Suid-Afrika het naas Australië die hoogste voorkoms van velkanker.
Hierdie soort kanker begin in die boonste laag van die vel. Behalwe om die vel teen die son te beskerm, moet jy ook gereeld vir ’n ondersoek gaan indien jy ’n geskiedenis van velkanker in jou familie het. Selfs die gevaarlikste velkanker (melanoom) is geneesbaar indien dit betyds gediagnoseer word.
Melanome lyk soos moesies en is gewoonlik donker van kleur, maar kan ook ’n verskeidenheid ander kleure wees. As jy ’n moesie sien wat enigsins vreemd lyk moet jy dit laat ondersoek.
Mediese inligting en boererate in Afrikaans - Ons bly op hoogte van die jongste navorsing oor 145 plante in wetenskaplike joernale ter ondersteuning van primêre gesondheidsorg.

enige salf of raad ir behandeling van velkanker
ReplyDeleteVelkanker is wel geneesbaar. Daarom is dit belangrik om mediese behandeling te kry hiervoor. Lees ook: http://www.boererate.com/2021/01/vyf-dinge-wat-jy-moet-weet-oor-melanoom.html
ReplyDelete