Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



10.9.15

Vrae oor baba se eet- en drinkgewoontes

Boereraat:
Voeg 4 teelepels heuning by jou baba se waterbottel. Dit help om die baba rustig en kalm te hou. Dit bevat ook baie multivitamiene.
As die baba se magie te loperig is daarna, verminder die heuning met ’n ½ teelepel. As die baba hardlywig is, vermeerder dit met ’n ½ teelepel.

Ouma vra: "Kan 3 mnde baba suurlemoensap in water drink?"
Antwoord: Die ideaal is om nie vir baba skoon water (of met suurlemoensap) te gee voor ses maande nie. Na ses maande kan jy water gee en dit liggies geur met vars suurlemoensap. Indien baba voor daai ouderdom hou van water bespreek dit eers met jou dokter voor jy gereeld water gee. Te veel water vir so 'n klein dingetjie kan inmeng met die opname van voedingstowwe in die borsmelk / bottel. In uitsonderlike gevalle kan dit selfs stuiptrekkings veroorsaak. Indien jou dogter borsvoed het baba geen ander vorm van vloeistof nodig nie.
Vanaf 12 maande kan baba soveel water drink as wat hy / sy wil.

Lorraine de Beer skryf: "Ons het 'n multi racial baba aangeneem maar is nie 100% voorbereid op al die verskille nie as daar ooit regtig is nie. Verder was die mama op drugs: Heroine gerook en Cocaine gebruik deur die swangerskap Hy is 3.2kg met geboorte gewees weeg nou na 7 weke 6.8 kg die kliniek is bekommerd oor hy so vinnig "vet" word hy slaap nie goed nie en is asmaties (borsie trek toe) hy het baie slym en ook 'n nasale drup in sy keeltjie. Wat kan ek doen hom gemakliker te kry met die toe neusie en benoude borsie. Ons woon op 'n plaas baie stof en rook nie in sy kamer of by hom nie. Hy drink nou Infacure 150ml elke 4 ure waar hy altyd Nan 175ml elke 3 ure gedrink het is honger tussen in. Wat kan ek gee wat hom nie vet maak nie wanneer hy huilerig is na 3 ure. Help asb met raad hy is die pragtigste babatjie stroopsoet My jongste baba is nou 24jaar oud so ouma weet nie veel meer alles nie Ek gebruik graag natuurlike produkte as u van iets weet wat kan help Baie dankie vir u raad ek waardeer dit baie (bietjie moedeloos van die min slaap)"
Antwoord: Die baie slym, gepaardgaande drup en toe borsie is waarskynlik die werk van een of ander allergeen. Stof staan hier voor in die ry. Maak maar seker as sy klere en kombersies word gereeld in warm water gewas en dat sy omgewing vry is van alles wat moontlik 'n oorsaak kan wees. Let ook op na preserveermiddels in medikasie en voeding, die groot sondebokke hier is die bensoate. Ironies genoeg is sodium bensoaat die preserveermiddel in baie hoesmedikasie.
'n Algemene oplossing wat aangebied word vir baba's wat te veel wil drink is om die voeding kleiner te maak en meer gereeld te gee, maar jy moet ook probeer om vir baba 'n alternatief te bied vir die vertroosting wat hy tans in die bottel vind. Daar is nogal meriete daarin om baba op jou of iemand anders se rug vas te maak. Die warmte, nabyheid, ritmiese bewegings en stem van die draer sus die ou kleintjies so dat hulle begin vergeet van huil. Sy kamer moet ook warm wees en sonder 'n trek. Sommige baba's hou ook van klank, agtergrondgeluide laat hulle geborge voel. Weet jy nog hoe om 'n baba styf en knus toe te draai in 'n kombers? Dit bied die gevoel aan die baba dat hy vasgehou word en sal hom ook rustiger maak. Laaste maar nie die minste nie is die fopspeen. Dis nie altyd mooi as 'n tweejarige nog met 'n fopspeen rondloop nie, maar vir 'n baba bied dit soms die nodige vertroosting.
Voorspoed met hierdie wonderlike taak wat jy opgeneem het!

Monica Nagy skryf:
"MY SEUNTJIE IS NOU SES MAANDE. EK WIL NET GRAAG WEET OF DAAR RIGLYNE IS OOR HOEVEEL HY MOET EET. SY DAGMOEDER Sê HY KAN NIE IN DIE AAND EET NIE, WANT HY GAAN OORGEWIG RAAK? 'N VRIENDIN Sê HAAR SEWE MAANDE DOGTERTJIE EET ELKE TWEE URE. SY WISSEL DIT AF MET MELK EN PURITY. HOE WEET EK WAT IS GENOEG EN WAT IS TE VEEL???"
Antwoord:
Oor die algemeen wil 'n baba gereeld eet. Dit verskil natuurlik van baba tot baba maar hy moet eet wanneer hy wil. Dit is nie goed om voedsel van 'n baba te weerhou nie. Op ses maande eet 'n baba omtrent 4 keer per dag, maar dit mag verskil van baba tot baba. Die dokter behoort jou in te lig wanneer die baba te vet is.


10 comments :

  1. Liza Beukes30/4/12 14:18

    My seuntjie is nou 18maande oud en drink 3 tot 4 bottels melk 'n aand en slaap nog nie deur nie. Hoe kan ek hom van die bottel af kry sodat hy kan begin deurslaap in die aande?

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous17/7/14 15:40

      hoeveel bottels kry hy in die dag?as hy 1 drink in dag gaan hy die res wil inhaal in die aande op daardie ouderdom moet hy net 500ml melk n dag kry so as hy 100ml in dag drink gaan hy die ander 400ml in die aand wil drink.my seuntjie is nou 12maande oud en ek het die selde probleem gehaat ek het hom net in die dag 3 bottels gegee en nou in aande word hy eenkeer wakker ook net nou en dan.

      Delete
  2. Hi my seuntie is 4maande oud hy drink baie swaak Sy botel het I droe hoes n Sy koors is op n af wat Kan die oorsaak wees

    ReplyDelete
  3. Hii my seunQii is nou amper 2 maand kan ek 1 teelepel baba pap in sy bottle melk sit

    ReplyDelete
  4. Anonymous2/6/22 11:00

    My seunkjie is n jaar oud en hy drink verskruklik bja water in die aand hoe kan ek hom af kry of te slaap

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous10/8/22 13:43

      Jy moet eers uitvind hoekom hy baie water drink. 'n Dokter sal kan bepaal of daar enige tekort is.

      Delete
  5. Anonymous4/9/22 08:05

    Goeienaand ek wil graag uitving my kleinseun van 17 maande het alles geeet voor hy die maand by kleuterskool begin het nou wil hy net gladde texture eet moet ek bekommer wees en sy magie speel al vir drie weke aaneen baie danki

    ReplyDelete
  6. Anonymous5/9/22 11:58

    Die feit dat sy eetgewoontes verander is nie noodwendig 'n probleem nie. As sy maag werk oor so 'n lang periode is dit egter gevaarlik. Sorg dat hy genoeg vloeistowwe inkry sodat die gevaar van dehidrasie uitgeskakel word. Sorg dat hy 'n mediese ondersoek kry.

    ReplyDelete
  7. Anonymous9/3/23 07:26

    Ons baba is 3weke oud mamma gee kos al maak dit slyme

    ReplyDelete