Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids

21.9.26

Nuwe a-pokke uitbraak in SA

Die Departement van Gesondheid 'n beroep gedoen op die publiek om waaksaam te wees vir a-pokke(Mpox)-simptome ná 'n vinnige toename in bevestigde gevalle die afgelope paar weke.

Ongeveer 19 gevalle van die virussiekte is aangemeld, waarvan die meerderheid – 15 – in Kaapstad in die Wes-Kaap aangemeld is. Drie gevalle is in Gauteng opgespoor en een in KwaZulu-Natal.

Dit is kommerwekkend dat 13 van die totale aantal gevalle tussen 13 Augustus en 17 September aangeteken is, wat dui op vinnige plaaslike oordrag van hierdie voorkombare virusinfeksie.

Volgens die departement wissel die ouderdomme van die pasiënte van 23 tot 50 jaar, met 'n mediaan-ouderdom van 36,5 jaar; 18 van hulle is mans en slegs een is 'n vrou.

A-pokke is ’n aansteeklike virussiekte wat by mense en sommige diere voorkom. Die simptome sluit in koors, geswelde limfknope en ’n uitslag wat blase vorm en dan korsies oor die blase. Die tyd vanaf blootstelling tot aanvang van simptome wissel van 5 tot 21 dae. Die simptome duur tipies 2 tot 4 weke. Dit kan versprei deur besmette diere, liggaamsvloeistowwe, besmette voorwerpe of noue kontak met ’n besmette persoon. Dit is aansteeklik vanaf die begin van simptome tot wanneer al die rowe afgeval het.

Met die vorige uitbraak in 2024 het 24 mense in Suid-Afrika die siekte opgedoen, waarvan 3 oorlede is.

Die regering het beperkte dosisse entstowwe bekom as deel van sy strategie om op die uitbrake te reageer en plaaslike oordrag te stuit.

No comments :

Post a Comment