Die wortels van die rooiwortel kan mondelings ingeneem te word om braking te stuit. Die wortels word afgeskil en opgesny. Dit word met koue water bedek en tot kookpunt gebring. Dan word die hitte verminder en vir 20 minute geprut. Dan word dit gesif en afgekoel. Gebruik klein bietjies wanneer nodig. Raadpleeg eerder ‘n tradisionele geneser indien jy nie seker is oor die voorbereidingsproses nie.
Die plant moet nie tydens swangerskap gebruik word nie.
♦♦♦
Week een bol knoffel in kookwater vir 10 minute. Die aftreksel word dan as ’n tee gedrink.
♦♦♦
Die Zoeloes gebruik al lank reeds watersalie vir naarheid. Die resep is twee blare in ’n koppie kookwater getrek vir 5 minute. Gooi deur ’n siffie en drink.
♦♦♦
Die blare en wortels van die kaneelbol word gebruik om ’n tee te maak vir die behandeling van naarheid.
Sny ’n stuk wortel van 1 cm skoon en 2 teelepels gekapte blare. Laat dit trek in ’n koppie kookwater vir 5 minute en gooi deur ’n sif voor jy dit drink.
♦♦♦
Die blare van die maagpynbossie word gebruik as medikasie vir naarheid. Trek 10 g blare in ’n koppie kookwater vir 5 minute. Drink dit stadig.
♦♦♦
Een teelepel boegoebrandewyn, twee maal per dag.
Lees hier hoe om boegoebrandewyn te maak.
♦♦♦
Bosboegoe kan ook gebruik word. Voeg ’n paar bosboegoe-spruite by ’n bottel brandewyn. Laat staan vir ’n week en skud daagliks. ’n Eetlepel hiervan twee maal per dag.
♦♦♦
Drink ’n teelepel suurlemoensap met ’n bietjie warm water.
♦♦♦
Gooi ’n paar druppels vanilla by water of appelsap en drink.
♦♦♦
Drink 'n warm tee van byebalsem (bergamot).
♦♦♦
Eet rou gemmer vir naarheid.
♦♦♦
Vars basielkruid help teen naarheid.
Medisinale gebruike van kruie
Kruiegids
Mediese inligting en boererate in Afrikaans - Ons bly op hoogte van die jongste navorsing oor 149 plante in wetenskaplike joernale ter ondersteuning van primêre gesondheidsorg.


No comments :
Post a Comment