Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



24.10.11

Vrae oor die vel - ekseem, ingroei haartjies, jeuk, rooi kolle, merke, strepe, pigmentasie, hande, voete, aknee, swelling


Stella skryf: "Ek wil by u hoor. Ek het 'n rooi jeukerige brand op my T-zone van my gesig. Vriendin dink dis Ekseem. Wel my vel voel of dit styf trek en maak dan velletjies wat af kom, so as of dit te hard met 'n gesig skraapie gewas is. Die rooi uitslag begin my nou bietie pla. Niks wat ek gebruik help dit nie. Dink u dis ekseem en wat moet ek doen want ek kry dit nou gereeld. Meer as voorheen. Kan u my asseblief raad gee."
Antwoord :
Soos voorheen genoem is dit moeilik genoeg om 'n velaandoening te diagnoseer is dit amper onmoontlik om dit op die Web te doen. Vra jou dokter om jou te verwys na 'n spesialis.

Pieter Els skryf:
"Ek kry gereeld ingroei haartjies in my haarlyn agter in my nek. Ook puisies en knoppies agter my ore. Ek is 'n tipe 2 diabeet. Het hierdie dalk verband met bloedvaatjies, toevoer van bloed na vel? Wat is die probleem en wat kan ek gebruik vir dit?"
Antwoord:Dit is 'n algemene probleem wat baie heelwat mense voorkom. Wat wel vir diabete belangrik is, is om nie iets te gebruik wat moontlik infeksie kan veroorsaak nie. Dit help soms om jou hare bietjie langer te laat groei.

Maria skryf :
"Ek sukkel al vir 3 jaar met dieselfde probleem. Die ding is net ek is nie seker of dit ekseem is nie. My vel jeuk aanhoudend en hoe meer ek krap hoe meer jeuk dit. Dit is vanaf my bene, maag onder my borste en my arms. Ek sweet nie regtig nie (winter en somer) so dit is nie regtig dit wat dit kan veroorsaak nie. Die plekke waar dit jeuk is ook nie rooi nie en daar is ook geen uitloopsels nie. Dit voel meer of dit onder my vel is. Ek het al rome, olies en alles probeer, maar dit hou vir 'n dag of twee op dan begin dit weer. Die tipe seep wat ek gebruik is wit, maar dit is asof die wit seep my vel meer uitdroog selfs Dove en Vaseline. Ek kan nie gekleurde seep gebruik nie want dan kry ek infeksies en rash. So ek is al raadop, want nie eens varkvet werk nie. Het u dalk 'n idee wat dit kan wees? Ek kry dit reg deur die jaar."
Antwoord :
Dit klink nie soos ekseem nie aangesien jy sê dit voel asof dit onder jou vel is en daar is geen uitslag nie. Om 'n velaandoening te diagnoseer is moeilik genoeg en daarom is dit amper onmoontlik om dit op die Web te doen. Vra jou dokter om jou te verwys na 'n spesialis.

Katriena Muggel skryf :
"As ek bad dan brand jeuk my bene en arms. Al gebruik ek geen seep nie. Ek kon nog nooit uitvind wat die probleem is nie . Ek hou nie daarvan om te bad nie."
Antwoord :
Daar kan verskeie oorsake wees en jy moet dat jou dokter jou 'n veltoets gee. Indien jy 'n baie sensitiewe vel het kan dit selfs veroorsaak word deur die skoonmaakmiddels wat jy vir die bad gebruik.
Marizanne King skryf :
"My gesig,hande slaan roi kolle, merke, strepe uit wat baie irriterend is, dit raak warm asof ek my hande in warm water gedruk het, in my gesig slaan net dele uit, bv. my neus (dan lyk ek soos rudolph the rednose reindeer) of ek kry rooi "strepe" op my wange en ken, dit is hoogs irriterend ek het al als probeer, ek bly in London, en al wat die dokters hier vir 'n mens se is: you need more exercise! En ek gym tog elke dag en eet gesond. Kan suster asb vir my raad gee!! Op hierdie staduim van die dag sal ek enige iets doen. (ek glo nie dis menopause nie want ek word vlg maand eers 25)"
Antwoord:
Daar kan verskeie verklarings hiervoor wees. Oplossings vir die probleem is ook nie altyd maklik nie, indien enigsins. Aangesien jy in Londen is wil ek voorstel jy oorweeg die ION by Blades Court, Deodar Road, London SW15 2NU Tel: 0208 877 9993 Fax: 0208 877 9980.

Myriam skryf: "Ek het pigmentasie vlekke ontwikkel so drie jaar terug. Ek het alles probeer op die mark , maar niks help. Is daar enige raad?. Ek is 38 jaar oud."
Antwoord:
Dit hang alles af van watter tipe pigmentasie ons hier te doen het. Vir vlekke wat nie wil reageer op behandeling nie kan jy ligterapie probeer, dit werk in sowat 50% van alle gevalle. Daar is ook kosmetiese behandelings wat moontlik kan help met jou toestand.

Ans du Preez skryf:
"My hande en voete jeuk in die somermaande vreeslik. Al wat help is as ek dit in koue water sit. Partykeer krap ek my stukkend. Hierdie probleem kom op sy ergste in die nag voor. My voete en hande voel warm en ek kan nie spesifiseer waar die jeuk voorkom nie. Ek is al moedeloos en moet in die aande opstaan om my hande en voete in yskoue water te sit."
Antwoord:
Laat jou dokter jou toets vir allergieë.

A B skryf:
"My dogtertjie is nou 1 maand en 2 dae, sy het verlede Dinsdag sulke klein "bumps" op haar gesig gekry en my midwife het gesê dat dit heat rash is, nie te bekommer nie. Ons het Donderdag van Engeland geland in die Kaap en die rash het nou erger geword en die knoppies maak amper rofies, maar tog nie. Dit lyk asof dit weg is as sy slaap maar sodra sy met haar koppie teen jou sit of as sy klaar gevoed het dan raak die knoppies rooier en dit het ook nou al versprei na haar oortjies en onder die oortjies. Ek is aanbeveel om haar 2 keer 'n dag met koeksoda en water mengsel af te spons. Is dit hitte of dalk suur agv dieet. Watter vloestof is goed as mens borsvoed - sap gee ook suur en gas gee winde - bly net water oor? Het verskriklike dorste!"
Antwoord:
Dit klink soos 'n heat rash. Indien dit weens die hitte is kan jy begin deur haar uit die son te hou en vir haar los klere aan te trek, niks wat te styf teen die vel sit nie. Sorg ook dat jy haar voldoende afkoel sodra die temperatuur styg. Die koeksoda-mengsel (2 teelepels per 4 liter water) is 'n goeie idee. In warm weer kan jy haar op haar eie laat droog word na 'n bad in plaas van om haar af te droog met 'n handdoek. En hou haar naeltjies kort sodat sy nie haarself stukkend krap nie.
Dit is verstopte sweetgaatjies wat die uitslag veroorsaak. Haar sweetgaatjies is verskriklik klein en wanneer sy sweet om af te koel raak hulle maklik verstop. Dit is nie net hitte wat sweet veroorsaak nie maar ook koors. Sy kan selfs die uitslag ontwikkel weens 'n room of salf wat jy op haar smeer.
Water bly maar nommer een om die dors te les.

35 comments :

  1. Anonymous1/11/11 13:21

    Goeie middag ek sien dat daar is so baie mense met vel probleme en ek is een van hulle. Ek sukkel nou al vir die afgelope 7,8 jaar met n ytslag op my vel was al by die dokter en hy het gese dit is `n swam ytslag het my vir `n maand op behandeling gehad maar nix gehelp nie. voor dit het ek selsun gebruik wat ek aangesit het in die aand net na ek klaar gebad het en na so week of twee het die uitslag verdwyn maar sodra ek ophou met die selsun dan kom dit weer terug. En in die somer is dit baie erg want sodra ek begin warm kry en sweet dan jik dit is daar enage iemand met raad of wat kan help want dit verstreer my

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous21/2/12 11:04

      Lees meer by http://www.boererate.com/2009/07/ekseem.html , lees ook die vrae en antwoorde.

      Delete
    2. Anonymous4/5/23 19:41

      Ytslag moet wees uitslag

      Delete
  2. This comment has been removed by a blog administrator.

    ReplyDelete
  3. Ek het ‘n groot bruinvlek op voor my voorkop na my baba se swangerskap. Hy is al vyf jaar oud en steeds word dit nie ligter nie. Ek het ook nie geld om ‘n ginokoloog te gaan sien nie. Wat kan ek koop om in ‘n apteek om dit the laat weg gaan?

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous14/8/12 10:57

      Eerstens moet jy uit die son bly. Dit kan dit vergerger. Jy kan vitamine E olie aansmeer. Jy kan ook aanvullings neem wat die vitamine bevat. Jy kan ook kastorolie aansmeer of elke dag 'n bietjie suurlemoensap aan te vryf om dit met tyd te verkleur. Ek het ook al gehoor van appelasyn wat met water verdun is en selfs karringmelk word aangesmeer.

      Jou dieet moet insluit: sitrusvrugte, tee, bone en donker sjokolade.

      Delete
  4. Anonymous8/2/12 10:21

    Goeie dag

    Ek wil graag uitvind wat se siektes en wat mens kan oorkom as mens se hande vuil is?

    Baie dankie

    ReplyDelete
  5. Ek wil graag weet wat moet gebruik vir rekmerke. Dit is erg en dit is op my heupe.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Justine Gold tissue oil werk soos n bom.Vat rekmerke en donker kolle weg binne 28 dae. Self gesien met my eie oe

      Delete
  6. Anonymous16/4/12 09:21

    Om daai rekmerke self weg te dokter kan jy gereeld ´n bietjie Vitamien E olie aansmeer. Daar is ook spesiale rome beskikbaar by apteke.

    ReplyDelete
  7. Anonymous28/6/12 22:03

    Sodra ek in die bad klim, warm water, dan jeuk my bene so baie dat ek dit bloedrooi krap met n naelborsel.
    Party aande slaap ek met die naelhorsel langs my bed want my bene jeuk so baie. Ek het al baie room gesmeer. Dit werk nie. Ek het verskillende skeermesse begin gebruik, nie dit nie.

    Deur die dag probeer ek my bene krap deur my broek. Dit is een van die ergste, irriterendste gevoel/irritasie ever.

    Ook as ek my hare blaas. Net my nek, met die hitte van die hairdryer, laat my jeuk dat ek myself naderand begin brand met die hairdryer want daar is nie iets beter wat die gevoel kan ' ease ' soos harde krap werk en meer hitte nie.

    Is dit alles net n irritasie? Advies asb. Dit gaan my mal maak.

    ReplyDelete
  8. Anonymous13/3/13 13:00

    hi ek wil graag hulp he my hande en voete se vele kom af , dit was eers rooi en baie sensetief en nou kom di vel af en dit het eers soos blase gemaak maar daar is ni water in di blase ni en nou kom die vel af kan enige iemand my help asb.

    email as jule my kan help asb jheenen@gmail.com

    ReplyDelete
  9. Anonymous18/6/13 22:36

    Hey
    Ek wonder of U my kan help met raad en wat ek kan doen.Eks nou 37,bruin van kleur,ma ek merk op dat my gesigsvel baie donkerder raak.Is daar enigiets wat ek kan gebruik om weer my eie veltoon terugtekry?.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous19/6/13 10:20

      Is dit vlekke of 100% van die gesig? Dit moet deur 'n mediese kenner ondersoek word, want dit kan een van verskeie dinge wees. Selfs iets soos geboortebeperkingsmiddels maak mens se gesig meer vatbaar vir sonbrand.

      Delete
  10. Anonymous21/5/14 13:14

    Goeie middag, dalk kan iemand my help. Ek het n dierbare vriendin wat n donker geboortevlek oor haar gesig het wat af in haar nek en bors is. Dit is blykbaar van so n aard dat dit reg deur die vel is. Weet iemand van n goeie dokter enige plek in Suid Afrika wat kan help??? Sy dra soveel lae onderlaag om dit toe te maak en is verskriklik selfbewus daaroor, asb ek sal dit opreg waardeur as iemand my kan email met name en nr's indien moontlik. summerplace.pci@gmail.com

    ReplyDelete
  11. Anonymous21/8/14 15:05

    Hi ek soek raad ek is n vrou en het al vandat ek 23 is begin hare in my gesig gekry en dit word meer en harder en donkerder ek is moedeloos ek pluk dit gereeld maar dit word meer en ek skaam myself al.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous10/9/14 14:40

      Dit is n algemene problem vir dames. 'n Dermatoloog behoort jou van goeie raad te kan voorsien.

      Delete
  12. Kan n voet virus op jou hande kom? Ek is n nael tegnikus. En somige mense se dis n virus en ander n allergie.Ek is moedeloos al.My hande jeuk mal.So dra ek begin krap en vryf en room smeer.Begin my hande kolletjies onder my vel maak.En hoe meer ek krap maak dit blasies, En ek krap nader hand stukkend. En dan is dit vel af.My hande is seer en op geswel.En het al probeer kook water bo oor laat loop om dood te maak maar jeuk meer dan, het beroxside ook al probeer en swam rome.Niks help! Beroxside het n klein rukkie gehelp maar kom net terug elke keer. Help groot asseblief. :'(

    ReplyDelete
  13. Naand wil net se jeuk is erg ek jeuk ook nou al 3weke kan dit nie hou nie my plekke is lae rug effens op sitvlak krap my stukkend met n draad borsel ek drink saans allergiese pille het effens n uitslaggie maar dis rerig om so te jeuk het suster vir my raad asb.

    ReplyDelete
  14. my voete en hande is al geswel en dit jeuk verskriklik. en ek sukkel om iets af te sluk

    ReplyDelete
  15. my voete en hande is al geswel en dit jeuk verskriklik. en ek sukkel om iets af te sluk

    ReplyDelete
  16. my voete en hande is al geswel en dit jeuk verskriklik. en ek sukkel om iets af te sluk

    ReplyDelete
  17. my voete en hande is al geswel en dit jeuk verskriklik. en ek sukkel om iets af te sluk

    ReplyDelete
  18. my voete en hande is nou al opgeswel en jeuk verskilik. ek sukkel ook om iets te sluk

    ReplyDelete
  19. Hi kan iemand mymet help asb ek het so uit slag op my een vinger dit kom voor as blasies en dit jeuk baie erg tot dit stukkend is en dan in dieyskaste oggende is die vinger so geswel en seer asb help

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous6/2/18 10:45

      Jy kan begin deur van die volgende rate te probeer:

      http://www.boererate.com/2013/02/kruie-vir-kwale-ekseem.html

      Delete
    2. hi hi ek is 25 jaar oud ek kry sere in my besig wat kan ekt wees

      Delete
  20. Anonymous11/7/18 12:30

    Hallo julle, dalk kan iemand my hier help. Ek is 'n student en is nie seker hoe om dit te behandel nie. Ek kry 'n rooi uitslag onder my een arm en dit maak rou blase. Ek sal terugvoering baie waardeer.

    ReplyDelete
  21. hi almal, hoop iemand kan help, ek vermoed ek sukkel met ingroei haartjies, veral op my bo bene en agter my bo arms. hare kom nie deur nie en as ek druk kom daar n harde ballietjie uit, wit een. wie kan my raad gee? baie dankie

    ReplyDelete
  22. Goeie dag wil iets vra. Ek het ingroei haartjies op my ooglede binne my oë ... Baie seer. Waarvan kan dit wees want ek het dit nooit voorheen gekry nie? Dankie

    ReplyDelete
  23. Ek skryf oor ek baie knoppies (lyk soos klein puisies, nie seker wat dit is nie) op my skouers en rug kry , is daar dalk iets wat kan help vir dit ?

    ReplyDelete
  24. Hi kan iemaand my help en kry rooi vlekke op lyf wat na n tyd bruin word en ni weg gaan ni lyk of dit net meer en meer word wat is dit en wat kan ek doen asseblief

    ReplyDelete
  25. hi ek os 25 ek kry nie pysies nie ek kry sere in my gesig ek sukkel mey dit vanaf ek op die bolt behoed pill was ekt diy gelos mu vel raak net erger eks raad op ekt al als probeer en niks werk nie

    ReplyDelete