Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



23.3.12

Vrae oor vrugwater


Mianca Meyer skryf:
"Ek is 32 weke swanger en my ginekoloog sê my vrugwater is min, maar hy verstrek nie die rede daarvoor nie. Ek het nie regtig 'n afskeiding wat onaangenaam ruik of iets wat snaaks is nie."

Antwoord:
Sien antwoorde onder.



en skryf:
"My vrugwater raak om die een of ander rede minder. Minder as wat dit veronderstel is om te wees op 24 weke. Ek wil net weet hoekom die vrugwater minder word en watter gevaar dit vir my ongebore baba inhou."

Antwoord:
Sien antwoorde onder.



Anoniem skryf:
" Die meisie is amper 7 maande swanger. Volgens haar Ginekoloog is daar op die stadium min vrugwater. Is daar iets wat gedoen kan word om die vrugwater te vermeerder, is dit gevaarlik."

Antwoord:
Die vrugwater is die buffer wat die ontwikkelende embrio beskerm en dit toelaat om te beweeg. Indien die vloeistof minder as 5 cm diep is, dan is daar te min. Tydens hierdie fase van haar swangerskap kan dit ernstige komplikasies tot gevolg hê tydens die geboorteproses. Op die stadium moet sy net seker maak sy sien haar dokter gereeld, sy moet gesond eet en baie vloeistowwe inneem, veral water. Daar is 'n plaasvervangervloeistof wat die dokter tydens geboorte kan gebruik.



Pamela skryf:
"My dogter is tans swanger. Die verwagte datum wat die dokter gegee het, is 2 Julie. Haar laaste mentruasie was einde Augustus. Haar vrugwater het Saterdag-aand gebreek, maar sy het geen pyne gehad nie. Sy was vanaf Sondag-oggend in die hospitaal opgeneem en is gister ontslaan. Volgens die dokter se bevinding was daar ´n skeur in die baarmoeder. Is dit gevaarlik? Haar borste het ook van gisteraand af melk geskiet. Is die verwagte datum korrek of wat is dit alles wat hier plaasvind."

Suster:
Die verwagte datum wat die dokter gegee het, klink reg. Dit kan gebeur dat die vrugwater kan dreineer sonder dat die mamma in kraam gaan. Dit gebeur soms as die baba met sy boudjies na onder lê of met sy ruggie na agter teen die mamma s´n. Ek dink julle het die dokter verkeerd verstaan. Daar is ´n skeurtjie in die VRUGSAK, nie die baarmoeder nie. Die vrugsak hou die vrugwater binne. Soms kan dit gebeur dat daar ´n bietjie vrugwater in so ´n geval dreineer. Die skeurtjie seël soms soos die baarmoeder groei. Sy moet maar uitkyk vir dreinering: die hoeveelheid, reuk en kleur. Dit moet helder soos water wees en het ´n tipiese reuk. Verkieslik moet daar geen dreinering wees nie. Indien daar ´n stortvloed water is, ´n offensiewe reuk of die kleur word groenerig, moet sy dadelik haar dokter gaan sien of na die naaste hospitaal gaan. Dit is normaal om op hierdie staduim melk te dreineer, alhoewel dit nie noodwendig by alle mammas voorkom nie. Ek hoop ek het julle genoeg inligting gegee. Laat weet gerus hoe dit gaan.

4 comments :

  1. Anonymous14/5/13 15:51

    ek is op die oomblik swanger ek is 29 weke en het min vrugwater en my kind se breintjie is biekie groot kan julle my net se wat kan gebeur as my vrugwater nie optel nie en wat gaan met my kind gebeur asg van die groot breintjie

    ReplyDelete
  2. Ek is nou 17 weke swanger en my dokter se my baba se groei is die van :n 13 weke oue baba. My vrugwater is baie min en die nageboorte druk die baba dat hy sukkel om te beweeg?

    ReplyDelete
    Replies
    1. Sorg net dat die dokter 'n ogie daaroor hou. Jy kan help deur gesond te eet en genog water te drink.

      Delete
  3. More my dogter is Nou 25 weke swanger haar vrugsak het geskeur die Dr het haar Dinsdag 22 Oktober 2019 opgeneem en medikasie gegee. Die baba weeg 800g. Sy is vandag 24 Oktober 2019 ontslaan. Dr sou baba gister 23 Oktober 2019 uitgehaal het maar het besluit om dit volgende week te doen. Sy verloor vrugwater ek is nie seker hoeveel nie. Is daar n kans dat die vrugsak kan toe groei en hoelank niem dit. Sal baba dot orleef as sy volgende week gebore word. My dogter stress erg gee asb vir my Raad sodat ek haar net berusting kan gee of voorberei vir dit wat kan gebeur. Ek is so onseker en wil nie vir haar verkeerde Raad gee nie asb. Boereraad kan werk jare terug was die tegnologie nie so geworderd Soos vandag nie
    Asb gee my raad

    ReplyDelete