Veral jong kinders druk vreemde voorwerpe in hul ore. Dit kan ook gebeur dat ’n insek in die oor vassit. Wanneer iets diep genoeg penetreer kan dit die oortrommel beskadig.
Simptome en tekens
• Pyn in die oor.
• Vibrasies in die oor indien dit ’n insek is.
• Gehoor van die oor is aangetas.
Behandeling
1. Moenie die voorwerp probeer uitkry nie.
2. Indien dit ’n insek is, kan jy lou water versigtig in die oor gooi om dit te probeer uitspoel.
3. Sorg dat die persoon by ’n hospitaal kom.
Mediese inligting en boererate in Afrikaans - Ons bly op hoogte van die jongste navorsing oor 145 plante in wetenskaplike joernale ter ondersteuning van primêre gesondheidsorg.

No comments :
Post a Comment