20.4.09
Migraine
Ek het die briewe gelees van die lesers wat met migraine sukkel en kry hulle baie jammer, wat ek kry dit al 24 jaar elke maand. Dit is definitief hormonaal en kos speel ook 'n faktor. Ek sou graag wil hê as dit toelaatbaar is om vir die lesers te noem dat "Maxalt RPD 10" wafers my lewe verander het. Ek kry dit nog steeds, maar ek gaan nie meer vir inspuitings nie, raak nie meer naar nie, en kan weet normaal funsioneer. Dit is duur, maar elke sent werd. U weet seker self dat dit onder die tong gesit word, en binne 'n halfuur tot 'n uur is daar nie teken van die migraine nie. Daar is geen newe effekte nie, net dat ek 'n bietjie moeg voel. bydrae: Marianna
9.3.09
Verskonings Verskonings
WAARSKUWING!! Gaan spreek altyd eers jou dokter voor jy verandering aan jou dieet maak en / of begin met 'n oefenprogram.
Met die vinnige pas van die lewe vind ons dit moeilik om by die gimnasium uit te kom. Ek is seker jy hoor gereeld mense sê: "Daar is net nie genoeg tyd in die dag nie." Dit is die nommer een verskoning wat meeste mense gee indien hulle gevra word hoekom hulle nie oefening kry nie.
99% van hierdie verskonings is nie geldig nie. Indien jy ernstig is oor jou liggaam, indien dit 'n prioriteit is, sal niks in jou pad staan nie. Indien jy iets werklik graag wil hê is dit wonderlik hoe ver jy bereid sal wees om te gaan om dit te kry. Hier is 'n paar dinge wat jy kan doen om meer tyd te kry vir oefening.
1. Staan 'n uur vroeër op of bly saans 'n uur langer wakker. Oefen in hierdie tyd. Feit: Meeste mense slaap meer as wat nodig is. Ag ure slaap kan wonderlik wees, maar is nie broodnodig vir jou gesondheid of om goed te voel nie.
Persoonlik vind ek dit makliker om 'n uur vroeër op te staan om twee redes. Oefening so vroeg in die oggend help met jou metabolisme en bly kalorieë verbrand regdeur die dag. 'n Ander rede is dat dit moeiliker is om oefening af te stel. Die laaste ding wat jy normaalweg aan die einde van die dag wil doen is oefen. Oefening sal jou energievlakke verhoog en jou beter laat voel deur die dag. Dit bied 'n gevoel dat jy iets vermag het en laat jou met mening in die res van jou dagtake inklim met 'n glimlag.
Ek is seker daar is ten minste een "oggendpersoon" wat nou dink, "'n Uur vroeër opstaan, hy is seker mal!" Selfs al staan jy 'n halfuur vroeër op is dit drie en 'n halwe uur se oefening ekstra per week. Met slegs 'n halfuur per dag kan jy vinnige, merkbare resultate sien.
2. Skep jou eie oefenprogram indien jy nie by 'n gimnasium kan uitkom nie. Jy het minder as 'n duisend rand nodig vir 'n paar gewigte, 'n bankie en 'n vloermat vir maagoefeninge. Dit is beslis beter as niks. Basiese oefeninge soos push-ups, sit-ups, en 'n ent se draf kan wonderlike resultate lewer. Onthou om aan te hou en jouself aanhoudend te dryf na nuwe hoogtes.
Indien geld 'n probleem is kan jy jou wend tot jou DVD-speler. Daar is honderde DVD's wat geskik is vir goeie spiertonis en die verbranding van vet. Indien jy nie die gimnasium wil besoek nie kan jy oefening in die privaatheid van jou voorkamer doen.
Al hierdie DVD's het musiek in die agtergrond. Musiek is 'n wonderlike hulpmiddel as dit kom by oefening. Dit laat mens altyd beter voel en maak jou meer entosiasties. Wanneer jy na musiek luister is joy ook nie gepla met die tyd nie en dit voel altyd of die oefening baie gou verby is.
Oefen met musiek waarvan jy hou. Indien jy van gevegkuns hou kan tae bo DVD's probeer.
Indien jy in goeie vorm is en hou van dansmusiek stel ek voor jy probeer Paula Abdul se Shut Up And Dance - Dance Mixes.
Deur hierdie eenvoudige elemente deel te maak van jou daaglikse roetine maak dit baie makliker om by die oefenprogram te hou, jou gesondheid te verbeter en om fiks te raak.
- Dr. Robert Osgoodby
Oor die skrywer:
Dr. Osgoodby was 'n finalis in die EAS Body for Life-kompetisie. Maak 'n draai by sy webwerf by bestbodyever.com om sy voor en na foto's te sien of om op sy nuusbrief in te teken.

23.2.09
Psoriase
Psoriase is abnormale selverdeling in die buitenste laag van die vel gekenmerk deur rooi kolle en silwer skilfers.
Indien jy dit een keer het kom dit normaalweg gereeld terug. Die oorsake is nie heeltemal bekend nie.
Net die simptome word normaalweg behandel aangesien dit nie geneeslik is nie. Praat met jou dokter oor medikasie vir die probleem.

20.2.09
Mites oor diabetes
Daar is ongelooflik baie mites bestaan oor Diabetes en die publiek het oor die algemeen 'n vae beeld het oor wat diabetes is.
Diabetes word grootliks in twee breë kategorieë ingedeel. Tipe 1 voorheen bekend as insulien afhanklike diabetes en Tipe 2 diabetes voorheen bekend as nie-insulien afhanklike diabetes of volwasse insulien (Adult onset diabetes).
5-10% van alle diabete is Tipe 1 en die res is Tipe 2. Daar is ook ander tipe diabetes onder andere swangerskap diabetes, LADA (Latente outoimuun diabetes in Volwassenes), Mody (Maturity onset diabetes of the young – volwasse aanvangsdiabetes ), Diabetes Insipidus (wat nie werklik diabetes is nie, maar 'n onvermoë van die liggaam om vloeistof te hanteer)
Ek nooi almal uit om na my blog te gaan kyk. Dit handel oor diabetes. Ek gaan probeer om weekliks iets anders te bespreek wat handel oor diabetes - hetsy Tipe 1 of 'n ander tipe.
Groete
Riette

19.2.09
Muti en mites uit Afrika
Heather Dugmore gesels oor die agtergrond tot die boek: “Ek het jou verwag,” kondig die tradisionele geneser aan toe sy die deur van haar skelpienk huis êrens langs ’n stowwerige pad aan die Wildekus vanSuid-Afrika vir my oopmaak. Ek was nie van plan om daar te stop nie, maar ’n skielike, hewige storm het my gedwing om skuiling te soek by – wat ek eers later uitgevind het – ’n tradisionele geneser of sangoma se huis was.Soos alle tradisionele genesers beweeg sy moeiteloos tussen die fisiese en spirituele wêrelde, en sy kommunikeer voortdurend met die geeste van haar voorvaders. Hulle help haar om die geskikste inheemse medisinale plantkure of muti vir haar pasiënte se fisiese en sielkundige kwellings uit te soek. “Die storm is gestuur om jou na my toe te lei,” verduidelik die sangoma terwyl sy met haar kruie besig is. En so het my reis deur die wêreld van die muti en mites van Afrika begin, ’n reis wat my paaie later laat kruis het met dié van Ben-Erik van Wyk, ’n plantkundeprofessor en wêreldoutoriteit van geneeskundige plante.
Vanaf die dag wat ons in sy laboratorium by die Universiteit van Johannesburg ontmoet het, was daar ’n gemeenskaplike band tussen ons wat gegroei het tot ’n fassinerende ontdekkingsreis van muti en mites wat oor baie jare strek. Ben-Erik is ’n wetenskaplike maar ook ’n storieverteller en storieversamelaar. Ek het al baie ure na hom gesit en luister terwyl hy stories vertel wat hy self by die oorspronklike bron gehoor het, asook na sy wetenskaplike uiteensettings van die gebruik van geneeskundige plante oor die lengte en breedte van Afrika. Wanneer u die stories lees oor van die kontinent se prominentste inheemse plantkure, hoop die skrywers dat u die bekoring van Afrika sal ondervind, en daar mee saam die inheemse volke se bydrae tot die begrip van die mens.
Etikette:
Boeke
5.2.09
Spierverrekking
'n Spier kan verrek word as hy abnormaal gerek word. Spasmas kan by sulke spiere voorkom en daar kan gespanne knoppe vorm. Pyn en swelling kom ook voor.
Soos by verswikking is mediese behandeling beslis nodig.
Medisinale gebruike van kruie
Kruiegids

1.2.09
Omvattende Vrouegesondheid
Hierdie boek bemagtig jou met omvattende mediese kennis in verstaanbare taal. Die Omvattende Vrouegesondheidsgids dek elke aspek en fase van ’n vrou se lewe: Die veranderinge wat jou liggaam deur die jare ondergaan en die beste gesondheidsopsies vir elke lewensfase, van puberteit dwarsdeur jou vrugbare jare tot die menopouse en daarna.
Hormonale gesondheid, met inbegrip van voorbehoedkeuses, swangerskap, menopouse en HVT.
Die belangrikste gesondheidsgevare vir vroue, onder meer kanker, depressie en diabetes.
Algemene mediese toestande by vroue soos allergieë, nierprobleme, rugpyn, oorgewig, spatare, en skildklierprobleme.
Teenveroudering – is liggaamlike agteruitgang onvermydelik?
Verduidelikings van alle ondersoeke en prosedures.
Vrae aan jou dokter vir ingeligte besluitneming.
Plastiese chirurgie.
Bowenal is dit ’n boek oor hoe om siekte te voorkom en ingeligte lewenstylkeuses te maak wat jou blakend gesond en vol lewenskrag sal hou.
Dr. Linda Friedland is ’n gesogte mediapersoonlikheid, algemene praktisyn en internasionaal erkende spreker en skrywer van verskeie boeke en artikels. Sy is gelukkig getroud en ’n ma van vyf kinders.
Etikette:
Boeke
Subscribe to:
Comments
(
Atom
)