Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



5.12.11

Vrae oor geboortebeperking


Natashia skryf: "Goeie dag! Ek voel eintlik baie skaam om so iets te vrae maar laat ek maar my trots in my sak steek. Ek is 23 jaar oud en het 'n probleem. Ek't omtrent so 'n week terug my maanlikse menstruasie siklus gehad en dit het so week geduur toe's dit verby en 3 dae het verby gegaan toe begin ek weer van vooraf te menstrueer en dis nou alweer 'n week wat dit voortduur en het nog nie opghou nie. Ek's baie bekommerd want ek 's die heletyd moeg en naar. Ek't self 'n swangerskap toets gedoen maar dit wys negatief. Ek was op die voorbehoed pil Triphasil maar dit was net vir omtrent 'n maand gewees so ek weet nie of dit enigsins 'n invloed het nie. Hoop jy't vir my raad."
Antwoord: Dit kan as gevolg van die Triphasil wees. Dit behoort egter na 'n maand of twee op te hou. Jy sê ongelukkig nie hoe lank terug jy op Triphasil was nie. Indien jou simptome nie verbeter nie moet jy 'n dokter gaan spreek.

Juls skryf:
"Ek is 20 jaar oud en nou so 2 of 3 weke op die 3 maande inspuiting. Is dit moontlik dat ek nog kan swanger word?"
Antwoord:
Nee, die inspuiting werk onmiddelik.

Onseker skryf:
"Ek wil graag weet of daar enige moontlikheid is dat jy nog kan swanger raak sodra jy met die inspuiting begin? Ek het al vir 2 inspuitings gegaan vandat ek begin het daarmee en is net 'n bietjie onseker of daar nog moontlik eierselle kan geproduseer word?
Antwoord:
Die inspuiting werk beter as die pil. Net sowat 2 uit elke 1000 vroue wat die inspuiting gebruik raak verwagtend. Dit werk onmiddelik.

Karen skryf:
"Ek is 35 jaar, en het 2 pragtige dogtertjies. My geboorte-beperking geskiedenis is as volg. Ek was omtrent 8 jaar op Trivasil, en het omtrent 1 - 2 jaar gelede 'n geneesheer besoek omrede ek moeg en "af" gevoel het. Hy het aan my gese dat Trivasil wel 'n hormoon bevat wat soms vroue se gemoed kan beinvloed; en voorgestel dat ek 'n intra-apperaat moet kry, wat minder hormoon vrystelling sal he. Ek kan wel die verskil op my gemoed voel, nadat ek van die pil af is en die apparaat gekry het, maar daar-in-teen is my menstuasie siklus swaar, met baie ongemak en pyn. Ek ervaar selfs tydens ovulasie ongemak, en ervaar die grootste deel van die maand 'n afskeiding. My vel word ook daardeur geaffekteerd en tydens ovaluasie en menstruasie kry ek op my ouderdom steeds puisies! Ek is op 'n plaas, en die gemak vir my om egter op hierdie manier "veilig" te wees, het my maar tot dusver laat uithou. Ek is ook versigtig vir die inspuiting; - uit stories wat ek al gehoor het. Ek is nog nie gereed vir steralisasie nie, aangesien ek nog nie seker is of ek klaar is met my gesin nie. Ek weet ook agv my ouderdom dat ek binnekort hieroor ook 'n besluit moet neem, maar is nog onseker. Watter ander vorm van geboortebeperking kan jy aanbeveel. Hoe beinvloed die ouderdom van 'n vrou 'n swangerskap, en wanneer is dit wys om nie meer swanger te raak nie. Ek weet dat vrouens 40+ al pragtige babas in die wereld gebring het, maar wat is veilig?"
Antwoord:
Soos reeds genoem is geboortebeperking 'n persoonlike keuse. Elkeeen van ons se liggame is anders en het ander behoeftes. Hierdie is 'n besluit wat jy saam met jou dokter moet neem na gelang van jou persoonlike gesondheid en daar is geen rede hoekom jy hoef bang te wees om die inspuiting te probeer nie.
Dit is so dat hoe ouer 'n vrou is hoe groter is die kans dat daar fout kan gaan met swangerskap. Gelukkig het die mediese wetenskap ook so gevorder dat "ouer" vroue nou suksesvol geboorte skenk. Maar dit bly 'n geval van eerder vroeër as later.

Annaliza skryf:
"Ek wil weet watter een is die beste die pil of die inspuiting."
Antwoord:Dit hang van persoon tot persoon. Jy kan vir 'n algemene ondersoek gaan en jou dokter vra om 'n aanbeveling te doen. Indien jy baie vergeetagtig is sal ek dink jy moet eerder die inspuiting gebruik.

Michelle vra:
"Ek is op die pil nou al 4 maande lank en wil weet of 'n swangerskap toets effektief is as ek nog op die pil is. Ek doen self een elke maand want ek is baie vrugbaar en wil weet of ek nog dit die hcl inhoud in my uriene nog steeds wys as ek op die pil is?"
Suster:
As mens swanger raak, verander dit die hormoonvlakke in die bloed. Die sal dan wys in jou uriene. Al is jy op die pil, sal dit steeds wys.

Anoniem vra:
"As jy die pil vergeet vir hoe lank is jy onveilig en hoe maak die kleur pilletjie ´n verskil?"
Suster:
Jy sal onveilig wees totdat jy weer ´n normale menstruasiesiklus gehad het. Tot dan is dit beter om ander voorsorg te tref. Die enigste tyd wat dit nie saak maak dat jy die pilletjie vergeet nie is die tyd wat jy in die rooi van die pakkie is m.a.w. wanneer jy menstrueer.

Mara skryf:
"Ek het twee maande terug ´n pil gemis - dit was omtrent a week voor my menstruasie - ek het heeltemal vergeet - het dit heel uitgelos en aangegaan met die res van die pille - ek het toe a kort menstruasie gehad. Ek het die menstruasie pille toe geskip en geen gewone menstrusie weer gehad nie. Daarna het ek ´n nuwe pakkie begin - nie op die rooi nie waar mens met ´n nuwe pakkie gewoonlik begin nie maar op die eerste pil na die rooi... ek dink ek het nou alles deurmekaar gemaak - ek is nou aan die einde van die pakkie en het nog steeds geen menstruasie. Kan ek begin swangerskap toetse doen of het ek nou weereens my menstruasie geskip met die deurmekaat pil drinkery? Ek gebruik Minesse omtrent 10 maande lank al."
Suster:
Daar is ´n moontlikheid dat jy swanger kan wees. Voordat jy aangaan met die pille, stel ek voor dat jy eers ´n swangerskapstoets doen aangesien dit wel probleme kan veroorsaak as jy aangaan met die pil en reeds swanger is. Om een pilletjie te vergeet sal gewoonlik nie jou hele siklus omver gooi nie. Indien jy negatief toets vir swangerskap, gaan net normaalweg aan met die pil en jou siklus sal regkom. Dalk moet jy eerder die inspuiting oorweeg as jy geneig is om te vergeet om die pil te neem. Dit is belangrik dat die pil op min of meer dieselfde tyd elke dag geneem word.

Anoniem skryf:
"Ek het twee keer swanger geraak op Trivasil. Ek het ook gesukkel met Loette, Nordette en Yasmine. Ek het al die newe-effekte van die pille opgedoen. Kan jy vir my raad gee vir enige ander voorbehoeding of voorbehoedpil?"
Suster:
Dit is baie moeilik om jou raad te gee, aangesien jy nie noem wat die newe-effekte is wat jy ervaar nie. Wat die Triphasil betref: geen pil is 100% veilig nie en dit is ook baie belangrik dat jy dit reg gebruik. Het jy al een van die inspuitings probeer? Dit sal dalk beter wees as jy ´n doter gaan sien en eers jou hormoonvlakke laat nagaan voordat jy weer op ´n ander pil gaan. Onthou ook dat jy vir ten minste 3 maande op een tipe pil moet wees voordat jou hormone aangepas sal wees. Kan dit dalk wees dat jy nie geduldig genoeg is nie en van die een pil na die ander verander sonder om genoeg kans te gee?

Anoniem skryf:
"Ek het die pil Maart 2003 gelos. My siklus was so 30/31 dae, maar Augustus/September was dit 23/24 dae. Hierdie maand is ek reeds by my 27ste dag en menstueer nog nie. Ek het ´n swangerskap toets gedoen wat negatief was. Is dit moontlik dat ek die toets te vroeg gedoen het? Kan daar steeds ´n moontlikheid wees dat ek swanger is? Of moet ek maar eers wag en kyk wat gebeur na 31/32 dae?"
Suster:
Dit lyk asof jy die toets dalk te vroeg gedoen het. Wag tot die tyd om is vir jou normale siklus 30/31 dae. Indien jy dan ten minste 10 dae laat is kan jy die toets herhaal.

Susan skryf:
"Hoe lank bly antibiotika in jou sisteem, en hoe lank werk dit teen die pil, m.a.w. hoe lank is ´n vrou nie "veilig" nie."
Suster:
Jy sal eers weer veilig wees na jou volgende menstruasie. Gebruik dus ander metodes van voorbehoeding as jy nie wil swanger raak nie.

Anoniem skryf:
"Ek is nou al amper 2 maande op die voorbehoed pil. Ek weet so ´n paar dinge maar sal egter meer wil weet. Onder andere sal ek wil weet wat die kanse op swangerskap is. My kêrel geniet dit om binne in my te ontlaai. Gee my asseblief raad."
Suster:
Die pil is 98% veilig, indien dit reg geneem word en ´n paar reëls nagekom word.
1. Neem dit gereeld op min of meer dieselfde tyd elke dag.
2. Gebruik kondome of ander voorbehoeding as jy antibiotika gebruik, tot jou volgende normale menstruasie.
3, As jy diarree of braking het, doen dieselfde as in nr. 2.
4. As jy EEN pil oorslaan, neem dit so gou as wat jy onthou, al is dit saam met die volgende dag s´n. Neem aan dat jy NIE dan veilig is nie, en tref voorsorg.

Belinda skryf:
"Ek neem reeds vir 6 jaar die Voorbehoed Pil, en gaan trou aan die einde van volgende jaar. Natuurlik, is kinders een van die onderwerpe van bespreking. Sal die feit dat ek reeds so lank op die pil is, my kanse van swangerskap beinvloed? En wanneer ek ophou om die Pil te neem, hoelank sal dit min of meer vat voor die effek daarvan uitgewerk is?"
Suster:
Die tydperk wat jy op die pil was behoort nie enige effek te hê op jou kanse om swanger te raak nie. Dit kan egter drie tot ses maande neem vir jou hormone om na "normaal" terug te keer. Onthou dat die pil jou hormone op ´n sekere vlak gebring en gehandhaaf het. Die oomblik as jy die pil los, sal daar ´n verandering wees in die hormoonvlak en moet dit weer terugkeer na die staat waarin dit verkeer het voor die pil. Dit kan ongereelde menstruasie, bloeding tussen menstruasie en pyn tydens menstruasie meebring. Hou egter moed: dit sal wel weer regkom. Sterkte.

Suster het die volgende vraag gekry:
"Ek wil net weet, ek gebruik die inspuiting,en ek het nogal baie gewig aangesit. Na hoe lank nadat ek die inspuiting nie meer gebruik nie sal ek begin gewig verloor?"
Suster:
Die effekte van die inspuiting werk uit na 3 tot 6 maande. Jy behoort dan makliker gewig te verloor. Sterkte!

Thia vra:
"Hoe lank na die Pil gelos is sal jou maandeliks periode terugkeer na normaal?"
Suster:
Ek neem aan dat jy probleme gehad het met die pil. Dit maak nie ´n verskil nie. Omdat die pil ´n sekere vlak van hormone handhaaf, word dit versteur as jy die pil los. Dit kan tot 3 maande neem vir die hormone om terug te keer na normaal.

47 comments :

  1. Goeiedag ek wil graag iets uitvind as ek op die depro is is daar iets wat teen dit werk ek al gehoor antibiotika werk teen voorbehoed middels het die depro gevat om rede. Daai tyd vani maand al 2weke is het tot al provera gedrink niks gehelp nie

    ReplyDelete
  2. Anonymous5/1/12 10:12

    Ek wil net weet of ek swanger kan wees, my menisturaie siklus was langer as wat dit moet wees en ek voel lighoofdig en heeltyd naar en waneer ek urineer het ek seer wat is die oorsaak daarvan?

    ReplyDelete
  3. Anonymous5/1/12 13:10

    Hi ek wil net iets hoor. Na my seuntjie se geboorte in Mei 2010 het ek dadelik 4dae daarna op die 3mnde inspuiting gegaan. Ek wil net weet of mens kan swanger raak met die 3mnde inspuiting indien mens al intussen antibiotika gekry het.Ek was 'n tydjie terug siek met kwaai nier,long en blaasinfeksie en moes die dr my 'n sterk antibiotika gee. Ek het al 'n swangerskap toetsie gedoen, die het negatief gewys. Nou ek wil net weet hoe goed is die inspuiting, want my vriendinnetjie was op die 2maande een en sy het swanger geraak. Ek wil eers wag tot my seuntjie 3jaar is voor ek dink aan nog enetjie.

    ReplyDelete
  4. Anonymous9/1/12 17:25

    Wil net weet ek is 43jr en kry gereeld my menstruasie gewoonlik so elke 28-30 dae. Ek het op 25 Des 2011 begin en is gewoonlik net so 5 dae lank en dan kom die donker afskeidings so bietjie bietjie dan is als weer oor, maar hierdie keer weet ek nie wat aangaan nie na my 7de dag van menstruasie het die donker afskeiding net voort gegaan, nie baie nie tot en met die 7de Jan 2012 en ewe skielik is ek weer in my volle mestruasie tot op hede wat kan die oorsaak wees hiervan. Ek gebruik geen voorbehoedmiddels al vir 18jr nie aangesien my man n wasektomie gehad het. Gebruik ook geen hormoon pille nie.

    ReplyDelete
  5. Goeie Dag, ek wil net uitvind wanneer kan jy gaan vir die inspuiting, moet dit direk na jou maandelikse siklus wees of hoe werk dit?

    ReplyDelete
  6. Anonymous8/4/12 19:21

    Hi,ek wil net graag weet of "n vrou gewig optel met die nor-istrate 2 maande inspuiting<want ek tel verskriklik op. En wil graag weet of dit die inspuiting kan wees?

    ReplyDelete
  7. Anonymous18/7/12 06:22

    Hi, ek wil graag weet wat kan ek doen om swanger te raak, ek was tot en met verlede jaar by 'n dokter in pta vat spesiaal werk met sulke goed maar dit het geen ruseltate gegee nie, ek is 29 jaar oud en ek is dekommerd oor die tyd. Die probleem wat die dokter vas gestel het is dat ek nie ovileur nie en dt my eierstokke hard is. Ek en my man is op die oomlik moedeloos en wil graag raad he, dan is die probleem met my maandelikse siklus ek minstreur sommer vir 2 weke aan een en dit maak my nogal depprasief en my man moet daar onder ly.
    Ons het nog geen kinders nie en wil regtig baie graag kinders he is al 7 jaar getroud en die dinge sit baie spanning in die verhouding. As julle my enige raad kan gee sal ek dit opreg baie wardeur.

    Groete Anoniem

    ReplyDelete
  8. Anonymous13/2/13 14:54

    Hi x wl net weet x is 8dae laat met my peroids so kan ek dalk swanger is wnt my borste is so seer en ek is so so naar so kn x swanger wees

    ReplyDelete
  9. Anonymous17/4/13 16:15

    Anoniem,

    Goeie dag,my maandelikse siklus was elke klok slag op 28dae, maar toe ek Maart maand nie begin het nie,het ek 3 "home test" gedoen wat negatief gewys het, daarna is ek na my huisdokter om bloed te trek, weer het die toets negatief terug gekom, so het ek die 5Maart toe begin,(siklus 37dae) nou het ek nie die 2de April begin nie(28dae siklus) en ook nog nie die 11 April nie (37dae siklus), kan ek swanger wees of is my hormone net effens deurmekaar.
    Groete Anoniem.

    ReplyDelete
  10. Anonymous28/4/13 22:09

    Goeie naand ek is raad op weet nie waar om raad te vra nie ek het gewoontelik my normale siklus maandstonde elke maand op tyd en nou vir april ht ek my normale maandstonde gehad op die 12de vir 6 dae en 4dae later ht ek n ligte bruin kleur afskeiding gekry as ek afvee vir n dag nou 14 dae voor my tyd vir my volgende menstruasie het ek bietjie bloeding gehad maar net vir n halwe dag dit was nie baie nie het ligte krampe en lae rugpyn nie baie erg nie asb soek net raad moet ek n dokter gan sien

    ReplyDelete
  11. Anonymous1/10/13 12:50

    Goeie more. Ek trou oor 4 maande en wil graag weet wanneer en watter tipe voorbehoed pil ek kan gebruik? Ek is 24 jaar oud en het geen menstruasie ens probleme nie. Baie dankie

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous1/10/13 13:03

      Dit is 'n kwessie wat jy met jou huisdokter moet bespreek. Indien jy dit nie wil doen nie, kan jy by jou apteek vra vir 'n aanbeveling.

      Delete
  12. Hai ek wil ook net weet ek was n jaar sonder voorbehoed ek het laasmaand 3mnde inspuiting gan hal nou het ek skielik siek geword dit vloei nie soos gewoonlik ni ma ek sit n pantyliner in kan ek dalk swanger wees

    ReplyDelete
    Replies
    1. Is seker maar net oor die inspuiting. Behoort later normal te raak.

      Delete
  13. Anonymous1/1/14 23:04

    Ek is op die 3 maande inspuiting. Kan ek swanger raak as ek nog net my eerste innspuiting het? Ek moet die 14de Jan weer gaan.. Kan ek in tussen swanger raak met die eerste inspuiting?

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous2/1/14 09:14

      Indien ten minste 14 dae verloop het nadat jy die inspuiting gekry het behoort jy OK te wees.

      Delete
  14. Anonymous23/1/14 11:33

    wil graag weet,, ek is al seker 11 jaar op die 3 maande inspuiting, het hom verlede jaar gelos vir min of meer 8 maande,, het weer nov laas jaar gegaan vir die inspuiting, ons wil graag weer probeer vir 'n baba,, hoe lank kan dit vat voor die inspuiting uit my system is?

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous23/1/14 12:30

      Behoort so volgende maand uit te werk.

      Delete
  15. Anonymous5/5/14 14:10

    Op watter ouderdom moet 'n vrou die voorbehoed inspuiting staak ! Word binnekort 50 !

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous15/5/14 11:53

      Dit hang af van vrou tot vrou. Gewoonlik is dit om en by 55 jaar, maar indien jy nog gereeld menstrueer moet jy nog voortgaan daarmee. Die dokter kan jou toets om te bepaal presies wanneer jy kan ophou.

      Delete
  16. Anonymous6/6/14 14:09

    Goeie dag, ek het reeds n pragtige dogtertjie wat 10 jaar oud is, ek en my man wil nou eers weer beplan vir nog een, ek is al so 8-9 jaar op die 3 maande inspuiting. Ek het hom begin van April gelos(maw ek is nou 2 maande van die inspuiting af) Kan ek intussen swanger raak voor my siklus begin, want dit het nog nie begin weer nie, of kan ek eers swanger raak wann my siklus weer normaal is?

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous10/6/14 14:30

      Dit is nie onmoontlik om nou reeds swanger te raak nie. DIt is ook belangrik dat jy weet dat dit moontlik veel langer kan neem.

      Delete
  17. Anonymous19/8/14 13:07

    Goeie middag ek gebruik die 3maande inspuiting en wil graag weet hoe lank di vat vir die inspuiting om uit te werk,ekt die inspuiting 7 dae later geneem maar wil weet of ek vir die 7 onveilig was.En nou wat ek die inspuiting geneem het is ek onveilig en indien nie hoelank gaan vat dit vir die inspuiting om weer te werk nadat ek dit so laat geneem het.

    ReplyDelete
  18. Anonymous10/9/14 14:37

    Jy noem nie watter sort inspuiting dit is nie, maar gewoonlik neem dit maande om uit te werk, dit hang af van vrou tot vrou. Dit kan baie gou werk, kan binne 'n dag of twee veilig wees.

    ReplyDelete
  19. Anonymous12/9/14 14:15

    hi ek wil graag weet ek was vir die eerste keer op die 3 maande inspuiting, en ek is so 2 maande laat om weer te gaan. Maar in die 2 maande wat ek nog nie gegaan het vir die spuit nie het ek nog nie begin menstrueer nie. ek het n swangerskaptoets al 3 keer gedoen en elke keer wys dit negatief. kan ek dak swanger wees en hoekom het ek nog nie begin nie. indien ek nou gaan vir die spuit en ek was dalk swanger wat kan gebeur

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous16/9/14 09:22

      Eerstens behoort mediese personeel seker te maak iemand wat die inspuiting ontvang is nie swanger nie. Die fetus kan nadelig beinvloed word; bv. 'n lae geboortegewig of prematuur. Iets erger is ook nie uitgesluit nie.

      Delete
  20. Anonymous22/9/14 10:39

    Hey ek wil net graag weet ek is op die 3 maande inspuiting vir nou so bieki meer as 2 maande die eerste week was ek op my tyd vir 11 dae en het 3 dae opgehou en weer begin vir 5 dae die apteker het my op die pil gesit vir 21 dae en ek het op gehou en nou het ek weer begin na die pil is dit normaal?

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous23/9/14 09:06

      Met "op my tyd", bedoel jy jy menstrueer aanhoudend? Indien wel lyk dit my die inspuiting waarop jy is werk nie vir jou nie.

      Delete
  21. Goeie dag ek het n vriendin sy gebreuk nou al die inspuiting van dertien af.en mens kan sien sy begin verlang na n baba sy wil probeer om n baba te kry.sal sy nog kan sy is 39 jaar oud.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous20/1/15 14:03

      Ja, maar dit moet eerder vooraf met 'n dokter bespreek word.

      Delete
  22. Anonymous23/3/15 08:52

    goeie dag.

    Ek is 24 en was 9 jaar op die inspuiting. ek het dit gelos omdat ek gewig begin op tel het. ek moes in Feb gegaan het vir my inspuiting maar het nie. as ek seker goed drink soos ek altyd maak dit my naar , kan ek dalk swanger wees of kan dit dalk net wees a.g.v dat ek dit gelos het

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous16/4/15 11:55

      Swangerskap is 'n moontlikheid, maar ek sou die problem elders soek. Normaalweg werk die inspuiting nie so gou uit nie.

      Delete
  23. Anonymous2/4/15 03:50

    As ek op my menstruasie pilletjies is by Triphasal (rooi area) en diaree gehad het kort na ek my pil geneem het, is ek nog veilig??

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous16/4/15 12:15

      Ja, jy behoort nog veilig te wees.

      Delete
  24. Hay wil net iets vra ek het so 2of3 weeke terug op die 3 maande inspiuting gegaan by die clinic. En het saterdag siek geword ek dog die inspiutng vat dit dadelik weg.maar is dit normaal.of sal die my laaste sieklis weea.

    ReplyDelete
  25. Hay wil graag weet moet ek siek word geword het is nou siek.ek het 2of 3 weeke terug gegaan vir die 3 maande inspiuting en ek het gedog die die inspiuting vat dit weg om ni meer siek te word ni.hoe lank sal ek nog bloei.kan iemand my se of help asb.

    ReplyDelete
  26. My dogter is 18 en gebruik yasmin al vir 6 maande. Sy het redelik gewig aangesit, kry baie kopseer, en mood swings. Kan dit wees van yasmin? Watter alternatief is daar vir jong mense?

    ReplyDelete
  27. Hi ek was op die 3 maande inspuiting gewees en was vir so 9 maande op dit ek het verskriklik gewig opgetel so te sê amper 11kg vandat ek dit nie meer gebruik nie het ek nie meer daai probleem van gewig optel nie en is nou so wat 4 maande van dit af maar het nog nie my menstrual tyd gehad nie is dit n probleem en hoelank vat dit om terug te keur? Wil ook weet of dit n rede is hoekom ek nie n sexuale dran

    ReplyDelete
  28. Anonymous9/1/16 06:14

    Hi ek is 33 jaar en was op die 3 maande inspuiting gewees en was vir so 9 maande op dit ek het verskriklik gewig opgetel so te sê amper 11kg vandat ek dit nie meer gebruik nie het ek nie meer daai probleem van gewig optel nie en is nou so wat 4 maande van dit af maar het nog nie my menstrual tyd gehad nie is dit n probleem en hoelank vat dit om terug te keur? Wil ook weet of dit n rede is hoekom ek ook nie n sexuale drang het nie dit pla my want my man raak al ongeduldig met my wat kan ek doen om dit weer te hê?

    ReplyDelete
  29. Hey ek wil graag ook raad vra ek het my voorbehoed pil Triphasil so twee weke terug gelos drink dit nou al 3jaar na my seuntjie se geborte ek en my man wil graag nog n baba he ek sit nou met baie seer pyne dit voel of dit in my eierstoke is. My mensterasie is verby en daars niks nou meer nie ek weet nie wat die pyne dan kan viroorsaak nie??? Hoe sal ek weet dat my ormone weer terug is na normal baie dankie

    ReplyDelete
  30. Hey ek wil graag ook raad vra ek het my voorbehoed pil Triphasil so twee weke terug gelos drink dit nou al 3jaar na my seuntjie se geborte ek en my man wil graag nog n baba he ek sit nou met baie seer pyne dit voel of dit in my eierstoke is. My mensterasie is verby en daars niks nou meer nie ek weet nie wat die pyne dan kan viroorsaak nie??? Hoe sal ek weet dat my ormone weer terug is na normal baie dankie

    ReplyDelete
  31. Anonymous9/6/17 08:28

    Goeie dag

    Ek was nog nooit op voorbehoed goed gewees nie en is nou 36 , ek is op die 3 maande inspuiting en moet nou weer gaan vir die tweede inspuiting vandag , ek ondervind dat my borste by my nippels seer is en voel soos minstruasie pyne maar bloei nie , kan jy nog die tekens kry van dat jou siklus gaan begin?, ek het voor ek op die inspuiting was n week voor ek moes begin seer borste en pyne gekry, kan ek nou dit kry omdat dit nou amper uitgewerk is ? of is ek swanger ? in die begin toe ek die inspuiting gekry het het ek vir twee weke gebloei en toe hou dit op nog nie weer begin nie. ek weet ook dat swangeskap toetese nie vir my werk nie ek moes bloed trek elke keer , en wil nie onnodige koste aan gaan om bloed te trek nie, kan dit normaal wees dat ek nippels het wat seer is as ek op die inspuiting is ?

    ReplyDelete
  32. Anonymous hi ek het n vra 10april was ek in kram en het ongelukg my baba veloor di 11april het suster my op 3maande inspuiting gesit en ht geblooi en ht eers 27june gsien di blood is weg ek moes di 4de julie gegaan it vir my inspuit maar het nie ge gaan nie waneer sal my maandstnde normal raak ek het dit nog nie gekry nie

    ReplyDelete
  33. Hi ek is al 8jaar op inspuiting van net na my seuntjie se geboorte. Vandag het ek net begin vloei. Ek moet eers die 15de Mei gaan vir my inspuiting. Wat kan die probleem wees?

    ReplyDelete
  34. Hi Ek het die 30ste September n toets gedoen (swangerskap toets) dit was negatief maar Ek het vir n maand Nie gemenstrueer nie.Ek het toe op die 3 maande inspuiting gegaan...Kan Ek dalk verwag want voor Ek op die inspuiting gegaan het,het Ek Al simptome gekry van iemand wat Kan dalk verwag.

    ReplyDelete
  35. Anonymous5/3/23 18:02

    Goeie dag ek wil graag uitvind ek het die 22ste desember 2022 my 3de keizer ondergaan voorige keizers wat dit nie so erg nie maar dus nou al van die dag af wat my kind gebore is tor nou toe nogsteeds erge maandstondes en dit hou nie op nie die bloeding raak al so erg ekt nie behwer oor dit nie kan iemand my dalk raad gee of dit normaal is of nie want ekt gehoor dis nie reg as n vrou so erg bloei en nie beheer het oor dit nie ek bly konstant moeg kry megrains laat dit skrik vir niks nie bly duislug tel nie gewig op nie enige raad sal help asb

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous6/3/23 10:40

      Dit klink glad nie normaal nie. Jy moet by 'n dokter of kliniek uitkom vir 'n ordentlike mediese ondersoek.

      Delete