussen kan jy die persoon hanteer soos jy enige bewustelose ongeval.

6.2.17

B is vir batofobie

Die die B-afdeling van Boererate.com se Mediese Woordeboek en Gids is hierdie week voltooi.

Daar is inskrywings van A tot Z in die lys wat deurlopend bygewerk word. A en B is voorlopig voltooi.

Behalwe mediese terme is daar ook skakels wat lei na natuurlike middels, soos byvoorbeeld basielkruid.

Gebruik van hierdie Afrikaanse naslaanbron is gratis.

Boererate.com het ook ’n handige Kruiegids wat verskeie kwale kan help genees en handige inligting oor Noodhulp.

Ps. Batofobie is dieptevrees.

30.1.17

Harsingdruk

’n Uiters ernstige toestand waar druk op die brein uitgeoefen word deur bloed wat in die skedel versamel of deur die been weens ’n fraktuur.

Harsingdruk kan op harsingskudding volg en kan tot 48 uur later ontwikkel, nadat ’n persoon skynbaar herstel het van harsingskudding.

Simptome en tekens
• Asemhaling word raserig
• Temperatuur kan styg – die gesig word blosend maar bly droog
• Pols is vol en bonsend, maar stadig
• Die pupille kan verskillende groottes hê
• Die een kant van die lyf kan swak voel of verlam wees