Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



13.2.12

Vrae oor swangerskap en medikasie


Celeste Strauss skryf: "Ek het 'n week gelede onbeskermde seks gehad. Ek was nie seker of ek swanger kan wees nie, Het ook intussen Depo Povera geneem. Sal dit enige effek het op die fetus?"
Antwoord: Behoort nie.

Anoniem van OD skryf: "Ek is nou so 5 weke swanger en vreeslik grieperig. Is daar enige gevaar om maxil anti-biotika (betamox) te gebruik."
Antwoord: Tot dusver is alle aanduidings dat Betamox veilig is vir gebruik tydens swangerskap. Swanger dames moet liefs altyd die apteker raadpleeg wanneer hulle medikasie koop.

Laminda skryf: "Ek wil net grag die volgende vraag aan u rig? Ek is nou dertig weke swanger en wil graag weet wat se negatiewe effekte slaappille op die ongebore of pasgebore baba gaan hê met geboorte?"
Antwoord:
Jy noem nie watter soort medikasie jy gebruik nie. Slaappille kan gewoontevormend wees, selfs vir jou baba, wat na geboorte aan onttrekkingsimptome kan lei. Daar is ook studies wat toon dat die baba se IK negatief beïnvloed kan word asook die kleinding se metabolisme. Een of twee gedurende jou swangerskap sal seker nie skade veroorsaak nie, maar die beste raad sal wees om liewer die slaappille te los.
E Kotze skryf:
"Ek is nou 9 weke swanger en wil net weet of daar enige medikasie is wat ek kan gebruik vir 'n verkoue of griep?"
Antwoord:
Tylenol en Vicks hoesstroop was altyd veilig. Maak egter seker deur altyd die voubiljet te lees. Die veiligste is om jou apteker vir (gratis) advies te vra.

Lucinda Grobler skryf:
"Ek wil weet of Rennies goed is vir 'n swangerskap, want dis al wat my help. En glo my ek het dit vrek erg."
Antwoord:
Daar is nog nie sekerheid in die Rennies-debat nie. Sommige mense sê nee, ander sê net tydens die eerste paar maande van swangerskap. Los eerder die Rennies tot daar sekerheid is.

Skapie skryf:
"Ek is 7 weke swanger, 33 jaar oud, 7 jaar getroud, 1ste baba en 10kg oorgewig (alreeds 'n agterstand, want ek weeg 75kg en is 1.68m). Ek het lae bloeddruk en gebruik Effortil Perlongets. Kan ek díe pille tydens my swangerskap gebruik, aangesien ek in die aande, nadat van die werk afgekom het, baie duiselig voel?"
Antwoord:
Nommer een moet jy altyd EERSTE DING enige medikasie met jou ginekoloog uitklaar wanneer jy swanger raak. Bespreek asseblief die gebruik van gebruik Effortil Perlongets tydens swangerskap met jou dokter.

Michelle skryf:
"EK IS 10 WEKE SWANGER.EK EN MY MAN WAS SLEGS EENMAAL INTIEM SONDER VOORBEHOEDING. DIT WAS DIE SONDAG, TWEE DAE LATER HET EK GEGAAN VIR LAZERBEHANDELING DEUR PLACECOL VIR MY PROBLEEM VEL. EK SOU NOOIT KON DINK DAT EK SONDAG "GEVAT" HET, SOOS DIE OU BOERE HIER BY ONS SAL Sê NIE. DUS WAS EK VOLGENS DIE SONAR REEDS TWEE DAE SWANGER TOE EK HIERDIE LAZERBEHANDELING GEHAD HET.EN 'N ANDER DING EK WAS REEDS SES WEKE SWANGER TOE EK UIT GEVIND HET VAN DIE SWANGERSKAP EN HET IN HIERDIE TYD MY VOORSKRIF MEDISYNE GETROU GEDRINK.VERAHEXAL. EK WIL GRAAG WEET WAT DIE KANSE OP SKADE VIR MY BABA IS, EN WATTER TIPE SKADE INDIEN ENIGE. EK EN MY MAN IS VREESLIK OPGEWONDE, MAAR EK VIND DAT EK MY SELF STILWEG KEER OM TE VEEL UIT TE SIEN NA HIERDIE BABATJIE EN EK RAAK VREESLIK BENOUD AS MY MAN SY ENTOESIASME MET MY EN SOMMER ALMAL DEEL, WANT Sê NOU IETS IS VERKEERD!EK STEL OOK AANHOUDEND MY SONAR AFSPRAAK UIT. EK HET OOK NOG NIE BOGENOEMDE INLIGTING OOR DIE LAZERBEHANDELING MET MY DOKTER GEDEEL NIE, OMREDE MY MAN NOG ELKE KEER SAAM WAS EN EK BANG IS DAT HY MY DALK GAAN KWALIK NEEM. WATTER VERKOUE EN GRIEP MEDISYNE IS VEILIG, WANT EK IS HUIDIGLIK VROT VAN DIE VERKOUE. DANKIE VIR JOU GEDULD, EK WEET 'N BRIEF SOOS DIE VAT TYD.GESEEND IS JY.GROETE ONRUSTIG
Antwoord:
Die behandeling vir jou vel is veilig vir die baba. Die tipe behandelings word egter soms nie aanbeveel VIR JOU VEL nie omdat die hormonale veranderinge wat swangerskap meebring die pigmentasie van die vel kan beïnvloed.
Verahexal behoort nie enige probleme tydens swangerskap veroorsaak nie, maak raadpleeg jou dokter net om seker te maak.
Vra jou apteker vir medikasie vir verkoues wat veilig is vir gebruik tydens swangerskap.
Elsie skryf:
"Ek is 29 en probeer om weer swanger te raak met my tweede een. Ek het vir twee en 'n half jaar die Merena in gehad en dit in April uitgehaal. Ek probeer vanaf einde April swanger raak maar tot op hede nog niks. Ek geniet dikwels 'n glasie wyn en is regtig 'n groot koffie drinker en ek is tans op kroniese medikasie (Molipaxin 100mg) elke aand vir my slaaploosheid. Kan dit 'n groot invloed hê op my vrugbaarheid? My man is op sterk pynpille (Lentogesic) vir sy knie, kan dit enige nagevolge hê as ek swanger raak, of het dit ook 'n invloed op sy vrugbaarheid?"
Antwoord:
Dit kan 'n hele paar maande neem voor jou menstruele siklus weer normaal is na verwydering van die Mirena.
Die wyn en koffie sal nie jou vrugbaarheid beïnvloed nie, en al hoe die Molipaxin jou gaan affekteer is deurdat jy nie wakker gaan wees om die baba te maak nie. LET WEL dat daar nog nie sekerheid bestaan oor die gebruik van Molipaxin TYDENS swangerskap nie. Raadpleeg jou dokter.
Lentogesic behoort geen probleme te veroorsaak vir 'n swangerskap of vrugbaarheid nie, maar raadpleeg jou dokter.

38 comments :

  1. Anonymous20/2/12 15:27

    is daar enige boereraad of iets wat ek kan drink om swanger te raak. wil graag wees. maar my ou nogi reg ni en is bang daar gebeur iets met hm of iets en hy is al 26 asb hoop daar is iets.

    ReplyDelete
    Replies
    1. hello ek het in selfde boodjie gesit ek was op die pil v amper 4jaar en toe ek pil wou los was my man ook nie reg nie.So toe het ek mense raad gevra die een man het my gese jy moet gedudig wees en probeer uit vind hkm jou man nie reg voel nie,want dit is waar n man sal nooit reg voel nie hy het 9mnd om gewoont te raak aandie idee.my man het na n maand besluit ek kan pil los.so prt met hom en hoor wat hom pla.hoop vir die beste vir jou!

      Delete
    2. Mag swanger vroue antibiotika pille drink vir infeksie as die dokter dit voor geskryf het

      Delete
    3. As die dokter dit vir haar spesifiek voorgeskryf het behoort dit veilig te wees. Dit sal 'n veilig sort wees.

      Delete
  2. Anonymous4/3/12 15:37

    Hi my dogter is swanger.22 weke.sy het maagkrampe,is naar en maag werkings.sy het pectrolyte gedrink maar voel nog sleg.dink sy het twee dae terug iets geeet wat dalk af was(n pastei).is daar enige iets anders wat sy kan drink of is dit maar die beste om dokter toe te gaan.sy het vandag ook gekla oor nek pyn.dankie.

    ReplyDelete
  3. Anonymous3/4/12 11:52

    KAN EK SWANGER WEES AS EK SNAAKSE KRAMPE OP MAAG KRY EN AS EK LE DAN PYN DT SO ST VOEL OF IEMAND MY VAN BIINE AF TRAP EN MAAG BJA GESWEL EN RAAK DUISLIG EN PIEPIE BAIE. IS DT SIMPTOME OF NI HET AL N TOETS GEVAT MA DT SE NEGATIEF MA TOETSE KAN OOR VERKEERD WEES. EN EK HET AL MY MAANDSTONDE GEHAD. ASB HOOP U KAN MY HELP EN RAAD GEE

    ReplyDelete
  4. Anonymous12/4/12 15:11

    ek is 40 en het 10 jaar terug sterilisasie gehad was baie oorgewig gewees en het 60kg verloor het die lasste 4 dae simptome van swangerskap naarheid rugpyn maag voel swaar sooibrand laaste menstruasie was die 21/03/2012 net n bruin maroon droë afskeiding en februarie maand net n klont van so om en by 500g wat net uitgeval het met baie min bloeding geen pyn gehad nie kan ek dalk swanger wees

    ReplyDelete
  5. Anonymous30/4/12 11:55

    Ek n my verloofde wil baie graag n baba he, maar eks op Depo. Ons ht besluit dat ek nie weer vir die inspuiting gaan, gaan nie. Is daar enige iets wat ek kan doen om vinniger swanger te raak?

    ReplyDelete
  6. Anonymous26/6/12 10:45

    ek is 24j en is nou 14 weke swanger. ek het deur die nag wakker geword en dit het gevoel of daar n appel in my maag is. ek wil weet of is dit normaal of moontlik dat die baba op 14 weke al n knop in jou maag kan trek... ek het net my magie gevryf en na so 10minute was di weer weg. is dit moontlik??? ek wil ook weet wat ek kan gebruik vir onrustigheid gedurende die aand, want ek sukkel om te slaap.. asook wat ek kan gebruik vir sinus.. julle hulp sal waardeer word.. dit is my eerste kind so ek is nog bietjie "clueless"...

    ReplyDelete
  7. Anonymous9/7/12 11:25

    ek is 37 weke swanger amper 38 weke en my privaat dele is baie geswel wat kan dit wees?

    ReplyDelete
  8. ek is 7maande swanger en sit met aambeie. wat kan ek doen om dit weg te kry? en wat kan ek gebruik vir die pyn?

    ReplyDelete
  9. Anonymous14/8/12 10:28

    EK IS 40 JR OUD EN EK EN MY MAN, WAT 10 JR JONGER AS EK IS, WIL GRAAG PROBEER VIR 'N BABA. EK BESEF DAT DAAR BAIE RISIKO'S BESTAAN VIR SWANGERSKAP. ONS HET GEEN KINDERS VAN ONS EIE. EK WAS 13 JR GELEDE SWANGER OOK NA 'N GESUKKEL-SLEGS EEN BUIS IS OOP, EK GAAN OOR 2 WEKE WEER VIR 'N LAPAROSKOPIE. EK WIL GRAAG VIR MY MAN 'N KIND GEE.EK WIL NET VRA OF 'N SWANGERSKAP MOONTLIK SAL WEES.

    ReplyDelete
  10. Anonymous27/8/12 15:08

    Ek wil weet of ek regtig kan swanger wees. Ek en my man probeer nou al lank en elke keer het die toets negatief gewys. 1 aand toe ons weer probeer het het ek vir hom gese ek het iets binne my gevoel. Hyt gese dit kan dalk wees dat ek toe gevat het. Ek het my maandstonde geskiep en ek voel baie naar in die midae en aande maar glad nie in die oggend nie. Ekt die verskriklikste krampe op my maag so bo by my naeltjie en het nog nooit in my lewe sooibrand gekry nie maar voel deesdae of ek het. Ons was na 2 weke weer intiem gewees en ek het die volgende dag besluit om n toets te neem en die keer het hy posetief gewys. Maar ek weet nie of dit is van die vorige aand se goed nie. Ek is nie verskriklik honger nie maar ek kry darm van die kos ingehou. Is dit dat ek swanger is of wat kan dit anders wees?

    ReplyDelete
  11. Anonymous1/10/12 17:51

    goeie dag ek is nou 7 weke ver swanger. Ek het 'n mantelvliesbruek en gavascon help nie. wat kan ekgebruik vir die sure wat opstood en my brand. asb het raad nodig

    ReplyDelete
  12. Anonymous11/3/13 13:53

    Hallo ek het vanaf november die pil femodene gebruik en het die laaste maand sin m.a.w feb en maart verkeerd gedrink en nie regom volgens pyltjies nie maar voel naar en het sooibrand en kry pyne op maag maar het n toetsie gedoen en wys negatief kan ek swanger raak as ek verkeerd gedrink het

    ReplyDelete
  13. Anonymous13/5/13 19:23

    Ek wil graag weet kan n bloedtoets akuraat se hoe ver swanger jy is of kan dit net min of meer se?

    ReplyDelete
  14. Anonymous3/7/13 14:04

    Ek nodg help asb ek is 19 en ek vermoed ek is swanger ek is bang om dokter toe te gan ek wil graag n aborsie maak ek is 5 weke swanger en wil ni die kind he ni wat kan n mens gebruik om die kind dood te maak

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous9/9/13 14:15

      Jy maak nie n kind dood nie. dis n geskenk van bo. daar is mense wat sukkel om swnager te raak vir jare. as jy nie die babtjie wil he nie gee die kindtjie op vir aaneming. Sies, dis n skreinde skande dat julle jong mense so kan dink.

      Delete
    2. Anonymous8/4/14 09:34

      as ek reguit en eerlik wees.moenie saam iemand slaap en onverantwoordelik wees nie.hou bene toe.jy weet wat kan gebeur.daai baba het nie gevra om daar te wees nie.dis n geskenk van God af. dis dalk vir n rede vir j gegee.sorrymas ek jou aanval ma die so hardseer as iemand dit wil doen of dink.my suster wil graag n kind he maar kani kryni..ek het n seun verloor na geboorte en geen mens sal ek aanraai om deur dai selfde pyn te gaan nie. doen jouself n guns.gaan kyk bietjie wat gebeur as j vir aborsie wil gaan. di baba word letterlik uit mekaar geskeur in jou lyf.dis wreed.gaan kyk dan sal j dalk van plan verander.

      Delete
  15. Nee my liewe mens daar is soveel mense wat glad nie kinders kan kry nie en letterlik alles sal gee vir n baba ek sou se wees maar 9 maande swanger soek in die 9 maande ouers vir jou baba en gee liewers die klein mensie vir iemand wat tonne liefde sal gee vir baba om iemand dood te maak wat nog nie eers begin lewe het nie wat nie eers kan praat nie jy weet nie wat jy mis ini lewe nie. Kinders is die GROOTSTE geskenk ooit van GOD af jy moet se dankie dat jy gekies is om n mamma te wees dis n EER

    ReplyDelete
  16. Anonymous18/6/14 03:58

    Hi daar ek is 6maande swanger en die vreeslikste maagkrampe wat kan sit wees

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous25/6/14 12:56

      Gaan spreek asseblief jou dokter.

      Delete
  17. Anonymous6/10/14 09:18

    Goeie dag,

    Graag wil ek weet of jy kan swanger raak as jy die petogen inspuiting elke 3 maande gereeld gebruik het? Ek is baie dringend opsoek na die antwoord asb.

    Dankie baie

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous6/10/14 10:22

      Nee, dit is baie onwaarskynlik. Egter nie onmoontlik nie - gebeur met omtrent 1 uit elke 100 vroue.

      Delete
  18. Anonymous18/5/15 09:50

    Ek het uitgevind ek is swanger en wil nie die baba he ni ek wil aborteer maar wil dit allren doen.hoe doen ek dit wat gebruik ek?

    ReplyDelete
  19. Anonymous18/5/15 09:52

    Ek het uitgevind ek is swanger.ek wil nie die baba he ni eks 2weke.ek wil die baba verwyder opmy eie hoe dun ek dit

    ReplyDelete
    Replies
    1. Jy kan nie dit doen nie. Dit is lewensgevaarlik. Vra hulp by jou naaste kliniek.

      Delete
  20. Anonymous14/9/15 14:40

    Ek is 17 weke en 5 dae swanger en het blaas infeksie is daar iets wat ek davoor kan gebruik

    ReplyDelete
  21. Hey ek is 6weke swanger meer kry migriane's is daar iets wat my kan help asseblief ek kry migriane aanvale

    ReplyDelete
  22. Wat kan mens vir mangelonsteking gebruik by n swagger vrou

    ReplyDelete
  23. Wat kan mens vir mangelonsteking gebruik by n swagger vrou

    ReplyDelete
  24. Anonymous3/4/18 10:55

    goeie more ek wil net graag uitvind het oor die naweek uit gevind ek is swanger die toetsie se 3 + weke clear blue hoeveel weke sal dit dalk wees seblief
    en kon daar dalk ietsie verkeerds gegaan met die ontwikkeling van baba voel soos n vark het ek het so 2 3 keer gekuier want dit was my suster se troue in die 3 weke

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous3/4/18 12:31

      Jy sal vir 'n ondersoek moet gaan om presies te weet hoeveel weke jy is. Moenie bekommerd wees oor die kuier nie, sorg net dat jy vorentoe gesoend leef vir beide van julle.

      Delete
    2. Anonymous3/4/18 14:22

      baie dankie vir die raad
      gaan so maak

      Delete
  25. Anonymous5/10/20 14:24

    Ek is swanger en het ñ keel seer, kop voel swaar.Is daar dalk iets wat ek Kan gebruik as ek very van ñ apteek af is.

    ReplyDelete
  26. Soek hulp ek het verlede jaar die pil gebruik en in oktober 2020 het ek vergeet om dit te drink maar sommer ook besluit om dit te los. Die 12de oktober kry ek my periods maar ek en my partner het ook omgang gehad. Vanaf November 2020 tot nou begin Februarie het ek nie my periods gekry. Ek het urine toetse gedoen dus negatief asook scans die dokters sien niks nie,maar ek het simptome van swangerskap. My borste sit uit en dit raak donker. Kan ek swanger wees. Raad asb

    ReplyDelete
  27. Hi my daughter is 5 months pregnant but she vomits alot everyday what can we use and what is the cause

    ReplyDelete
    Replies
    1. As dit abnormaal baie voorkom moet sy eerder 'n mediese ondersoek ondergaan. As sy uitermatig baie opgooi en naar is in 24 uur is daar ook die moontlikheid dat dit die baie skaars aandoening "hyperemesis gravidarum" is. Sy sal dan beslis mediese aandag moet kry.

      Delete