Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



4.4.23

Mangelontsteking


Elsie skryf: "My seuntjie is 9 maande oud en het mangelontsteking, het hom by die dokter gehad en het antibotika gegee. My seuntjie kry niks van sy kos in nie ook nie die rooibostee nie en het 'n loop maagie. Kan jul dalk vir my raad gee asseblief."

Antwoord: Het hy nie ook 'n hoë koors hiermee saam nie. Veiligste om hom na die dokter te neem met sulke simptome.



Yolandi Louw skryf :
"My dogtertjie is nou 3 jaar. Sy het gereeld probleme met haar mangels. Sy raak net gesond dan begin alles weer van voor af. Ek is raadop want elke keer as ek haar dokter toe vat dan gee hy maar net weer antibiotika en ek hou glad nie daarvan om vir haar so baie daarvan te gee nie. Is daar dalk ander maniere hoe ek hierdie probleem kan oplos wat 'n meer natuurlike oplossing is."

Antwoord: Mangelontsteking word veroorsaak deur bakterieë of 'n virus. Die simptome sluit in 'n seer keel, dit pyn wanneer jy sluk, hoofpyn, koors, stemverlies en geswelde kliere in die nek en kaak. Dit kom veral by kinders voor.
Kry die kindjie dadelik by die dokter wanneer hulle sukkel om asem te haal, nie kan sluk nie of onbeheerbaar kwyl. In so 'n geval sal die dokter ook oorweeg om die mangels te verwyder.
Wanneer die ontsteking deur 'n virus veroorsaak is werk antibiotika nie sommer nie. Indien die dokter antibiotika voorskryf vir 'n bakteriale infeksie MOET julle die kursus voltooi al voel die kindjie beter na twee of drie dae, anders is die mangelontsteking sommer gou weer terug.
Dit kan 'n week of twee neem om te herstel. 'n Virusinfeksie moet jy maar sy gang laat gaan. Laat die kind rus, gee warm vloeistowwe soos rooibostee en sop en laat hulle gorrel met warm soutwater. Vir 'n seer keel kan jy 'n teelepel heuning oplos in 'n glas warm water en plaas 'n paar druppels suurlemoensap by. (Geen heuning vir kinders jonger as 1 jaar.) Jy kan iets soos Tylenol gebruik vir die verligting van koors en pyn.
Indien jy dit vorentoe wil voorkom moet jy kinders veral leer om gereeld hul hande te was. Leer hulle 'n liedjie om te sing, terwyl hulle hande was, en maak seker hulle was oral op die hand. Hande moet drooggemaak word met 'n skoon handdoek wat net vir hande is en die kraan moet ook met die handdoek toegedraai word.


34 comments :

  1. Anonymous11/9/12 13:47

    My dogtertjie is amper 22maande ons sukkel al n week met haar koors, sy eet nie wil nie drink nie, was by di dr het het antibiotika gegee en gese sy het mangel ontsteking, kan ek haar mangels laat uithaal sodra sy gesond is?

    ReplyDelete
  2. Anonymous13/9/12 12:38

    Ek stem nie saam dat Mangel ontseking net biologies (virus of bakterie) is nie. As student het ek erg gerook, so 25 per dag. Op 'n stadium het iemand in my vriendegroep 'n nuwe sigarette probeer, kort voor lank het ek ook. Binne 3 dae het ek so erg mangel ontsteking gehad dat die sweer deur die sagte agterkant van my verhemelte was. Ek het so 2 weke daarmee rondgeloop voor ke besef het wat aangaan. Elke keer binne 'n uur na ek van die sigarette gerook het, het ek 'n koors aanval gekry en my lakens sopnat gesweet.
    In kort, ek glo dat omgewings faktore ook 'n oorsaak het. Of dit iemand in die huis is wat rook, of die kind alergies is vir Floried in die water, of die kind allergies of sensitief is vir een of ander chemikalieë, kyk en toets self. As voorbeeld: Tang aanmaak koeldrank kan ek nie drink nie aangesien ek die chemikalieë ruik. My suster kan sekere huis reuk verweerders nie hanteer nie, sê dit gee hoofpyn. Goed soos Doom en Target kom nie in my huis nie. Ek dink die naam daarvoor is hiper-sensitiwiteit. Daar was 'n paar jaar terug op Carte Blanche 'n man wat uit die samelewing uitgetrek het oor hy gladnie naby spuitkannetjie gasse kon kom nie.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous9/9/22 22:33

      Hi my meisiekind was 9 toe ha mangels uit geswel het ons is al deer hoeveel antibotikas,boererate,medesynes ma niks maak dit beter nie sy se dis nie seer nie sy gaan an soos n narmale kind sy het asma maar niks werk sodat di mangels sak nie enige raad asb

      Delete
    2. Anonymous10/9/22 09:31

      Antibiotika sal bv. nie werk as dit deur 'n virus veroorsaak word nie. Die realitiet is dat meeste boererate en ander behandelings vir mangelontsteking is net daarop gemik om die simptome te verlig. Het die dokter nog nie voorgestel dat dit verwyder word nie?

      Delete
  3. Anonymous10/2/13 12:44

    ek is 55 jaar oud en sukkel vreeslik met my mangels enige raad

    ReplyDelete
  4. Anonymous6/5/13 12:33

    My seun is 7 jaar oud en in graad 1. Hy is 'n chroniese allergie lyer. Hy is van verlede jaar Oktober maand kort kort siek aan verkoue en sinusontstekings. Dan vat ek hom dokter toe, hulle kyk in sy ore en keel en sien dit is rooi en gee antibiotika. Dit is nie twee maande nie dan is hy siek en weer dieselfde storie. Desember en April maand was hy omtrent die hele maand siek. Hy sweet in die aand vir hom sopnat sodat ek vir hom ander beddegoed en klere moet aantrek en hy se in dieselfde asem dat hy koud kry. So koue koors. 'n Oortoetsie verlede jaar het gewys hy kan nie die sagte lae klanke hoor nie weens middeloorontsteking wat hy al gehad het. My ergste probleem is dat hy in die koshuis is en sy neus is in die nag so toe dat hy nie deur sy neus asem kan haal nie, wanneer hy deur sy mondjie asemhaal kan hy darem slaap. Dit is so erg dat hy letterlik le en rondrol, want hy kan nie deur sy neus asemhaal nie, hy hou ook vir 'n paar sekondes op met asemhaal. Ek luister hom en dink Jurie haal nou net asem. Hy snork dan ook verskriklik en slaap met sy koppie heel agtertoe getuld en die skuim kom by sy mondjie uit. Ek het al alles probeer maar as die neus toe is maak niks hom oop nie. Hy is op chroniese allergiese medisyne. Ek het hom die laaste keer by 'n ander dokter gehad en die het gese hy voel kliertjies in sy nek wat hard is en dui op mangelontsteking diep in die mangels wat nie met die blote oog gesien kan word nie. Die harde kliertjies dui dat hy al 'n geruime tyd met die mangels sukkel. Hoe belangrik is mangels vir 'n chroniese allergie lyer? Het die mangels nog 'n funksie op 7 jarige ouderdom of net vir babas? Hoe gevaarlik is chroniese mangelontsteking vir my kind, want hy word regtig baie siek en dit beinvloed sy skool en sport en hy is in die koshuis?
    My skoonma wil glad nie he ons moet die mangels verwyder nie, sy se die mangels dien as 'n filter vir die chroniese allergie van my seuntjie en se die dokter wil net geld maak. Is dit so dat die mangels 'n filter is en sal help met die allergie van my kind? Ek weet nie wat om te doen nie en wil net my kind help. Moet ek 'n tweede opinie kry by 'n spesialis?

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous21/6/13 13:17

      vat hom na n spesialis dis beter laat hul die mangels uithaal as dit pla sjoe dit kan gevaarlik word later van tyd

      Delete
  5. Anonymous15/5/13 14:27

    My son is 7years old and in grade 1. He is sweating under his arms already, and its smelling. what can i use for him.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous21/5/13 08:48

      Dit is effens ongewoon. Jy kan dalk eers kyk of dit nie veroorsaak word deur sekere material nie. Laat hy byvoorbeeld vir 'n paar dae suiwer katoen dra en kyk of die problem nie verdwyn nie. Alternatiewelik kan dit ook veroorsaak word deur sekere kossoorte. Of sy sweetkliere het net vroeg ontwikkel. As dit laasgenoemde is, is daar 'n middel, maar ek sou voorstel dat 'n dokter hom eers diagnoseer voor jy enige middels begin gebruik.

      Delete
  6. Anonymous2/7/13 03:33

    Ek is 12 jaar oud en my mangel is rooi en groot opgeswel wat moet ek doen asb . Ek nodig raad

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous2/7/13 09:37

      As jy sukkel om te sluk of asem te haal moet jy 'n grootmens vra om jou dadelik dokter toe te neem. Jy kan ook self by 'n kliniek gaan vra vir hulp, hulle behoort jou te help. Om jouself te help kan jy een keer per dag gorrel met water waarin jy 'n bietjie sout opgelos het. Verder moet jy rus en warm vloeistowwe soos sop en tee drink. As dit mangelontsteking is kan dit tot 14 dae neem voor jy gesond is.

      Delete
  7. Anonymous5/1/14 19:19

    My man is 37jr oud en was 3weke terug dr toe vir mangelontstekking en het antibiotika gekry en dit het beter geword. Maar nou is dit weer terug en het baie seer sy keel is bloed rooi en lyk soos wit sere ook op di mangels maar wil dit ni gaan uithaal ni. Wat kan hy doen om dit beter te kry...... Asb enige hulp sal waardeer word

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous6/1/14 09:49

      Die sere kan wees as gevolf van 'n allergie. Dit word gewoonlik veroorsaak deur voedsel, maar kan ook die gevolg wees van medikasie. Met die simptome wat jy beskryf is die beste (EN VEILIGSTE) raad om 'n dokter te gaan sien.

      Delete
  8. Anonymous13/1/14 16:25

    Hi, ek is 16 jaar oud. Ek het die afegelope 2 dae konstante hoofpyn en koors. My keel is seer ek kan nie sluknie en ek sukkel om te eet. My stem is ook besig om weg te gaan. Ek het ook nek pyn agv die kliere wat geswel is. As ek agter in my mond inkyk is dit bloedrooi en daars sulke wit kolletjies (selfs op my klein tongetjie) kan dit my mangels wees wat dalk uitgehaal moet word? Ek het voorheen al gesukkel met mangel ontsteking maar dis nooit uitgegaal nie.

    ReplyDelete
  9. corne du preez25/6/14 12:11

    wat is die tekens van mangel ontsteking?Die rede hoekom ek vra,is ek het n werknemer wat vir my se hy is besig om mangel ontsteking te kry,en hy se hy kry dit elke jaar die tyd.Hy lag nog normaal,gaan uit in die aand,en dit is koud nou in die Vrystaat,ek het vir hom gese,ek vermoed dit is griep...is ek reg of verkeerd?

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous25/6/14 13:24

      Dit hang af van die simptome. Simptome sluit in 'n seer keel, dit pyn wanneer jy sluk, hoofpyn, koors, stemverlies en geswelde kliere in die nek en kaak. 'n Maklike manier om dit te onderskei van griep is dat die mangelontsteking lyer seer kry as hy sluk. Hy klink nie baie siek as hy nog kan uitgaan nie.

      Delete
  10. Anonymous8/9/14 09:44

    Hi my seuntjie se mangels rooi saam met sy oortjies, so 2 of 3 weke na sy grommets het hom by dokter gehad so paar dae terug en dit klink of hy erger is. Kan dit mangelontseking wees of wat het 1 dat met koors gesukel so erg koni aan hom vat so warm was hy

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous16/9/14 09:10

      Dit kan mangelontsteking wees, maar met sy grommets situasie in ag genome, kan jy nie iets anders uitsluit nie. Hou hom onder doktersbehandeling. Jy moet sy koors mooi dophou en hospital toe neem as dit te hoog raak.

      Delete
  11. Anonymous9/1/15 21:33

    Ek sit in Jeffreys bey ver weg van ons,dokters my 3jaarige dogtertjie kla al lank vn keelseer nou kla sy elke,dag en nou kan sy ni,eet,ni dan bring sy als op en sukel om te drink sy wl net slaap heeltyd sy huil ha koppie is seur en dit klink of sy sukel om aasem te haal ons ry mre trug gouteng toe wat kan ek dn die pad huistoe om ha rystig te hou

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous20/1/15 14:26

      Dit sou beter wees om haar eers na 'n plaaslike kliniek te neem vir 'n ondersoek.

      Delete
  12. Anonymous10/6/15 14:22

    Hi ek Is 16 jaar oud ek weet nie of ek griep, verkoue of mangelontsteking het nie. Maar my keel is ongelooflik seer en my ore ook.. ek het erg hoofpyne en het n droe hoes en dan weer n slymerige hoes dit verwissel. Ek kry koud em dam warm, as ek koud kry sweet ek erg en as ek warm kry bewe ek .Ek het al 3keer mangelontsteking gehad en 1 keer brongitis. Wat kan dit wees??

    ReplyDelete
    Replies
    1. Klink jy moet by die dokter kom.

      Delete
  13. hi my dogter het vanaf die ouderdom van 9 jaar mangelontsteking.sy het nou permanent vergrote mangels en die dokters wil nie die mangels verwyder nie,hulle se dis haar keel wat elke keer ontsteek en nie die mangels nie.sy word verskriklik koorsig.ek kom al van kimberley af met haar,maar elke keer kry sy net n botteltjie neussproei

    ReplyDelete
    Replies
    1. Dit is waar dat vergrote mangels nie noodwendig verwydering regverdig nie. Dit klink asof 'n post-nasale drup die ontsteking in die keel veroorsaak. Miskien moet jy kyk na hoekom sy dit aanhoudend kry - en ek weet dis moeilik op daai ouderdom. Dit kan ook nie kwaad doen om 'n tweede dokter se opinie te kry nie, verkieslik 'n spesialis.

      Delete
  14. Anonymous31/1/16 16:22

    Ek is 66 jaar oud en my regter mangel het so 'n week gelede begin seer word. Ek gorrel tans met sout en lou water en dan later in die dag weer met TCP en het ook vanoggend Ibruprofin gesluk. Dit is nogal ongemaklik en seer as ek sluk en weet nie hoe om die pyn te stil of die seer gesond te maak nie. Ek eet intussen sop en sagte voedsel soorte. Ek het nie 'n mediese fonds nie en ook nie die nodige fondse om 'n doktor te sien nie. Ek wil graag weet of daar nie iemand met goeie raat is wat my seer kan weg doktor nie. Baie dankie, ek waardeer enige raat of hulp.

    ReplyDelete
  15. Anonymous25/1/17 15:59

    N ou boereraat van my oorlede moeder. 2t rou heuning..1t borrie..1t kaneel en knypie swart peper. Meng met lou water en drink 3-4 keer per dag. Glo my dit werk

    ReplyDelete
  16. Hallo julle ek is nou 20 jaar oud en het my mangels 8 dae terug verwyder en steeds is dit baie seer kan iemand my raad gee of dit normaal is en wat kan ek doen om nie in aande sulke pyne te kry in my mond nie?

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous16/3/18 14:30

      Toe ons klein was het hulle vir ons roomys gegee na ons mangels uitgehaal is. Die koue help vir die pyn.

      Delete
  17. Ek is so verskriklik geirriteerd. Was n paar jaar gelede op n facebook groep genaamd boererate en het uitgeklim as gevolg van selle ding. Het vanoggend n krisis en besoek boererate en gaan nou weer verlaat want dis belaglik. Almal soek boererate en dan is comments gaan sien n dr. Asb. Kry iets beter om te doen asom drs verwysings te gee. Per slot van rekening is jy nou by boererate, of is dit n boereraat? Vaarwel

    ReplyDelete
  18. Anonymous20/2/20 15:59

    Hi. Ek is 17 jaar oud. Eks al vir 2 weke siek met verkoue. Ekt medikasie gedrink maar dit het nie gehelp nie. 3 dae terug het ek mangel ontstekking ontwikkel en nou sit ek met n erinstige pyn in my oor. Wat kan dit wees? Asseblief ek kort raad.

    ReplyDelete
  19. Hi ek keel is nie seer nie maar dit voel of dit my mangels is wat dit pyn in d onerkant van my kakebeen en my ore steek dit kom en gaan

    ReplyDelete
  20. Anonymous28/5/20 12:06

    Hi ek keel is nie seer nie maar dit voel of dit my mangels is wat dit pyn in d onerkant van my kakebeen en my ore steek dit kom en gaan

    ReplyDelete
  21. Kan ek my kind se mangels laat uithaal op sewentien jaarige ouderdom

    ReplyDelete
  22. Ek is 18 jaar oud en ondervaar mangelsprobleme vir di eerste keer in my lewe , albei kante van my nek is opgeswel en alle ander simptome ook, sal dit van self beter raak en hoelank sal dit vat

    ReplyDelete