Amelia skryf:
Ek wil graag uitvind kan 'n mens swanger wees en nog altyd siek raak. My man het vir twee weke naar gewees maar die week daarna het ek siek geraak. Ek was vir 2 jaar op inspuiting maar vanaf januarie op niks. Partykeer raak ek naar en my kop draai so asof ek duiselig raak. ek wil maar net sekerheid hê.
Antwoord:
Duiseligheid MOET deur 'n dokter gediagnoseer word. Dit kan 'n simptoom van 'n magdom aandoenings wees. Wanneer jy swanger is en siek word is dit altyd wys om 'n geneesheer DADELIK te kontak.
Mediese inligting en boererate in Afrikaans - Ons bly op hoogte van die jongste navorsing oor 149 plante in wetenskaplike joernale ter ondersteuning van primêre gesondheidsorg.

Ek is vroulik, 70 jaar oud en ondervind deesdae kwaai duiseligheid as ek vinnig opstaan of as ek gaan le. Is dit gevaarlik? ek het 'n pasaangeeer en kry ook gereeld ondervelbloeding as ek net teen iets stamp.
ReplyDelete